Jimmy Manyi, voorsitter van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming, is gedeeltelik reg wanneer hy sê Suid-Afrika se gebrek aan vaardighede is ’n mite, meen adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka. Sy het dit verlede week in die parlement kwytgeraak.
Die feit dat daar swart gegradueerdes is wat werkloos is, kan toegeskryf word aan die feit dat hulle vaardighede nie altyd ooreenstem met wat die mark wil hê nie. Dan is dit ook waar dat diegene met “tegniese vaardighede” nie altyd oor sogenaamde “sagter” vaardighede beskik nie. Dit maak hulle volgens die adjunkpresident slegte ”spanwerkers” en minder bedrewe as dit byvoorbeeld kom by aanbiedings. Sy meen verder dat daar ook baie swart gegradueerdes is wat in posisies sit wat benede hulle kwalifikasies is. Hierdie swart werknemers bedank uiteindelik en vind werk elders.

Amanda Gouws is een van daardie meeloperintellektuele wat op George Orwell se lys, waaroor Buks van Rensburg