Meer voertuie word teruggeneem

ImageAbsa neem elke maand 1 350 voertuie van verbruikers terug, wat dit nie langer kan bekostig nie. Marcel de Klerk, senior bestuurder van Absa se voertuig- en batefinansieringsafdeling sê dit is bykans 30% meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Ongeveer 80% van die voertuie val in die R120 000 tot R130 000–kategorie terwyl voertuie wat teruggeneem word, gemiddeld R80 000 in waarde beloop. De Klerk sê die waarde van voertuie wat maandeliks teruggeneem word, is moontlik soveel as R560 miljoen.

Ongeveer 30 000 voertuie word elke maand in Suid-Afrika verkoop. Voertuie wat teruggeneem word, verloor 'n verdere 35% in waarde.  In die huidige marktoestande verloor die motorindustrie en banke baie geld. 

De Klerk sê die bepalings van die Wet op Nasionale Krediet maak dinge ook nie makliker nie. Die wet bepaal dat voertuie nou oor 'n periode van 72 maande afbetaal kan word, in stede van die vorige 54 maande. Mense koop duurder motors as wat hulle kan bekostig en ná 72 maande sit hulle met 'n enorme finale paaiement wat meer is as wat die motor werd is.

Duurder motors beteken ook dat verbruikers meer vir dienste en versekering moet betaal. Dit word gevolglik vir eienaars onmoontlik om ná twee jaar hulle motors vir nuwer modelle in te ruil. De Klerk sê daar is 'n duidelike verhouding tussen paaiement-terme en slegte skuld.

Die goeie nuus is egter dat die agterstallige vlakke ,moontlik vanweë hoër rentekoerse, gestabiliseer het. Die wet bepaal ook dat deposito's op voertuie nie nodig is nie.

De Klerk is van mening dat jongmense, laerinkomstehuishoudings en eerstekeer-kopers die swaarste deur die Kredietwet getref word.

Sy raad is dat voornemende kopers nie die 72-maande termyn moet kies nie maar liewer goedkoper motors koop. Hy sê verbruikers kies in meer as 50% van Absa voertuigtransaksies die 72-maande-opsie.

Dieselfde persentasie kopers verkies ook om nie 'n deposito te betaal nie en 30 % van alle kopers eindig met 'n enorme paaiement ná die 72-maandeperiode.

дитячий велосипед львівЛобановский