Iran beplan verrykingsaanlegte in trotsering van VN

Iran het gister planne om tien industriëlegrootte uraanverrykingsaanlegte te bou, goedgekeur, ‘n dramatiese uitbreiding van die program wat die VN se eise dat die land verryking moet staak trotseer, en ‘n skuif wat waarskynlik spanning in die Weste gaan verhoog.

Die besluit kom enkele dae nadat die VN se kernwaghondagentskap Iran betig het oor hulle program en aangedring het dat die konstruksie van ‘n nuutonthulde verrykingsaanleg gestaak word. Die weste het gesein dat hulle uit geduld uit raak met Iran se voortgaande verryking en hulle onbereidwilligheid om ‘n VN-ooreenkoms te aanvaar. Die VSA en hulle bondgenote het aangedui dat nuwe VN-sanksies ingestel sal word indien Iran nie reageer nie.

Die Withuis sê die skuif “sal nog ‘n ernstige oortreding van Iran se duidelike verpligtinge onder talle VN Veiligheidsraadresolusies wees en nog ‘n voorbeeld van Iran wat verkies om hulleself te isoleer.”

“Tyd loop uit vir Iran om die internasionale gemeenskap se groeiende kommer oor hulle kernprogram aan te spreek,” sê die Withuis se perssekretaris, Robert Gibbs.

“Dit is ‘n toonbeeld van die grondliggende probleem wat ons in die gesig staar met Iran,” sê hy. “Ons het oor en oor verklaar dat ons Iran se reg tot ‘n siviele kernprogram erken, maar hulle moet eers internasionale vertroue in hulle bedoelings herstel. In plaas daarvan om met ons in gesprek te tree, verkies Iran om uit te lok en te mislei.”

Die VN se Internasionale Atoom Energie Agentskap het Vrydag ‘n skerp teregwysing aan Iran oor verryking uitgevaardig, en dit het Teheran woedend gemaak.

“Sou die Weste aanhou om druk op ons te plaas, kan die wetgewer Iran se vlak van samewerking met die IAEA heroorweeg,” het die parlement se speaker, Ali Larijani gister in ‘n toespraak oor die staatsradio gesê.

mobile casinos noДанильченко

Maak 'n opvolg-bydrae