Inspekteur Yakub Rasool het gesê die twee is na hulle huis gevolg teen ongeveer 02:30 vanoggend, en is by hulle huis deur die bende aangehou.
‘n Groot bedrag geld, asook juweliersware, is gesteel waarna die mans gevlug het. Daar is geen beserings aangemeld nie.

09:46:47 ‘n Man en vrou is Woensdag deur gewapende rowers aangehou en van geld en juweliersware beroof, het die Gautengse polisie gesê.