Zim-vliegtuig verongeluk in China

‘n Zimbabwiese vragvliegtuig wat op ‘n Chinese lughawe verongeluk het, het drie bemanningslede se lewens geëis.

Volgens die Xinhua-nuusagentskap het Sjanghai se munisipale inligtingskantoor die drie ongevalle bevestig. Die kantoor het ook gesê een ander bemanningslid is ernstig beseer. ‘n Verdere drie het ligte beserings opgedoen.

Die vliegtuig se stert het die grond getref terwyl dit besig was om op te styg vanaf Sjanghai se internasionale lughawe.

Die vliegtuig het van die aanloopbaan afgegly en in vlamme opgegaan.

‘n Pakhuis op die lughaweterrein het ook tydens die voorval aan die brand geslaan.

Die ongeluk Saterdagoggend het plaasgevind terwyl die vliegtuig op pad was na Bishkek, die hoofstad van Kirgistan.

Die vliegtuig het aan die Zimbabwiese maatskappy Avient Aviation behoort, maar die onderskeie nasionaliteite van die bemanning is nie bekend nie.

Die Zimbabwiese ambassade in Beijing was nie Saterdag beskikbaar vir kommentaar nie.

 

для баниtopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae