Bandwydte ‘n kopseer vir 2010

Die hoë koste van bandwydte in SA is byna 10 maal hoër as in Asië en dit het FIFA onkant gevang. Hulle tegnologiese vennoot MATCH, het nie die koste in berekening gebring nie en is nou geforseer om hul tegnologie te herevalueer en aan te pas vir die Suid-Afrikaanse infrastruktuur. Hulle het gedurende die vorige Wêreldbeker VOIP (voice over internet protocol) gebruik maar as gevolg van die hoë koste verbonde en die gebrek aan infrastruktuur gaan hulle eerder fokus op selfoontegnologie.

Dick Wiles, die uitvoerende beampte van MATCH, meen hulle gaan ongeveer dieselfde spandeer aan die Wêreldbeker as die een in 2006 maar wou nie die syfer bekend maak nie. Hy word verder aangehaal waar hy beweer dat  die Suid-Afrikaanse landlyn infrastruktuur nie op standaard is nie maar hy sê hulle werk saam met Telkom en Sentec en alle teikens is tot dusver gehaal.

'n Ander bron van kommer is die gereedheid van die ondersese kabel. Internasionale konneksies is uiters belangrik en hul gereedheid word tans ook bevraagteken. Suid-Afrika beskik tans oor twee ondersese kabels SAT3 en SAFE met 'n dra apasiteit van 300Ggps en 130Ggps onderskeidelik. Twee nuwe kabels is tans in aanleg wat teen 2010 in werking sal wees en dit sal kapasiteit opstoot met 640Ggps (EASSY) en 1.2Tgps (Seacom).

Fifa vereis 'n 20Gg konneksie tussen die onderskeie stadions en hul Internasionale mediasentrum in Johannesburg.

group play apkлобановский обыск

Maak 'n opvolg-bydrae