Polisie wat moordverdagtes doodmartel borg geweier

‘n Polisiebeampte en ‘n polisie-informant van Springs aan die Oos-Rand wat na bewering drie vermeende moordverdagtes gemartel en vermoor het, is in die Landdroshof in Carletonville borgtog geweier, het RSG berig. Die twee beskuldigdes is meer as ‘n maand gelede saam met nog twee polisiebeamptes in hegtenis geneem, nadat die liggame van die drie mans

Lees verder: Polisie wat moordverdagtes doodmartel borg geweier

Blonde slimkop se dood skok Pukke

Studente op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) was Maandag geskok na die skielike dood van ‘n blonde slimkop eerstejaarstudent aan breinvliesontsteking. Prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, en prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, het hul medelye teenoor die meisie se familie en vriende uitgespreek. Leana Labuschagne (19), wat ‘n geoktrooieerde rekenmeester wou word,

Lees verder: Blonde slimkop se dood skok Pukke

Poetin waarsku VSA teen uitbreiding in Europa

President Wladimir Poetin van Rusland het aangekondig dat 40 nuwe interkontinentale ballistiese missiele tot sy kernwapen-arsenaal gevoeg gaan word. Poetin het die aankondiging saam met die Finse president Sauli Niinisto by die opening van ‘n wapenskou naby Moskou gedoen tydens ‘n gesamentlike nuuskonferensie. Rusland sal ook ‘n nuwe mikrogolfwapen bekendstel wat onbemande tuie sal kan

Lees verder: Poetin waarsku VSA teen uitbreiding in Europa

Leefstylwaentjies: BMW 218i Active Tourer teen Fiat 500L 1.4 T-Jet Trekking

Met meer as ‘n duisend verskillende modelle om van te kies in die Suid-Afrikaanse motormark, kan dit nogal baie moeilik raak om die regte voertuig vir jou doeleindes aan te skaf. Meeste mense kies ‘n motor om een van drie redes: Prys Leefstyl DKW (Dans, Kerk en Werk) eintlik is dit om jou nuwe wiele

Lees verder: Leefstylwaentjies: BMW 218i Active Tourer teen Fiat 500L 1.4 T-Jet Trekking

Brittanje in krisis nadat Zuma IS aflag

Die Statuut van Rome, die grondslag vir die oprigting van die Internasionale Strafhof (IS), het aan die hof ‘n spesifieke mandaat gegee wat beteken die IS kan net reageer op misdade wat sedert 2002 plaasgevind het. Die jurisdiksie van die Hof is verder gebaseer op die beginsel van komplementariteit. Dit beteken dat die IS slegs

Lees verder: Brittanje in krisis nadat Zuma IS aflag

Zimbabwe kripeer sonder kos

Die feit dat Zimbabwe sowat $300 miljoen se voedselhulp nodig het hierdie jaar as gevolg van ‘n massiewe daling in produksie van mielies is te danke aan die verflenterde landboubeleid van die regerende party, het die opposisieparty Dinsdag gesê. President Robert Mugabe het vroeër wit boere van hul plase afgejaag en hul grond gekonfiskeer om

Lees verder: Zimbabwe kripeer sonder kos

Jenner en Dolezal se knuppels in die linkse hoenderhok

Kyk, as daar één ding is wat jy nie vir ‘n feminis moet sê nie, sou dit wees dat die manlike en die vroulike brein wesentlik verskil. Volgens feministe is dit ‘n infame leuen, en is daar hoegenaamd geen onderskeid in terme van denke en emosies te tref tussen die manlike en vroulike psiges nie.

Lees verder: Jenner en Dolezal se knuppels in die linkse hoenderhok

AU militêre raadgewers na Burundi

Leiers op die beraad van die Afrika-unie in Sandton, Johannesburg, het ingestem om militêre kundiges na Burundi te stuur nadat die land die afgelope tyd deur geweld geskud is oor president Pierre Nkurunziza se omstrede besluit om vir ‘n derde termyn te staan. Die AU se vrede- en veiligheidskommissaris, Smail Chergui, het aan verslaggewers gesê

Lees verder: AU militêre raadgewers na Burundi

Weermag ontken berigte van gyselaarskap vir al-Bashir

Die weermag het Dinsdag berigte verwerp dat Soedan Suid-Afrikaanse soldate as gyselaars aangehou het om die inhegtenisneming van President Omar al-Bashir te verhoed. Daar is tans Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag troepe in Darfoer ontplooi. “Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het met uiterste ontsteltenis van die verslae in verskeie mediabronne kennis geneem wat beweer dat SANW-troepe gyselaar

Lees verder: Weermag ontken berigte van gyselaarskap vir al-Bashir

Al-Bashir se vliegtuig styg op van Waterklooflugmagbasis

Soedan se president, Omar al-Bashir het glo klaring gekry om vanaf ‘n Suid-Afrikaanse lughawe op te styg in weerwil van ‘n geslaagde dringende aansoek dat hy in die land moet bly. Bashir se bemanning het glo pas klaring ontvang van die beheertoring by die Waterklooflugmagbasis en sy vliegtuig maak gereed om op te styg. Die

Lees verder: Al-Bashir se vliegtuig styg op van Waterklooflugmagbasis