Blair voer oorlog glo vir sy eie sak

Tony Blair, eertydse Britse premier, is twee jaar lank al in ‘n stryd gewikkel om sy geheime olie-ooreenkoms ‘n geheim te probeer hou.

Blair het ‘n uiters lukratiewe sake-ooreenkoms met ‘n multinasionale oliereus gesluit met uitgebreide belange in Irak.

Die voormalige Arbeidersregeringleier het probeer om sy ooreenkoms met die UI Energy Corporation van Suid-Korea, waarmee hy intussen sowat R220 miljoen verdien het, nie te laat uitlek nie deur oproepe van ‘n regeringswaghond te ignoreer.

Hy het ook gepoog om ‘n ooreenkoms met Koeweit waarin hy as adviseur vir die koninklike gesin opgetree het en ongeveer R11 miljoen ontvang het, uit die nuus te hou.

Blair se geldmakery het nou op die lappe gekom nadat die komitee wat sake oorsien, die Advisory Committee on Business Appointments geduld met hom verloor het.

Die voormalige eerste minister misbruik kennelik sy rol as Westerse gesant in die Midde-Ooste vir sy eie gewin, word beweer.

Kenners wat oor Blair se sakebelange spekuleer, meen dit is slegs die puntjie van die ysberg, Hy het glo sy reuse inkomste wat hy uit allerlei verdien, goed verskans met skadumaatskappye en vennootskappe.

Sodoende kon hy tot op hede verhoed dat die volle prentjie van sy rykdom openbaar gemaak word.

Kritici wys ook daarop dat ‘n groot deel van sy inkomste uit die VSA en die Midde-Ooste kom. Dit is ‘n duidelike bewys dat Blair gebaat het by die Amerikaanse inval in Irak en sy “noue bande” met George Bush.

‘n Britse parlementslid het Donderdag gesê, die kwessie “lyk nie net sleg nie, dit stink”.

“Dit blyk dat die voormalige premier van Brittanje op die betaalstaat van ‘n baie groot buitelandse oliemaatskappy is en ons word in die duister gehou daaroor,” het hy gesê.

Nog ‘n parlementslid het uitgewys dat Blair “te koop” is.

Die Suid-Koreaanse UI Energy is een van die grootste investeerders in Irak se olieryke en semi-outonome Koerdistan.

Blair wou nie Donderdag kommentaar lewer oor die aangeleentheid nie.

online slots no deposit bonusЛобановский

Zuma bring besoek aan Rice, Bush

Image

Condoleezza Rice

09:40:52 Jacob Zuma het Amerika verseker dat alles nog wel is in Afrika se grootste ekonomie ten spyte van onlangse politieke gebeure in die land. Zuma het Condoleezza Rice en president George W Bush by die Withuis ontmoet in sy eerste hoëvlakbesoek sedert hy as leier van die ANC verkies is.

Sy doel met die besoek was om handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA uit te bou. Zuma sê nie genoeg is in die verlede gedoen om beleggings uit die VSA aan te moedig nie.

Rice het die belang van die Dohasamesprekinge beklemtoon en gesê Suid-Afrika sal daarby baat. Sy het die hoop uitgespreek dat 'n handelsooreenkoms dalk bereik mag word voordat president Bush uittree.

Beleggers is bekommerd dat 'n Zuma-presidentskap mag lei tot ekonomiese onstabiliteit vanweë druk van vakbonde. Dié vrese het toegeneem nadat die ANC, Cosatu en die SAKP oor die naweek 'n bloudruk onthul het wat armoede gaan aanspreek. Die plan vra vir groter regeringsinmenging in die sakesektor.

In 'n toespraak wat voor die Council on Foreign Relations in Washington gehou is, het Zuma herhaaldelik benadruk dat die ANC 'n demokratiese organisasie is wat kollektief besluit en 'n beduidende rol speel om die stabiliteit van die land se instellings te verseker.

Hy het sy gehoor verseker dat daar geen rede tot paniek is nie. Hy het bygevoeg dat hy nie beleid eiehandig kan verander nie omdat hy nie die gesag het om dit te doen nie. Dit is in die hande van die ANC, het hy gesê.

Zuma het sy kommer uitgespreek oor die stand van die wêreldekonomie en die VSA gevra om meer in Suid-Afrika te belê.

free no depositФильчаков Александр Васильевич