Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het nagenoeg R1 miljard van sy jaarlikse begroting op siekverlof en ongeskiktheidstoelae bestee. Senior polisiebeamptes, insluitend genl. Riah Phiyega, het Woensdag dié onthullings voor die parlementêre portefeuljekomitee oor die polisie gemaak, het Eyewitness News berig. Parlementslede is bekommerd oor die toename in gevalle van siekteverlof in die kommissie. Sowat 140 000 uit
Drie onderwysers geskors na swaksiende verdrink
Drie onderwysers van die skool vir blindes in Christiana in Noordwes is geskors nadat ‘n leerder wat gedeeltelik blind is, verdrink het. Brian Setswambung, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het gesê die drie is ná van ‘n voorlopige ondersoek geskors. “Die departement dink daar is moontlik ‘n prima facie-saak van nalatigheid.” Sikhona Mogapi,
Lees verder: Drie onderwysers geskors na swaksiende verdrink
Hoof van Britse geheimediens vaar uit teen Snowden
Die gesteelde topgeheime dokumente wat in The Guardian gepubliseer is, is ‘n “geskenk” aan terroriste, het die hoof van MI5 gewaarsku. In ‘n striemende aanval het Andrew Parker gesê die publikasie van vertroulike lêers wat uitgelek is deur die Amerikaanse voortvlugtige Edward Snowden het groot skade veroorsaak in die vermoë van Brittanje se intelligensiedienste .
Lees verder: Hoof van Britse geheimediens vaar uit teen Snowden
Die ANC se prestasies
Deur Johan Theron. Batebestuur handel in wese oor finansiële en fisiese bates. Menslike bates word apart gesien en bestuur maar wanneer die prestasie van ‘n organisasie soos bv die ANC bereken word, sal mens na al drie hierdie aspekte moet kyk. Omdat data oor die ANC nie beskikbaar is nie, sal ‘n omstandigheidsgetuienis gebruik word
Markte verwelkom Yellen-benoeming as Fed-voorsitter
Die wêreld sal binnekort ‘n nuwe monetêre leier hê. Die Amerikaanse president, Barack Obama sal Janet Yellen eersdaags benoem as volgende voorsitter van die Federale Reserweraad. Die 67-jarige Yellen wat tans ondervoorsitter is, sal, indien die Senaat die benoeming goedkeur, Ben Bernanke opvolg wanneer sy termyn aan die einde van Januarie verstryk. Sy sal die
Lees verder: Markte verwelkom Yellen-benoeming as Fed-voorsitter
Negentig persent van Soweto betaal nie elektrisiteit nie
Die minister van Openbare Ondernemings, Malusi Gigaba, het gewaarsku dat dit al moeiliker raak om die fondse te vind om Eskom se beleggingsprogramme te ondersteun weens die strenger kredietsituasie in die VSA, het Business Day Woensdag berig. Hy het ook gesê wanbetaling is ‘n ernstige dilemma vir Eskom, het die koerant berig Hy het dit
Lees verder: Negentig persent van Soweto betaal nie elektrisiteit nie
Outa verloor tol-appèl
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol, Outa, het sy teleurstelling uitgespreek met die uitspraak in die Bloemfonteinse Appèlhof waar sy laaste poging om die Gautengse e-tolstelsel te keer, van die hand gewys is. Outa sê hy gaan die uitspraak bestudeer en die organisasie sal môre ‘n mediakonferensie hou. Die Bondgenootskap het geappèlleer teen ‘n hofuitspraak verlede
Flysafair mag nog nie vlieg nie
Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag teen die nuwe laekoste-lugdiens FlySafair beslis. Comair en Skywise voer aan dat FlySafair nie voldoen aan Suid-Afrika se regulasies vir eienaarskap nie, het Eyewitness News berig. Die hof het ‘n bevel uitgereik dat FlySafair nie kan handel dryf totdat sy lisensie nie hernu is nie. Die lugdens het
Menseregtekommissie ondersoek SAL-diskriminasie
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gaan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) se kadetprogram ondersoek, het die vakbond Solidariteit Dinsdag gesê. “Solidariteit het die ondersoek versoek omdat die lugdiens geen wit manlike kandidate by sy kadetprogram aanvaar het nie,” het Dirk Groenewald, hoof van die arbeidshof-afdeling van die vakbond, gesê. Groenewald het gesê Solidariteit het namens tien wit
Lees verder: Menseregtekommissie ondersoek SAL-diskriminasie
Ontvoerde vrou uit kattebak gered
‘n Vrou wat Dinsdag tydens ‘n rooftog in Randfontein aan die Wes-Rand ontvoer is, is gered het Johannesburg se metropolisie gesê. Wayne Minnaar, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou is uit ‘n motor se kattebak gered en drie swart mans is in verband met die voorval in hegtenis geneem. “Die motor is met behulp van ‘n
