Manyi het vroeër verlede week opslae gemaak toe hy tydens ’n sessie met die parlementêre arbeidskomitee gesê het dat daar genoeg gekwalifiseerde swart werknemers is om vakante poste in die land te vul. Volgens hom word bestaande vaardighede net nie reg aangewend nie en is daar nie ’n gebrek aan vaardighede nie. Hy het ook gesê dat daar weer gekyk moet word na die kwessie van blanke vroue wat bevoordeel word in aanstellings. Volgens hom is “diepgewortelde rassisme” verantwoordelik vir die feit dat soveel blanke vroue in die boonste drie lae van die arbeidsmark aangestel word, want werkgewers wil nie werklose swart gekwalifiseerde persone in diens neem nie. Die “hekwagters“ by meeste Suid-Afrikaanse maatskappye is blank en dit veroorsaak dat transformasie in die arbeidsmark so stadig plaasvind. Volgens Manyi meen hierdie blankes dat hulle oor “meerderwaardige gene“ in vergelyking met swartes beskik.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.