Potgooi: Joernaliste vrees nou die gewone man

[soundcloud url=”https://api.soundcloud.com/tracks/296264165″ params=”auto_play=false&hide_related=false&show_comments=true&show_user=true&show_reposts=false&visual=true” width=”100%” height=”450″ iframe=”true” /] Dan en Karin Roodt oor die invloed wat joernaliste en die hoofstroommedia besig is om te verloor. In 1967 het Brian Bunting van die SA Kommunisteparty (regs op die swart-en-wit foto, saam met Joe Slovo) voorspel dat Afrikaners die onderspit teen die Engelse koerante sou delf vanweë hul

Lees verder: Potgooi: Joernaliste vrees nou die gewone man

Petrolprys daal, maar voordeel gaan aan joggies, handelaars

Die petrolprys daal van eerskomende Woensdag af met 20 sent per liter, en sal voortaan R12,37 aan die kus en R12,85 in die binneland kos. Maar volgens die ekonoom Cees Bruggemans, moes die prys eintlik met 40 sent gedaal het. Die grootste deel van die voordeel word egter nie aan die verbruiker deurgegee nie, maar

Lees verder: Petrolprys daal, maar voordeel gaan aan joggies, handelaars

Europol waarsku dat ISIS aanvalle beplan

Dosyne militante is volgens alle aanduidings reeds in plek in Europa vir beplande aanvalle en meer sal waarskynlik uit Sirië en Irak na lande in die Europese Unie (EU) stroom soos hulle terugslae op die tuisfront toegedien word, het Reuters berig. In ‘n verslag oor die bedreiging van die Islamitiese Staat-groep (ISIS) vir die 28

Lees verder: Europol waarsku dat ISIS aanvalle beplan

Oostenrykse verkiesing ontaard in getier oor honde

Oostenryk se berugste boorling, Adolf Hitler, se naam word selde in sy geboorteland genoem. Dit het dus as ‘n skok vir vele gekom toe ‘n presidentskandidaat, Alexander van der Bellen, tydens ‘n onlangse TV-debat na ‘n lêer gereik en twee foto’s van “der Fuehrer” te voorskyn gebring het. Van den Bellen het sy teenstander, die

Lees verder: Oostenrykse verkiesing ontaard in getier oor honde

Swaar gewapende vulstasie-rowers gesoek

Die polisie op Parys soek na vyf swart swaar gewapende verdagtes wat vermoedelik hierdie week by twee vulstasies op die N1-snelweg buite die dorp toegeslaan het. Polisiewoordvoerder Sinah Mpakane sê twee van die mans, altwee met vuurwapens, het vermoedelik Vrydag tussen 02:00 en 02:15 by die eerste winkel van die vulstasie ingestorm en die werknemers

Lees verder: Swaar gewapende vulstasie-rowers gesoek

Sewe swart verdagtes vas vir steekmoord

Sewe swart verdagtes, tussen die ouderdomme van 17 en 29 jaar, sal na verwagting môre in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn ná die wrede moord op ‘n 45-jarige man vandeesweek. Polisiewoordvoerder, Sinah Mpakane, sê die vrou van die vemoorde Whittey Jameson het Maandag om 20:00 van die werk af by hul huis in Bloemspruit aangekom en

Lees verder: Sewe swart verdagtes vas vir steekmoord

FW de Klerk bring hulde aan Fidel Castro

Oudpresident FW de Klerk het vandeesweek hulde aan die afgestorwe Kubaanse leier, Fidel Castro, gebring. “Fidel het oor ‘n ongewone charisma beskik wat ‘n groot uitwerking op sy land en op die wêreldgeskiedenis gehad het. Ons in Suid-Afrika kan ook dankbaar wees dat hy in Angola ingegryp en gehelp het om ‘n einde aan die

Lees verder: FW de Klerk bring hulde aan Fidel Castro

Leon Lemmer: William Buckley, die grondlegger van Amerikaanse konserwatisme

In die Amerikaanse politiek is daar tradisioneel twee politieke partye. Die Demokratiese Party (DP) is in 1828 deur Andrew Jackson gestig, word met die kleur blou geassosieer en ‘n donkie word gebruik om die party te simboliseer. Die Republikeinse Party (RP) is in 1854 gestig met Abraham Lincoln wat van vroeg af die leiding geneem

Lees verder: Leon Lemmer: William Buckley, die grondlegger van Amerikaanse konserwatisme

Hof verbied swart pastoor om sy gemeentelede met ‘Doom’ te bespuit

‘n Swart Suid-Afrikaanse pastoor wat sy gemeentelede met “Doom” bespuit het om hulle op bonatuurlike wyse van hul siektes te genees, is deur die hof verbied om daarmee voort te gaan, hangende ‘n hofsaak wat aanstaande maand in Limpopo aangehoor sal word. Lethebo Rabalago het nasionale en internasionale bekendheid verwerf met sy onortodokse genesing van

Lees verder: Hof verbied swart pastoor om sy gemeentelede met ‘Doom’ te bespuit

RSG steeds sewende grootste radiostasie in SA

In weerwil van die onderdrukking van Afrikaans deur die ANC-bewind en die demografiese wegkwyning van Afrikaners, handhaaf die Afrikaanse stasie RSG steeds ‘n beduidende getal luisteraars wat dit die sewende grootste radiostasie in die land maak. Uit syfers wat so pas deur die Uitsaairaad bekendgemaak is, blyk dit dat RSG oor byna 1,5 miljoen weeklikse

Lees verder: RSG steeds sewende grootste radiostasie in SA