ANC staan reg om dissiplin?re stappe toe te pas

16:45:10 Die ANC gaan dissiplinêre stappe doen teen enige lid wat lyk of hy besig is om te mobiliseer vir die stigting van 'n splinterparty. ANC-woordvoerder Brian Sokutu waarsku in 'n verklaring dat hulle nie gaan toelaat dat hulle strukture op enige plek in die land gebruik gaan word om die organisasie te ondermyn nie.

Sokutu sê die ANC het met die uiterste walging kennis geneem van stygende vlakke van onverdraagsaamheid wat deur die ondersteuners van die "Lekota-George-Shilowa"- groep vertoon word.

Hy het verwys na die voormalige ANC-voorsitter Mosiuoa Lekota, voormalige adjunkminister van verdediging, Mluleki George, en voormalige Gauteng-premier, Mbhazima Shilowa, wat 'n nasionale konvensie organiseer om die moontlikheid van 'n wegbreekparty te bespreek.

Sokutu sê as die verbranding van ANC-vlae in die Vrystaat en elders enigsins 'n aanduiding is, wonder die ANC wat die groep wil bereik deur 'n boodskap van haat en geweld aan potensiële kiesers deur te stuur.

Die ANC sal nie inmeng met die groepe wat 'n veldtog voer vir die konvensie en die stigting van 'n politieke party nie. Sokutu sê die ANC onderskryf  die beginsel van 'n veelpartydemokrasie en sal die vorming van nuwe partye akkommodeer.

Hy sê dit is die kern van dié demokrasie waarvoor baie Suid-Afrikaners gedurende apartheid hulle lewens opgeoffer het.

океанские яхтыданильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae