Vier gevonnis n? toelaebedrog

17:53:17 Vier mense is in Germiston se Hooggeregshof aan bedrog en korrupsie skuldig bevind en gevonnis. Die SA welsynsagentskap se woordvoerder Paseka Letsatsi sê Rose Kunene, Michael Mokoena, beide van die agentskap se kantoor in Kemptonpark, is op 4 Oktober skuldig bevind en gevonnis.

Die ander twee mense, Thembi Mokoena en Mary Ramaese, is op dieselfde dag vir dieselfde oortredings skuldig bevind en gevonnis. Letsatsi sê die twee beamptes was kop in een mus met die ander twee en het die maatskapliketoelaestelsel met R2,5 miljoen ingeloop.

Die geld wat bedoel was om armoede uit te wis, is in Thembi en Ramaese se bankrekenings inbetaal. Hulle het hulleself as ontvangers van maatskaplike toelaes voorgedoen.

Die Skerpioene en die departement het die saak ondersoek nadat 'n informant die aap uit die mou gelaat het. Kunene is 15 jaar tronkstraf opgelê en Michael Mokoena tot 15 en 16 jaar, wat gelyktydig uitgedien sal word.

Themi Mokoena is tot 5 jaar tronkstraf gevonnis, wat vir 5 jaar opgeskort is. Ramaese is 10 jaar tronkstraf opgelê.

Letsatsi sê die Batebeslagleggingseenheid het opdragte van die hof verkry om die besittings van die bedrieërs te konfiskeer.

вагонка для баниОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae