Volgens ‘n aankondiging deur die Rooms-Katolieke Kerk op 17 deser gaan Moeder Teresa (Anjezë Gonxhe Bojaxhiu, 1910-1997) tot heilige verklaar word. Haar ouers was Rooms-Katolieke Albaniërs. Sy het in 1928 van haar geboorteland Macedonië na Ierland gegaan om Engels te leer. In 1929 is sy na Indië, waar sy in 1948 in Kolkata begin het
Geseënde Kersfees aan al ons lesers!
Ons wens al ons lesers en ondersteuners ‘n baie geseënde Kersfees toe. Ons hoop dat u ‘n aangename Kersdag met u familie sal deurbring. Tussen Kersfees en Nuwejaar sal dié webblad slegs sporadies bygewerk word, tensy daar iets belangriks gebeur of tensy een van ons rubriekskrywers iets dringends op die hart het. En tussen al
ANC-minister smeek Oos-Kaapse munisipaliteite om Eskom-betalings
Die ANC-minister van openbare ondernemings, Lynn Brown, smeek in ‘n onlangse verklaring munisipaliteite in die Oos-Kaap om Eskom te betaal. “Dit is onaanvaarbaar vir burgers om gedurende dié seisoen te ly,” sê sy. “Munisipaliteite moet verantwoordelikheid aanvaar en diegene met uitstaande skuld moet Eskom onmiddellik nader om uit te vind hoe hulle die uitstaande skuld
Lees verder: ANC-minister smeek Oos-Kaapse munisipaliteite om Eskom-betalings
praag.co.za nader 19 000 gepubliseerde artikels!
Die webblad wat u tans lees, beskik reeds oor 18 907 gepubliseerde artikels – alles in Afrikaans. Oor die volgende paar weke sal ons die 19 000-kerf verbysteek. Om dit in perspektief te stel: dit verteenwoordig ongeveer 10 miljoen woorde, oftewel die ekwivalent van 150 boeke van 300 bladsye elk. Al ons inhoud is gratis
Lees verder: praag.co.za nader 19 000 gepubliseerde artikels!
Binnelandse sake sukkel om toestroming by SA grense te hanteer
Die departement van binnelandse sake het gister gereageer op klagtes dat hy nie meer die toestroming by ons landsgrense kan hanteer nie deur te sê dat “vertragings te wagte kan wees”. Sedert die begin van die vakansieseisoen is 130 000 reisdokumente reeds “verwerk”. Vanweë die groot aantal mense wat na verskeie bestemmings reis, gaan hulle
Lees verder: Binnelandse sake sukkel om toestroming by SA grense te hanteer
Swart bestuurder ploeg opsetlik in voetgangers in
Minstens een persoon is dood en 36 ander beseer toe ’n motor Sondagnag met opset in wit voetgangers op ’n sypaadjie voor die Planet Hollywood Resort and Casino in Las Vegas ingeploeg het. Met Amerika wat steeds senuweeagtig is ná die onlangse terreuraanvalle in San Bernadino, Kalifornië, was Las Vegas Sondagnag in rep en roer.
Lees verder: Swart bestuurder ploeg opsetlik in voetgangers in
Rooi waarskuwing vir dele van China uitgereik
China het inwoners oor ’n groot deel van die noorde van die land gewaarsku om voor te berei vir ’n golf versmorende lugbesoedeling wat oor die naweek verwag is. Beijing is die ergste geteister en ’n sogenaamde “rooi waarskuwing” is vir die tweede keer in die land se geskiedenis uitgereik, het Reuters berig. Die lugbesoedeling
NAVO skrik vir Spaanse verkiesingsuitslag
Spanje se eerste minister, Mariano Rajoy, gaan sukkel om aan bewind te bly nadat sy konserwatiewe party hul meerderheid in ’n verkiesing verloor het politieke versplintering die kieserlandskap herrangskik het. Nuwe partye het ‘n einde aan dekades van ’n twee-party bewind aangekondig. Die Spaanse regering het voorheen ondersteuning vir die omstrede anti-Europese Atlantiese Handels- en
Bob glo deur paleisrewolusie vervang
Die leier van die opposisie in Zimbabwe, Morgan Tsvangirai, het Maandag gesê die president is deur ‘n paleisrewolusie vervang. Met pres. Robert Mugabe (92) se instemming het sy vrou, Grace, glo intussen ongemerk as staatshoof oorgeneem. Grace Mugabe (50), lei Zanu-PF se vroueliga. “Grace Mugabe het met ‘n paleisrewolusie oorgeneem en die regering het nie
Wegholveldbrand rig groot skade aan by Zastron
‘n Wegholveldbrand het Maandag duisende hektaar weidinggrond in die Zastron-distrik verwoes asook die bekende Aasvoëlberg-buitelugsentrum vernietig, het OFM berig. Voorsitter van die Zastron Brandbeskermingsvereniging, Steyn van Ronge, sê ‘n brand wat vermoedelik deur lede van ‘n inisiasieskool in die gebied begin is, het weens matige tot sterk winde vinnig na die suide van dié Vrystaatse
