‘n Wit BMW en elektriese goedere is gesteel in die rooftog.
Die voertuig is later deur middel van ‘n opspoorsisteem in Akasia gevind. ‘n Helikoptereenheid het die voertuig raakgesien, waarna die drie uit die voertuig gespring het en dit daar gelaat het. Twee van die drie het in ‘n taxi geklim, maar die voertuig is voorgekeer en hulle is gearresteer. Die ander een is gevind waar hy naby die BMW weggekruip het.
Die gesteelde goedere is nie gevind nie, maar leidrade word opgevolg. Die drie behoort Donderdag in die Pretoria-Noord-landdroshof te verskyn, het Sithole gesê.
