Bejaarde in aftree-oord aangeval

‘n Bejaarde vrou van Bloemfontein is na ‘n plaaslike hospitaal gehaas nadat sy vermoedelik Donderdag in die vroeë oggendure in haar wooneenheid in die Westerbloem-aftreeoord aangeval is. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, se ‘n inwoner wat langs die 86-jarige slagoffer bly, het omstreeks 07:00 onraad vermoed. Die slagoffer se agterdeur is oopgebreek. Marope sê nadat die slagoffer

Lees verder: Bejaarde in aftree-oord aangeval

Akademie bekommerd oor outonomie van universiteite

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het sy bedenkinge uitgespreek oor die voor­gestelde Wysigingswet op Hoër Onderwys. Die wet sal beteken dat universiteite se vryheid om hulle eie taalbeleid te bepaal, ingeperk kan word. Die Akademie sê dit maak inbreuk op die outonomie van tersiêre instellings in Suid-Afrika. Die Akademie het ook die departement

Lees verder: Akademie bekommerd oor outonomie van universiteite

Rand vertoon stewiger na rentekoersverhoging

Die rand het dadelik stewigers vertoon toe die Reserwebank Donderdagmiddag rentekoerse verhoog het, maar verbruikers gaan sukkel met hoër skuldafbetalings. Die Reserwebank het Donderdag die rentekoers met 50 basispunte verhoog nadat inflasie van 6,8 persent in die vooruitsig gestel is. Die rand het tot R16,15 teen die dollar versterk nadat Lesetja Kganyago, Reserwebankvoorsitter, die bank

Lees verder: Rand vertoon stewiger na rentekoersverhoging

Een sterf na 7 gevalle van maagkoors in Gauteng

In Gauteng is sewe gevalle van maagkoors die afgelope dae aangemeld. Een persoon is reeds weens die siekte dood. Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het ook intussen drie gevalle van ingewandskoors in die provinsie bevestig. Twee meisies, onderskeidelik nege en tien jaar oud van Kaapstad en ‘n 52-jarige man van die Kaapse Wynland-distrik is met

Lees verder: Een sterf na 7 gevalle van maagkoors in Gauteng

Rentekoersverhogings verwag

Die Reserwebank sal na verwagting vanmiddag ‘n verhoging in die rentekoers aankondig ná die bank se monetêre beleidskomitee-vergadering, het RSG berig. Volgens ekonome sal die bank ook grootskaalse afwaartse aanpassings in die groei-beramings vir die Bruto Binnelandse Produk bekend maak. Die komitee se taak word bemoeilik deur die verswakte inflasie-verwagting, die voortslepende droogte, die swakker

Lees verder: Rentekoersverhogings verwag

Dlamini-Zuma oorweeg uittrede as AU-voorsitter

Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma oorweeg glo om uit te tree uit haar posisie as voorsitter van die Afrika-Unie Kommissie as haar eerste termyn in Julie vanjaar ten einde loop. Op die vooraand van die naweek se beraad is Algerië minister van buitelandse sake Ramtane Lamamra, ‘n voormalige AU-veiligheidskommissaris, die gunsteling om haar op te volg.

Lees verder: Dlamini-Zuma oorweeg uittrede as AU-voorsitter

Swart verkeershoof weer voor vir bedrog

Die swart hoofverkeersbeampte van die Maquassi Hills munisipaliteit op Wolmaransstad in Noordwes, wat tereg staan op verskeie aanklagte van bedrog, verskyn na verwagting vandag weer in die hof. Judas Mahlangu is aanvanklik in Julie in hegtenis geneem nadat hy na bewering die munisipaliteit uit meer as R540 000 bedrieg het. Hy is toe weer in

Lees verder: Swart verkeershoof weer voor vir bedrog

Honderde mynwerkers in Noord-Kaap gaan werke verloor

Honderde mynwerkers in die Noord-Kaap gaan hul werk verloor nadat drie myne besluit het om werkers af te dank. Die myne in die Kathu-omgewing het hul werknemers in kennis gestel het dat hulle binnekort herstrukturering en moontlike afleggings oorweeg. Adele Nel van Tau Mining het bevestig dat Aveng Moolmans, Tau Mining en die Khumani-ysterertsmyn vakbonde

Lees verder: Honderde mynwerkers in Noord-Kaap gaan werke verloor

Parysaanvallers in ISIS-video

Nege mense wat verbind word met die terreuraanvalle in November in Parys, Frankryk, verskyn glo in ’n video wat die Islamitiese Staat (ISIS) Sondag uitgereik het. Die nuusagentskap Reuters kon nog nie egtheid van die video bevestig nie. Die ISIS-lede maak anti-Westerse uitsprake en dreig met ’n aanval op Brittanje. Ontleders wat militante groepe se

Lees verder: Parysaanvallers in ISIS-video

Dene stem dat asielsoekers moet opdok

Die Deense parlement het oorweldigende steun aan ‘n voorstel toegesê ingevolge waarvan asielsoekers se waardevolle items afgeneem kan word om vir hul onderhoud te betaal. Denemarke sê die beleid stel migrante gelyk aan werklose Dene, wat van hul bates van die hand moet sit voordat hulle toelaes kan eis. Die parlement het ook planne goedgekeur

Lees verder: Dene stem dat asielsoekers moet opdok