Russe neem beheer van BP in Rusland

Russiese aandeelhouers het die meerderheidsbeheer van die TNK-BP-gesamentlike  onderneming in Rusland verkry.

BP- logo

BP

Die Britse benoemde uitvoerende beampte, Robert Dudley, moes Rusland verlaat nadat sy visum verlede week verstryk het.

Die aandeelhouers, wat gelei is deur die oligarg Mikhail Fridman, weier nou om Dudley te erken.

Hulle sê dat in sy afwesigheid moet verantwoordelikheid vir die bestuur van die maatskappy tussen die vier oorblywende direkteure verdeel word.

Hulle sluit Viktor Vekselberg in wat ook sakebelange in Suid-Afrika het, asook German Khan.

BP het belowe om al die middele tot sy beskikking te gebruik om die maatskappy se belange en regte te verdedig.

детские велосипеды украинаФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae