Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het nagenoeg R1 miljard van sy jaarlikse begroting op siekverlof en ongeskiktheidstoelae bestee.
Senior polisiebeamptes, insluitend genl. Riah Phiyega, het Woensdag dié onthullings voor die parlementêre portefeuljekomitee oor die polisie gemaak, het Eyewitness News berig.
Parlementslede is bekommerd oor die toename in gevalle van siekteverlof in die kommissie.
Sowat 140 000 uit die 200 000 polisielede het in 2012 gemiddeld tussen sewe en nege dae siekteverlof geneem.
Tesame met die koste van ongeskiktheidsverlof deur diegene wat hul siekte- en jaarlikse verlof opgebruik het, het die polisiediens meer as R800 miljoen bestee.
