Mbeki moet om verskoning vra

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het Maandag gesê voormalige president Thabo Mbeki moet jammer sê oor sy hantering van die MIV/vigs-pandemie, het Beeld berig.

Hy het op die vooraand van Wêreldvigsdag in Johannesburg gesê Mbeki se optrede van die MIV/vigs-pandemie is ’n “baie ongelukkige bladsy” in die land se geskiedenis, maar “dié bladsy behoort tot die verlede”.

Vavi se uitspraak volg nadat die Young Communist League (YCL) gedereig het om Mbeki vir volksmoord aan te kla.

“Eintlik het 350 000 mense in daardie tydperk gesterf. Die Ellispark-stadion kan ses keer gevul word. Dit was die omvang van sy ontkenning en gebrek aan optrede deur die regering,” het Vavi gesê.

Cosatu het in 2006 en 2007 oorweeg om Mbeki van “volksmoord” aan te kla, maar het nou daarteen besluit.

Hy het gesê Cosatu is nie geïnteresseerd in ’n Nuerenberg-verhoor nie.

Hy meen egter Mbeki behoort “die eerbare ding te doen”, en te erken dat hy verkeerd was en om verskoning te vra.

 

куплю справку 086уАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae