Dié ooreenkoms is die vrug van George W. Bush se projek om ontwikkelende lande wat demokrasie aanvaar, ‘n redelike ekonomiese politiek handhaaf en beslis teen korrupsie optree, van hulp te wees.
ANC en sy SAUK wil Afrikaners uittart met ?Tshwane?
IN WEERWIL van volgehoue protes en besware daarteen, volhard die SAUK met sy ge-“tshwane” op die kassie, sowel as oor die radio. Mnr. André Alkema van die GHA (Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans) het reeds 90 000 handtekeninge teen die gebruik van “Tshwane” deur die SAUK ingesamel en sy organisasie het ook R18 000 bewillig vir ’n protesveldtog teen dié uittartende miskenning van die wettige naam Pretoria deur die staatsuitsaaier (sien sy brief hieronder).
Op Erfenisdag 24 September 2007 gaan daar ’n betoging deur die Pretoria bly Pretoria-aksiegroep voor die SAUK plaasvind waartydens die petisie met die 90 000 handtekeninge aan die uitsaaier oorhandig sal word. Hierdie aksie deur Pretoria bly Pretoria verdien die heelhartige steun van elke Afrikaanse organisasie en elke Afrikaner.
Lees verder: ANC en sy SAUK wil Afrikaners uittart met ?Tshwane?
‘Tshwane’: genoeg is genoeg!
ONS HET NOU genoeg gehad van die ANC-SABC se Tshwane-breinspoeling. Dié instansie is daarop uit om die Afrikaner se taal, godsdienssin, kultuur, geskiedenis en morele waardes te probeer vernietig en dit is duidelik te bespeur in hulle uitsendings en veral die Afrikaanse nuus op SABC2.
Teen daardie onreg moet ons in verset kom, nie net met woorde nie, maar ook met dade.
Ons moet ons afkeer duidelik demonstreer en dit is elkeen se plig om dit te doen, anders is ons net so aandadig aan hierdie vergrype.
Ambassadeur beroof
Suid-Afrika se ambassadeur by die Verenigde Nasies (VN), Dumisani Khumalo, is oor die naweek vanaf Jan Smuts-lughawe na ’n huis in Greenside agtervolg, waar hy aangeval en beroof is. Khumalo was in die land om sy kleinseun se verjaarsdagpartytjie by te woon.
Brandende buitebande op die horison
Ek moet bieg, so tussendeur die sirkusvertoning wat die NSA is, kom ’n mens elke nou en dan op die komieklikste idees af. Die lewe is eintlik vol simboliek, en as jy reg ingestel is, sien jy dit oral raak en ek wonder soms of dit altyd blote toeval kan wees.
In ’n nuusberig in Beeld op 4 Julie 2007 lees ek dat die goue hoofweg suid van Johannesburg gesluit is. Die berig lui dat sogenaamde betogers die pad met klippe en brandende buitebande versper het.
Polisie en howe bied SA publiek nie meer beskerming
Alexander Solsjinitsin, Nobelpryswenner van Rusland, beskryf onder meer ’n kommunistiese regering soos volg:
“Die staat verbied ’n burger in sy Strafkode om vuurwapens en ander wapens te besit, maar onderneem nie self om hom te beskerm nie. Die staat oorhandig sy burgers aan die mag van die rowers.”
Hy kon net sowel Suid-Afrika hier beskryf het. Ons moet daaruit finaal besef dat ons geen beskerming van die ANC-regime, die polisie of vanuit die verdraaide regstelsel sal ontvang nie. Daarom moet ons dringend leer om self elke oomblik paraat te wees. Wie dit nie doen nie, sal die prys daarvoor betaal.
Lees verder: Polisie en howe bied SA publiek nie meer beskerming
Boer roar
The voice rolled through the night with the force and timbre of a highveld storm. The crowd listening clearly rejoiced to hear their beloved Afrikaans sung with such passion and power. It was hard to be sure in the flickering light of the candles, but there must have been at least 600 people under the
Praag Nuusbrief
Laai PRAAG se Nuusbrief hier af! Die brief is in PDF-formaat en jy moet oor ‘n PDF-leser beskik om dit te kan lees. ‘ n Gratis program kan direk van Adobe se werf afgelaai word. Teken in om gereeld ‘n nuusbrief te ontvang. интернет магазин детских товаровалександр лобановский супермаркет класс
Die geel sakdoek
“‘Ek sal nooit die prentjie van die tralies en die geel sakdoek vergeet nie,’ sê Elna Boesak, ’n effense mistigheid in haar veelgefotografeerde oë. Haar gedagtes glip terug na Sondae by die Malmesbury-gevangenis – dié dag waarop haar man, Allan Boesak, vir 45 minute kon besoek ontvang …. sy onthou hoe sy vasgestel het sy sel is aan die agterkant van die tronk naby die bloekombos; hoedat sy die volgende Sondag soontoe omgeloop het en soos ’n standbeeld saam met hul jongste, die vier maande oue Andrea, en die sewejarige Sarah-Len daar gaan staan het. Aan haar man het sy gesê om na die buitenste selle te loop met die groot, geel sakdoek wat ’n vriendin vir hom gemaak het … ‘Nou nog is is die beeld in my kop vasgebrand van die geel sakdoek wat hy elke Sondag aan die sel van ’n ander gevangene sou vasmaak waar hy staan en koffiedrink het.’”
Só begin Willemien Brümmer se artikel oor Elna Boesak, wat in vandeesmaand se laaste uitgawe van die tydskrif Insig verskyn. Elegant sit sy op die deftige bank in Lien Botha se foto’s, met ’n rooi rok, duur stewels en ’n versigtig-geoefende glimlag gerig op Pik Botha se dogter. ’n Hedendaagse weergawe van een van die dramatiese figure in die Griekse mitologie, ’n vrou wat immers veertien maande lank in swart geklee gegaan het omdat haar man in die tronk gesit het.
En wat l? in ?n naam?
Dit is vir my merkwaardig dat die idee van Ryk – of Empire – vir ’n lang tyd dormant gelê het. In akademiese kringe was dit slegs die gemarginaliseerde (maar onder hulle die mees hardnekkige) neo-Marxiste en neo-Gramsciane wat die woord geuiter het, as ’n beskrywing van en verklaring vir ongelykheid en ongeregtigheid in die
