Die dood van Insig

Na aanleiding van Dan Roodt se stuk, Is die Afrikaner steeds koning? merk ek ook die volgende propagandatruuk in die Naspersstal op oor die dood van die blad Insig. Hulle probeer hierdie week in een van die media nog die laaste bietjie bloed uit hierdie oorlede glanspropagandablad tap. Die trant van die lykskouing was dan dat Insig van kant gemaak is omdat daar te min intelletuele breine onder die Afrikaner is wat werklik ‘n waardering vir artikels van hoogstaande inhoud het.

Reg van die begin van die publikasie van Insig was dit tog, selfs net met die optel en vinnige deurblaai by ‘n winkelrak, duidelik dat die inhoud van die tydskrif op ‘n taamlike blatante wyse die leser wou laat glo hoe wonderlik die reénboognasie en die huidige politieke orde is. Die meerderheid Afrikaners het tog nooit ingekoop in die twak van die reënboognasie nie.

Kan iemand wat geskool is in die sosiologie aan my die verskynsel verduidelik waarom die persoon wat aan die naakte keiser vertel hoe mooi hy geklee is tydens die proses van die leuen ook vir homself lieg? Of werk dit in die gange van Media24 so dat dit deel van die gepeupel wat daar werk se posbeskrywings is om nie vir hulleself te mag dink nie? Die magte in daardie organisasie moet tog weet dat Insig misluk het omdat  hulle  teikenmark nie die pêremis wat hulle vir ons as vye wil opdien sal eet nie.

Word hulle betaal om vir hulleself te lieg of het hulle nou maar deur die jare die domste neute in die pakkie as joernaliste getrek? Dis nogal wêreldvreemd van sulke dom joernaliste om te glo dat hulle ‘n invloed op mense wat vir hulleself dink kan uitoefen.

КОРТЫ НА МОСФИЛЬМОВСКОЙАлександр Фильчаков Васильевич