Rupert sê gaping tussen ryk en arm sal tot afguns, haat lei

Johann Rupert, een van Suid-Afrika se miljardêrs, sê die gaping tussen ryk en arm is besig om te vergroot en dit sal uiteindelik lei tot “afguns, haat en klassekonflik”.

Hy het rykes gemaan om bewus te wees van die komende probleem wat deur rekenaars en robotte versnel sal word.

Lees verder.

11 thoughts on “Rupert sê gaping tussen ryk en arm sal tot afguns, haat lei”

  1. Rupert, sit jou geld waar jou bek is. gee jou geld vir die armes, maklik om daar bo te staan en af te kyk en dinge te se. jy en jou elite gabbas van die wereld is die probleem.
    Dit is juis julle wat se dat die wereld oorbevolk is, indien jy so dink klim uit.

  2. Ja die kloof word groter en groter – begeer en afguns – dit is die uiteinde daarvan. Die realiteit is dat al gee jy al jou goed weg vir die armes – en jy begin weer met niks dat oor ‘n relatiewe kort periode – sê 5-10 jaar dan is jy weer skatryk en die ander weer brandarm. Dit gaan oor hoe jy met geld werk, oor hoe jy dit wat jy het oppas, oor jy vermoëns, van hoe hard jy werk, oor wie jy is en wie jy ken. Geld is ‘n resultaat van hierdie dinge en DAARIN lê die werklike rykdom. Dit is hoekom ek reken dat die blanke so gehaat is in die land en hoekom daar gepoog word om ons van ondewys in ons taal te ontneem.

  3. Hier het nou alweer die menings van die “Afrikanermiljardêr”, “Dr” Johann Rupert. Soos Witbeer hieronder sê, as Rupert dink die rykes is te ryk, waarom word hy nie n bietjie “armer” nie. So te sê alles omtrent die man is in aanhalingstekens, wat beteken hy is ‘n oorgewig, rykgeërfde phoney. Maar soos die berig sê, “Rupert het die rykes gemaan”. Hulle praat met mekaar oor ons koppe heen! Maar die dag kom dat die volk hulle weer sal inhaal. Hulle wat in elkgeval op die volk se rug ryk geword het.

    1. Rupert haal maar net, so effens gewysig, aan uit die draaiboek wat aan sy pa, Anton, voorsien was en destyds lustig deur Naspers-geeste en NP-politici gekwoteer: Jy kan nie veilig gaan slaap as jou buurman arm is nie (so iets). Feit is dat behalwe vir siesulkes soos die Ruperts, die res van die Afrikanervolk verarm in plakkerskampe sit. Deurdat hulle vir die Ruperts, Naspers en die NP-politici geluister het. Nietemin, soos blykbaar al die kommentators hier vermoed: Die Ruperts voer weer iets in die mou. Wonder hoe dit inskakel by De Klerk se “verset”-toespraak voor die AB se bondsraad? Want Rupert en De Klerk hou nie net ruggespraak nie, hulle hou ook toesprake die een op die ander se makieties, dis twee linkerhande waar die een hand weet wat die ander hand doen.

  4. Hy wil seker nou kyk hoe om geld te maak uit wit plakkerskampe net soos wat hy met die tabak -siekte en verslawings nywerheid , ‘n hospitaal industrie bedryf …
    Die geheim van gewetelose ekonome is om mense siek en gesond te maak as ‘n geratte sindikaat. Floreer op chaos.
    Niks anders as terreur nie,.

Maak 'n opvolg-bydrae