praag.co.za

Dodetal in Russiese treinongeluk styg steeds

Die dodetal styg steeds nadat ‘n bomontploffing ‘n Russiese passasierstrein verlede Maandag laat ontspoor het.

“’n Vrou het Sondag in die hospitaal aan beserings beswyk. Dit bring die dodetal op 26,” het Tatyana Golikova, minister van gesondheid, gesê.

Owerhede in Petersburg sê die bomaanval wat ‘n trein laat ontspoor het, was ‘n terreuraanval.

Alexander Bortnikof, die hoof van Rusland se nasionale veiligheid, het Saterdag gesê kenners het stukke van ‘n ploftoestel op die toneel gevind. Die toestel het glo teen 21:20 Vrydagnag afgegaan nadat die trein daaroor gery het.

Bortnikov sê die bom het met ‘n sterkte wat vergelyk kan word met dié van 7kg se dinamiet, afgegaan. ‘n Gat van meer as 1m wyd is deur die ontploffing veroorsaak.

“Hierdie was ‘n terreuraanval,” het Vladimir Markin, ‘n woordvoerder, gesê.

In ‘n soortgelyke voorval het ‘n tweede ontploffing Rusland presies ‘n week later getref.

Dié ontploffing het vroeg Maandagoggend ‘n treinspoor in Rusland se Caucasiangebied van Dagestan verwoes.

Niemand is in die voorval beseer nie.

 

базальт для бани ценатопкарго кидалы

Comments

Leave a Reply