Die plan wat Mbeki het om voedselproduksie en –verspreiding in Suid-Afrika te beheer, is tipies sosialisties en is geskoei op die model wat onder Nyerere in Tanzanië toegepas is.
Suid-Afrika, Libi? beskerm volksmoordenaar
Suid-Afrika en Libië is aan die voorpunt van 'n veldtog om te verhoed dat die Soedanese leier aangekla word van volksmoord.
Mbeki se voedselplan nie goed ontvang
President Thabo Mbeki se aankondiging van 'n nasionale voedselbeheeragentskap is nie goed ontvang deur landbou-organisasies nie.
Onderhandelinge in Zimbabwe val vas
Onderhandelinge tussen die hoofpartye in Zimbabwe het vasgeval.
Regter aangewys in Zumasaak
Regter Chris Nicholson sal Jacob Zuma se aansoek dat die bedrog- en korrupsiesaak teen hom uit uitgegooi word, aanhoor.
Bandwydte ‘n kopseer vir 2010
Die hoë koste van bandwydte in SA is byna 10 maal hoër as in Asië en dit het FIFA onkant gevang. Hulle tegnologiese vennoot MATCH, het nie die koste in berekening gebring nie en is nou geforseer om hul tegnologie te herevalueer en aan te pas vir die Suid-Afrikaanse infrastruktuur. Hulle het gedurende die vorige Wêreldbeker VOIP (voice over internet protocol) gebruik maar as gevolg van die hoë koste verbonde en die gebrek aan infrastruktuur gaan hulle eerder fokus op selfoontegnologie.
Grondhervorming lei tot ontnugtering en uiteindelike selfvernietiging
Kom ons vergeet die window dressing, toneelspelery, opgesmuktheid, politieke retoriek, woordgimnastiek, intellektuele ego-orgies, talkshops, geldmaak-konsultasies, die sogenaamde regsgeleerde menings, die sensasionele vergrype van die media, plastiek politieke korrektheid en die gewetenspropaganda.
Kortom – kom ons hou op lieg vir mekaar!
Lees verder: Grondhervorming lei tot ontnugtering en uiteindelike selfvernietiging
Prins Harry se selfoon in Lesotho gesteel
Die selfoon van Brittanje se prins Harry is gesteel terwyl hy verlede week in 'n nagklub in Lesotho vertoef het.
Russe neem beheer van BP in Rusland
Russiese aandeelhouers het die meerderheidsbeheer van die TNK-BP-gesamentlike onderneming in Rusland verkry.
Taiwan wil kulturele erfenisstatus h? vir luglanternfees
Taiwan wil aansoek doen vir wêrelderfenisstatus vir die land se luglanternfees.
Lees verder: Taiwan wil kulturele erfenisstatus h? vir luglanternfees
