17:53:17 Vier mense is in Germiston se Hooggeregshof aan bedrog en korrupsie skuldig bevind en gevonnis. Die SA welsynsagentskap se woordvoerder Paseka Letsatsi sê Rose Kunene, Michael Mokoena, beide van die agentskap se kantoor in Kemptonpark, is op 4 Oktober skuldig bevind en gevonnis.
Suid-Afrikaners kan nie meer hul polisse bekostig
17:27:58 Die tempo waarteen Suid-Afrikaners op hulle lewensversekeringspolisse wanbetaal, het gedurende die laaste ses maande met 260% toegeneem.
Lees verder: Suid-Afrikaners kan nie meer hul polisse bekostig
Spanje se plan met immigrantearbeid
17:31:17 Spanje se nuwe “Plan van vrywillige terugkeer”, wat Maandag in werking tree, maak dit nou moontlik vir wettige immigrante wat hul werk verloor het om hul werkloosheidsvoordele in ‘n enkelbedrag te kry, solank as wat hulle instem om die land te verlaat.
IVP gekant teen ontbinding van Skerpioene
Pogings om twee wetsontwerpe wat die Skerpioene gaan ontbind deur die Nasionale Vergadering te forseer, is 'n duidelike aanduiding van die ANC se misbruik van mag en sy totale verontagsaming van die openbare mening.
ANC staan reg om dissiplin?re stappe toe te pas
Lees verder: ANC staan reg om dissiplin?re stappe toe te pas
Meer voertuie word teruggeneem
Absa neem elke maand 1 350 voertuie van verbruikers terug, wat dit nie langer kan bekostig nie. Marcel de Klerk, senior bestuurder van Absa se voertuig- en batefinansieringsafdeling sê dit is bykans 30% meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Koe?ls vlieg rondom polisie in Kaap
Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ‘n skietgeveg wat tussen hoë offisiere van die Oorlogskamer, ‘n hoogs suksesvolle teenmisdaadeenheid en klaarblyklik korrupte reserviste plaasgevind het. 'n Oorlogskamerhoof is beseer gelaat en een reservis is dood.
Drie gevang n? inbraak in Brooklyn
10:12:26 Drie mans is in Akasia in hegtenis geneem vir die besit van ‘n gesteelde voertuig en huisbraak, het die polisie vandag gesê. 'n Woordvoerder, kaptein Lucas Sithole, het gesê die drie mans, 19, 24 en 32 jaar oud, het na bewering Dinsdagmiddag ingebreek by ‘n huis in Brooklyn.
Zuma bring besoek aan Rice, Bush
09:40:52 Jacob Zuma het Amerika verseker dat alles nog wel is in Afrika se grootste ekonomie ten spyte van onlangse politieke gebeure in die land. Zuma het Condoleezza Rice en president George W Bush by die Withuis ontmoet in sy eerste hoëvlakbesoek sedert hy as leier van die ANC verkies is.
Paartjie beroof toe hulle tuiskom
09:46:47 ‘n Man en vrou is Woensdag deur gewapende rowers aangehou en van geld en juweliersware beroof, het die Gautengse polisie gesê.
