Aan vaardighede skort dit nie!

Image

Mlambo-Ngcuka

Jimmy Manyi, voorsitter van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming, is gedeeltelik reg wanneer hy sê Suid-Afrika se gebrek aan vaardighede is ’n mite, meen adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka. Sy het dit verlede week in die parlement kwytgeraak.

Die feit dat daar swart gegradueerdes is wat werkloos is, kan toegeskryf word aan die feit dat hulle vaardighede nie altyd ooreenstem met wat die mark wil hê nie. Dan is dit ook waar dat diegene met “tegniese vaardighede” nie altyd oor sogenaamde “sagter” vaardighede beskik nie. Dit maak hulle volgens die adjunkpresident slegte ”spanwerkers” en minder bedrewe as dit byvoorbeeld kom by aanbiedings. Sy meen verder dat daar ook baie swart gegradueerdes is wat in posisies sit wat benede hulle kwalifikasies is. Hierdie swart werknemers bedank uiteindelik en vind werk elders.

Manyi het vroeër verlede week opslae gemaak toe hy tydens ’n sessie met die parlementêre arbeidskomitee gesê het dat daar genoeg gekwalifiseerde swart werknemers is om vakante poste in die land te vul. Volgens hom word bestaande vaardighede net nie reg aangewend nie en is daar nie ’n gebrek aan vaardighede nie. Hy het ook gesê dat daar weer gekyk moet word na die kwessie van blanke vroue wat bevoordeel word in aanstellings. Volgens hom is “diepgewortelde rassisme” verantwoordelik vir die feit dat soveel blanke vroue in die boonste drie lae van die arbeidsmark aangestel word, want werkgewers wil nie werklose swart gekwalifiseerde persone in diens neem nie. Die “hekwagters“ by meeste Suid-Afrikaanse maatskappye is blank en dit veroorsaak dat transformasie in die arbeidsmark so stadig plaasvind. Volgens Manyi meen hierdie blankes dat hulle oor “meerderwaardige gene“ in vergelyking met swartes beskik.

Volgens Manyi is die rol van swart werknemers in die plaaslike ekonomie beperk tot seremoniële rolle en pogings van maatskappye om hulle uit te stal as teken van hul verbintenis tot transformasie. Beheer oor die ekonomie is steeds in blanke hande. Swart werknemers word verder dikwels vir kursusse gestuur wat hulle permanent “in opleiding“ hou en hulle sodoende van normale loopbaanvordering weerhou. Manyi wil voorts hê dat boetes verhoog moet word vir maatskappye wat nie gelyke indiensneming toepas nie. Hy het voorgestel dat boetes tot 10% van maatskappye se omset verhoog behoort te word.

от кровоточивости десенДанильченко Юрий Брониславович