Sewe-en-twintig-duisend lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is aktiewe direkteure in privaatmaatskappye wat moontlik nie hulle belange verklaar het nie. Dit het aan die lig gekom in die Spesiale Ondersoekeenheid se tussentydse verslag vir April tot September verlede jaar. Die verslag is deur die Komitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling in die parlement ter tafel gelê.
Lees verder: Polisielede verklaar nie privaatondernemings nie
