Chaos in Gautengse wetgewer

Chaos het Dinsdag in die Gautengse wetgewer geheers, soortgelyk aan wat verlede week in die parlement afgespeel het, het The Star Woensdag berig. Die dagblad berig dat lede van die ANC en EFF mekaar beledig en vulgêre uitlatings toegesnou het tydens ʼn amptelike sitting van die wetgewer. Mandiso Mashego, EFF-lid, het na die ANC as die

Lees verder: Chaos in Gautengse wetgewer

Ramaphosa berispe DA oor parlementêre wanorde

Adjunk-President Cyril Ramaphosa sê die DA se besluit om met die mosie teen president Jacob Zuma voort te gaan, het die veelparty-ooreenkoms wat bereik is, geknou. Hy sê die DA-besluit druis in teen die ooreenkoms wat Dinsdag met partyleiers bereik is. Ramaphosa sê al die partye het ingestem om ‘n politieke oplossing vir die onuithoudbare toestand

Lees verder: Ramaphosa berispe DA oor parlementêre wanorde

Middelvinger vervang parlementêre debat

Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, moes parlementslede Woensdag weer waarsku om hul van handgebare te weerhou. ‘n Ongewilde mosie is Woensdag ingedien waarteen talle ANC-lede handgebare gemaak het. Lindiwe Sisulu, minister van huisvesting, glo haar middelvinger gewys. In September het Floyd Shivambu, EFF-LP, vir adjunkpresident Cyril Ramaphosa die middelvinger gewys het. Sisulu is deur opposisielede versoek om

Lees verder: Middelvinger vervang parlementêre debat

De Kock weer hof toe oor parool

Eugene de Kock sal ‘n aansoek by die hooggeregshof in Pretoria indien nadat die minister van justisie en korrektiewe dienste geweier het om aan hom parool toe te staan. Michael Masutha het in Julie De Kock se paroolaansoek afgekeur omdat die families van sy slagoffers nie daaroor geraadpleeg is nie. De Kock (65) het reeds 18 jaar tronkstraf uitgedien.

Lees verder: De Kock weer hof toe oor parool

ANC-jeugliga toestemming vir anti-Steve-betoging geweier

Die metroraad van die groter Pretoriagebied het gister toestemming geweier dat die ANC-jeugliga teen die Afrikaans-is-Groot-konsert in Pretoria betoog, kwansuis om teen Steve Hofmeyr se deelname beswaar te maak. “Ons ondersoek nou alternatiewe maniere om vreedsame en doeltreffende protesoptrede op ’n wettige manier te reël,” het Justin de Swardt, van die ANC-jeugliga in wyk 91

Lees verder: ANC-jeugliga toestemming vir anti-Steve-betoging geweier

SAKP skrikkerig vir verlinkse Numsa

Toe die verlinkse vakbond Numsa by sy konferensie in Desember verlede jaar ‘n sosialistiese werkersparty belowe met verlinkse ideale, het hulle ondersteuning vanuit talle sosialiste uit die buiteland ontvang, maar nie van die SAKP nie. Numsa is pas uit Cosatu geskors. Die vakbond se sekretaris-generaal Irvin Jim het die ANC voorheen daarvan beskuldig dat hulle die Nasionale Demokratiese

Lees verder: SAKP skrikkerig vir verlinkse Numsa

Tweederdes van KZN-landbougrond lê braak

Opkomende boere benodig verdere hulp met landbou het ‘n LUR vir Landbou KwaZulu-Natal gesê. Cyril Xaba het aangedui dat meer as tweederdes van die landbougrond wat sedert 1998 aan swart boere in KwaZulu-Natal oorhandig is, braak lê. Xaba het by ‘n beraad op Ixopo in KwaZulu-Natal gepraat met swart boere. Die byeenkoms is daarop gemik om

Lees verder: Tweederdes van KZN-landbougrond lê braak

Adjunkminister sê polisie in parlement wettig

Die adjunkminister van Justisie, John Jeffrey, het klagtes uit die opposisiegeledere oor die polisie se betreding van die parlement van die hand gewys. Die Speaker het die polisie vroeër versoek om parlementslede van die EFF uit die Nasionale Vergadering te verwyder, nadat hulle die vergadering probeer ontwrig het. Lede van die EFF sowel as die DA het daarna

Lees verder: Adjunkminister sê polisie in parlement wettig

SA plaas ebola op G20-beraad se agenda

Suid-Afrika het die bespreking oor die ebolakrisis in Wes-Afrika by die G20-leiersberaad in Brisbane, Australië versoek, het die minister van finansies, Nhlanhla Nene gesê. “Ons is inderdaad bekommerd. Ons versoek het eintlik daartoe gelei dat sake wat verband hou met ebola op die G20-vlak bespreek is sowel as in alle ander multilaterale vergaderings waaraan ons deelgeneem het,” het Nene aan verslaggewers

Lees verder: SA plaas ebola op G20-beraad se agenda

Saul Alinsky, Godwin se wet en Afriforum

Baie is al geskryf oor die taktiek wat liberale en sosialistiese organisasies gebruik om hulle agendas te bevorder maar geen een enkele geskrif verskaf meer gestalte aan hierdie taktieke as Saul Alinsky se 1971-boek Rules for Radicals: A Pragmatic Primer for Realistic Radicals nie. Dit is 10 hoofstukke van advies oor hoe om ‘n agenda

Lees verder: Saul Alinsky, Godwin se wet en Afriforum