Universiteit van Namibië het die eksamens wat Dinsdag moes begin, uitgestel nadat oproeriges amok gemaak het omdat hulle daarvan weerhou word om te skryf tensy hul studiegelde betaal word, het die Republikein berig. Die registrateur, Sifiso Nyati, het vroeër aangedui dat studente wat sukkel, gehelp sal word met registrasiegelde. Maar volgens Nyati het nie een
Klagtes oor droogte stroom in by MRK
Klagtes dat die gebrek aan water skendings van menseregte is, stroom in by die SA-Menseregtekommissie in die Vrystaat. Die kwaai droogte het damme se watervlakke tot krisisafmetings laat daal. Die Vrystaat is een van die eerste provinsies wat as droogtegebied verklaar is. Inwoners in verskeie dorpe in die provinsie se krane het intussen drooggeloop. Die
Toeareg-vegters blok djihadistiese smokkelroete
Ondanks Franse militêre optrede in 2013 om militante Islamitiese groepe in die noorde van Mali onder beheer te bring, is die gebied steeds polities onstabiel. ‘n Aantal uitgedorde brode is al wat in die hoofbakkery van Mali se noordelike woestyndorp, Kidal, oor is. Die eienaars het die bakkery verlaat toe meelpryse verdubbel het nadat gewapende
Lees verder: Toeareg-vegters blok djihadistiese smokkelroete
Opposisie verwerp uitslag van Montenegro verkiesing
Twee opposisie-alliansies in Montenegro het die uitslae van Sondag se parlementêre verkiesings, waarin die eerste minister, Milo Djukanovic se party die meeste setels gewen het, verwerp en die regering van intimidasie van kiesers beskuldig. Djukanovic se Demokratiese Party van Sosialiste het 36 setels, vyf minder as ‘n meerderheid in die parlement met sy 81 setels
Lees verder: Opposisie verwerp uitslag van Montenegro verkiesing
Afrikaanse gebiede vaar sleg op lys van SA miljoenêrs
Hoewel Afrikaners vir die grootste deel van die twintigste eeu die land regeer het, besit hulle weinig van die land se rykdom. Dié afleiding kan gemaak word uit die jongste rykdomverslag oor Suid-Afrikaanse stede wat deur die maatskappy New World Wealth vrygestel is. By verre die rykste stad in die land – waar weinig Afrikaners
Lees verder: Afrikaanse gebiede vaar sleg op lys van SA miljoenêrs
Meer as 500 oproeriges sedert Februarie vas
Sedert Februarie is 560 onlusmakers in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings by universiteite. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria sy kommer uitgespreek oor toenemende voorvalle van brandstigting en die gebruik van petrolbomme op en naby kampusse. Phahlane sê dié voorvalle is ‘n bewys daarvan dat kriminele elemente
Hitler-huis gaan platgestoot word
Adolf Hitler, berugte Duitse Nazi-leier, se geboortehuis in Oostenryk gaan vernietig word. Dié besluit is geneem om te voorkom dat dit ‘n neoNazi-monument word. Die Minister van Binnelandse Sake, Wolfgang Sobotka, sê ‘n nuwe gebou sal ‘n liefdadigheidsorganisasie huisves. Sabotka sê die besluit is gegrond op aanbevelings van ‘n komitee wat moes besluit wat om
China lanseer bemande tuig
China het gister twee ruimtevaarders in die Sjenzhou-11 ruimtetuig op ‘n sending na die land se wentelende laboratorium gelanseer. China werk nou daaraan om sy eie ruimtestasie tot stand te bring. Die ruimtetuig is vanaf die Jiuquan satellietlanseersentrum in die Gobiwoestyn gelanseer met ruimtevaarders, Jing Haipeng en Chen Dong aan boord. Dit sal hulle twee
Ketting-epos dreig Duitse skole met geweld
Verskeie skole in die stad Leipzig in die ooste van Duitsland, het Maandagoggend eposse ontvang waarin hulle met geweld gedreig word, het ‘n polisiewoordvoerder gesê. Die eposse het gedreig met ‘n massaskietery en verskeie leerlinge is in klasse toegesluit of huistoe gestuur terwyl die polisie die skoolgronde en klaskamers deursoek het. ‘n Polisiewoordvoerder sê die
Verslete ou ANC-gevegte oor wie die beursie hou
Die gewone vervelige ou faksiegevegte binne die ANC wat gereeld as “nuus” in Suid-Afrika aangebied word, is weer opgediep deur wit ANC-lede in Gauteng wat van die etniese Zoeloes in die party ontslae wil raak. Die “elite” in die ANC veg verbete om posisies en gebruik staatsmiddele daarvoor omdat hulle slegs deur politieke intriges verryk
Lees verder: Verslete ou ANC-gevegte oor wie die beursie hou
