Vrystaat landbou besluit boervrou ‘koester geen wrok’ na plaasaanval nie

Die vroue-boer van Harrismith, Alison Oates, wat Maandagmiddag wreed op haar plaas deur twee rowers aangeval is, sterk by familie aan. Volgens Vrystaat landbou “koester sy geen wrok nie”. Dit, volgens voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee oor wet en orde, Tommie Esterhuyse, is wat Oates na haar ontslag uit die La Verna Private Hospitaal

Lees verder: Vrystaat landbou besluit boervrou ‘koester geen wrok’ na plaasaanval nie

Amerikaanse lugaanval op hospitaal skerp veroordeel deur VN

Die Verenigde Nasies (VN) het ’n aanval op ’n hospitaal van die organisasie Médecins Sans Frontières (MSF), beter bekend as Dokters Sonder Grense, in Koendoez in Afganistan skerp veroordeel. Die hoof van die VN se humanitêre sending, Zeid Ra’ad Al Hoessein, het gesê indien ’n ondersoek sou bevind dat die ­hospitaal met opset geteiken is,

Lees verder: Amerikaanse lugaanval op hospitaal skerp veroordeel deur VN

Bruin Oregon-slagter pleeg selfmoord

Die 26-jarige bruin skieter in die massa­skietvoorval by die Umpqua Community College in Roseburg in die Amerikaanse deelstaat Oregon het selfmoord gepleeg, volgens Amerikaanse owerhede. “Die mediese ondersoek het bevestig dat selfmoord die oorsaak van die skieter se dood was,” het die Douglas-distrik se polisiehoof, John Hanlin, gesê. Hy het gesê die bruinman, Christopher Harper-Mercer,

Lees verder: Bruin Oregon-slagter pleeg selfmoord

China kondig infrastruktuurprojekte in Guinee-Bissau aan

Die aankondiging dat China vier groot infrastruktuurprojekte, insluitend die oprigting van ‘n presidensiële woning, in Guinee-Bissau sal onderneem, kom te midde van nuwe politieke onrus. Dié Wes-Afrika-land het sedert onafhanklikheid van Portugal in 1974 nog nie een president gehad wat sy verkose termyn voltooi het nie en het sedert 1980 onder nege staatsgrepe deurgeloop. Die

Lees verder: China kondig infrastruktuurprojekte in Guinee-Bissau aan

Nigeriese weermag ontken nuwe Boko Haram-aanval

Die Nigeriese weermag het ontken dat jihadiste ‘n hernude aanval op ‘n stad in die land geloods het. Hulle sê die ontploffings was weermagoefeninge. Veelvuldige ontploffings is Sondag aan die buitewyke van Maiduguri gehoor, het ­plaaslike inwoners gesê. Dié stad is in die noordooste van Nigerië geleë en word ­herhaaldelik deur Boko Haram Islamiete aangeval.

Lees verder: Nigeriese weermag ontken nuwe Boko Haram-aanval

Steenkoolmyners staak

Die getal lede van die NUM wat in die steenkoolbedryf staak, sal na verwagting vandag tot sowat 30 000 styg. Die staking het gister traag begin omdat die meeste myne op Sondae gesluit is. Duisende lede van die NUM sal na verwagting in Witbank in Mpumalanga, nou genoem Emalahleni, aan ‘n optog deelneem. Dit is

Lees verder: Steenkoolmyners staak

‘Vavi en Malema wil regering omver werp’

Cosatu se voormalige sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi en EFF-leier Julius Malema smee glo planne om die regering omver te werp, het Noordwes-premier Supra Mahumapelo Sondag gesê. “Hulle is besig om mense rondom hulle saam te trek, hulle wil mense aanhits om uiteindelik die regering omver te werp,” het hy gesê by die bekendstelling van die jaarlikse

Lees verder: ‘Vavi en Malema wil regering omver werp’

Vrystaatse renosters deur hommeltuie beskerm

Terwyl plaasmoorde en -aanvalle voortwoed, kan renosters darem voortaan rustig slaap. Die department van omgewingsake en natuurbewaring in die Vrystaat gaan die stryd teen renosterstropery met meer gevorderde tegnologie aanpak nadat ‘n toenemende getal renosters die afgelope maande aansienlik in die provinsie gestroop is. Die departement se Coenie Erasmus, wat in beheer is van die

Lees verder: Vrystaatse renosters deur hommeltuie beskerm

Internetadverteerders gewaarsku oor koerierslenter

‘n Inwoner van George het adverteerders gewaarsku dat potensiële “kopers” op die internet wat maak asof hulle belangstel om iets aan te skaf, dalk doodgewone verneukers kan wees. Johann Troskie sê verkopers moet versigtig wees wanneer hulle op die internet adverteer. Dit lok allerlei belangstelling van heinde en ver – en nie almal is betroubare

Lees verder: Internetadverteerders gewaarsku oor koerierslenter

Taliban ontken berigte dat VSA gebiede herower

Die polisiehoof van die Koendoez-provinsie in Afganistan, Mohammad Qasim Jangalbagh, het in die sentrale deel van die stad Koendoez die inwoners gevra om met hul normale lewe voort te gaan. ’n Inwoner van Koendoez het egter aan die nuusagentskap, Associated Press, gesê hewige gevegte woed nog in die Khoeja Mashhad-gebied van die stad, ongeveer 200

Lees verder: Taliban ontken berigte dat VSA gebiede herower