Die BBP van die BRICS-lande kan dié van die G7 binne twee of drie jaar oortref, het die Doema se hoof van Buitelandse Betrekkinge, Aleksei Pusjkof gesê. “In 2014, het die totale bruto binnelandse produk van BRICS-lande 30 persent bereik [van die BBP van die wêreld]. Dit is minder as dié van die G7, maar
Vavi voorspel nuwe vakbondfederasie vir SA
Die voormalige hoofsekretaris van Cosatu, Zwelenzima Vavi het ‘n nuwe vakbondfederasie vir Suid-Afrika voorspel. Cosatu het die hofbeslissing verwelkom dat die metaalwerkersvakbond, Numsa nie aan die federasie se spesiale nasionale kongres aanstaande maand kan deelneem nie. Vavi het met die media gepraat nadat Numsa se dringende aansoek om deel te neem aan Cosatu se spesiale
Geheimediens skuif kameras na bomdreigement
‘n Bomdreigement by die Amerikaanse Withuis het veroorsaak dat ‘n mediakonferensie skielik onderbreek is. ‘n Agent van die Geheimediens het ingekom en almal opdrag gegee om die vertrek te ontruim. Sekuriteitspersoneel en snuffelhonde het die vertrek gefynkam en joernaliste is 20 minute later weer toegelaat sodat die sessie kon hervat. Die voorval het in die
Koerdiese minderheid wen groot in Turkse verkiesing
Meer as 50 miljoen Turkse burgers het teen die regering van president Tayyip Erdogan in die nasionale verkiesing gestem. Die regerende AKP-party het sowat 10% steun verloor, wat veroorsaak het dat hulle hul parlementêre meerderheid verloor het. Baie Turke het in die pasafgelope stemmery as ‘n waterskeidingsverkiesing vir dié land se nasionale politiek beskou. Een
Lees verder: Koerdiese minderheid wen groot in Turkse verkiesing
Inkomstediens gaan voormalige woordvoerder vervolg
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gaan sy voormalige woordvoerder, Adrian Lackay strafregtelik laat vervolg. Die SAID sê hy gaan Lackay ook vir twaalf miljoen rand dagvaar, het RSG berig. Dit volg nadat Lackay vroeër vanjaar ‘n brief aan die parlement gestuur het waarin hy beweer dat die kommissaris van die SAID, Tom Moyane hom opdrag gegee het
Lees verder: Inkomstediens gaan voormalige woordvoerder vervolg
Rupert sê gaping tussen ryk en arm sal tot afguns, haat lei
Johann Rupert, een van Suid-Afrika se miljardêrs, sê die gaping tussen ryk en arm is besig om te vergroot en dit sal uiteindelik lei tot “afguns, haat en klassekonflik”. Hy het rykes gemaan om bewus te wees van die komende probleem wat deur rekenaars en robotte versnel sal word. Lees verder.
Lees verder: Rupert sê gaping tussen ryk en arm sal tot afguns, haat lei
Liedjie oor tas vol drank gee aanstoot
’n Zambiese musikant is in hegtenis geneem oor ‘n liedjie wat hy geskryf het en waarin die spot gedryf word met dié land se president Edgar Lungu. Die 31-jarige Chama Fumba is in Lusaka gearresteer omdat hy pres. Lungu daarvan beskuldig het dat hy te veel drink en onbekwaam vir sy pos is. Fumba, ook
Onafhanklike kragprodusente aangemoedig
Private belegging in hernubare energie het R193 miljard bereik, het die minister van Energie aangekondig. Die name van 13 bykomende voorkeurbieërs in die hernubare energieverkrygingsprogram wat onafhanklike kragprodusente aanmoedig om krag te voorsien, is bekendgemaak. Tina Joemat-Pettersson sê die program se bod Venster 4 sal ‘n bykomende 1084MW van elektrisiteit voorsien aan die nasionale netwerk.
Leeukamp sluit, leeu ontsnap uit Karoopark
Die bestuur by die Leeupark noord van Johannesburg het besluit om die leeukamp te sluit waar ‘n Amerikaanse toeris verlede week deur ‘n leeu doodgebyt is. Die 29-jarige Katherine Chappell is deur die leeuwyfie aangeval toe sy foto’s by die Leeupark geneem het terwyl haar motorvenster wawyd oop was. Die bestuurder, Andre La Kock, sê
Sewe verhoorafwagtendes ontsnap
Die polisie in Gauteng is op soek na sewe verhoorafwagtende gevangenes wat Maandagmiddag polisiebeamptes oorval en uit die Lenasia landdroshof ontsnap het. Ses van die sewe mans word van huisbraak en diefstal aangekla terwyl die sewende tereg staan op aanklag van roof met verswarende omstandighede. ‘n Interne ondersoek word deur die polisie ingestel om vas
