Koe?ls vlieg rondom polisie in Kaap

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ‘n skietgeveg wat tussen hoë offisiere van die Oorlogskamer, ‘n hoogs suksesvolle teenmisdaadeenheid en klaarblyklik korrupte reserviste plaasgevind het. 'n Oorlogskamerhoof is beseer gelaat en een reservis is dood.

 

‘n Polisielid het gesê dat was soos iets uit ‘n film uit, met ten minste 50 koeëldoppies wat daar rondgelê het.

‘n Kaapse koerant is gevra om nie die identiteit van die gewonde Oorlogskamerhoof bekend te maak nie, uit vrees vir sy veiligheid.

Daar word ook geglo dat een van die twee adjunkprovinsialepolisiekommissarisse teenwoordig was en dat hy moet vlug vir sy lewe.

Senior polisielede het laat blyk dat die reservis, Bulelani Ndita, wat in die voorval dood is, die skietgeveg begin het. Die Oorlogskamerhoof, wat onlangs in sy pos aangestel is, is in die maag en al twee bene gewond. ‘n Reserviskonstabel wat by die Philippi Oos-stasie werk is in die been geskiet.

Na bewering het die konstabel die Oorlogskamerhoof se lewe gered deur hom in ‘n veilige plek in te sleep, aangesien hy (die hoof) nie sy koeëlvaste drag aangehad het nie.

Die provinsiale polisiewoorvoerder, inspekteur Bernadine Steyn, het in ‘n verklaring gesê dat die twee lede Sondag gewond is gedurende ‘n roetineondersoekaksie in Philippi. Die offisiere het ‘n rooi Mazda gesien en toe hulle nader gegaan het ,is daar op hulle geskiet, wat twee lede gewond en een dood gelaat het.

Polisieoffisiere het egter die ander besonderhede ingevul.

Die nuwe Oorlogskamerhoof het ‘n wenk ontvang oor die rooi Mazda van  die misdaadintelligensie-eenheid, waarna hy vinnig ‘n span van omtrent 10 speurders van die georganiseerdemisdaadeenheid bymekaargemaak het.

Die span is na Philippi in ‘n ongemerkte voertuig, waar die Mazda deur insittendes in ‘n ander voertuig uitgewys is. Daar is ook gesê dat die Mazda se insittendes verdagtes was in ‘n gewapenderoofsaak en dat die polisie in die motor outomatiese wapens sou vind.

Toe die span die Mazda nader het die insittendes in die ander motor verbygery en op die spanlede geskiet.

Die georganiseerdemisdaadspan se lede het teruggeskiet, en daar word geglo dat die insittendes van die ander motor polisiereserviste was wat op die georganiseerdemisdaadeenheid se mense geskiet het.

Die bron het wel bygevoeg dat aangesien niemand uniforms aangehad het nie, daar heelwat verwarring kon wees.

Die bron is meer van mening dat dit ‘n lokval was wat vir die manne van die georganiseerde misdaad eenheid gestel was, en dat die reserviste wat later in die ander motor gevind is, korrup was.           

Provinsiale polisie het Dinsdag bevestig dat ‘n ondersoek aan die gang is, wat onder andere moet bepaal of die korrekte prosedure gevolg is, insluitende die dra van koeëlvaste baadjies.

Superintendent Billy Jones het bevestig dat ‘n 18-jarige man in die Mazda gevang is en dat hy Woensdag in die landdroshof op Athlone sal verskyn. Op die toneel is ‘n Uzi-masjienpistool gevind, asook ‘n .38 special-rewolwer.

Die nuwe Oorlogskamerhoof is oorspronklik van die Paarl af en het vir twee agtereenvolgende jare die toekenning vir die bevelvoerder van die jaar gekry.

Hy het onlangs direkteur Robbie Robberts vervang, nadat Robberts as deel van die herstruktureringsplan verplaas is. 

методы пломбирования корневых каналовлобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae