Dodetal in Russiese treinongeluk styg steeds

Die dodetal styg steeds nadat ‘n bomontploffing ‘n Russiese passasierstrein verlede Maandag laat ontspoor het. “’n Vrou het Sondag in die hospitaal aan beserings beswyk. Dit bring die dodetal op 26,” het Tatyana Golikova, minister van gesondheid, gesê. Owerhede in Petersburg sê die bomaanval wat ‘n trein laat ontspoor het, was ‘n terreuraanval. Alexander Bortnikof,

Lees verder: Dodetal in Russiese treinongeluk styg steeds

Interpol lê beslag op 1768kg ivoor

Interpol en Kenia se Nasionale Wildbewaringsorganisasie het ná ’n klopjag op winkels en voertuie, beslag gelê op sowat 1 768 kg onwettige olifantivoor. Die operasie is oor ses lande uitgevoer en het nagenoeg drie maande geduur. Owerhede het ook beslag gelê op ander onwettige diereprodukte soos die pels van luiperde én krokodil en- slagvelle, het

Lees verder: Interpol lê beslag op 1768kg ivoor

Mbeki moet om verskoning vra

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het Maandag gesê voormalige president Thabo Mbeki moet jammer sê oor sy hantering van die MIV/vigs-pandemie, het Beeld berig. Hy het op die vooraand van Wêreldvigsdag in Johannesburg gesê Mbeki se optrede van die MIV/vigs-pandemie is ’n “baie ongelukkige bladsy” in die land se geskiedenis, maar “dié bladsy behoort tot

Lees verder: Mbeki moet om verskoning vra

Duskant die Rubicon

“Die Rubicon oorsteek” is spreekwoordelik ‘n onomkeerbare daad. Die Rubicon is ‘n 29 kilometer rivier in Italië. Hierdie idioom is ontleen aan Julius Caesar wat die Rubiconrivier in 49 vC oorgesteek het, ten spyte van ‘n Romeinsregtelike verbod om so te doen. Die Rubicon was die grens tussen Noord en Suid Italië en om die

Lees verder: Duskant die Rubicon

Italiaanse regse vleuel verwelkom Switserse minaretverbod

‘n Minister en ander politici in Italië het gister die uitslag van ‘n Switserse referendum ten gunste van ‘n verbod op die konstruksie van nuwe minarette verwelkom en dit ‘n les in demokrasie genoem. “Switserland stuur daarmee vir ons ‘n helder sein: Ja vir kloktorings, nee vir minarette,” het Roberto Calderoli, die minister van administratiewe

Lees verder: Italiaanse regse vleuel verwelkom Switserse minaretverbod

Iran beplan verrykingsaanlegte in trotsering van VN

Iran het gister planne om tien industriëlegrootte uraanverrykingsaanlegte te bou, goedgekeur, ‘n dramatiese uitbreiding van die program wat die VN se eise dat die land verryking moet staak trotseer, en ‘n skuif wat waarskynlik spanning in die Weste gaan verhoog. Die besluit kom enkele dae nadat die VN se kernwaghondagentskap Iran betig het oor hulle

Lees verder: Iran beplan verrykingsaanlegte in trotsering van VN

Switserse verbod op Moslem-torings maak Moefti moeilik

Egipte se Moefti, Ali Gomaa, het uitgevaar teen ‘n referendumuitslag in Switserland wat nuwe minarette verbied, en het dit ‘n “belediging” teen Moslems regoor genoem terwyl hy ‘n oproep op Moslems gedoen het om nie deur die skuif uitgelok te word nie. ‘n Soliede meerderheid Switserse kiesers het in ‘n referendum gestem om die oprigting

Lees verder: Switserse verbod op Moslem-torings maak Moefti moeilik

2010: Nie plek vir toetsrugby nie

Volgende jaar se toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Frankryk op die 12de Junie, kan nie in Suid-Afrika aangebied word nie, weens die Sokkerwêreldbekertoernooi wat dan reeds begin het. Die wedstryd, wat deel van die Franse se seisoeneindetoer uitmaak, sal na Europa verskuif word. Dit blyk dat die Wembley-stadion in Engeland die aangewese plek is. Benewens die

Lees verder: 2010: Nie plek vir toetsrugby nie