‘n Navorser van die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing, Ben Roberts, het bevind dat openbare vertroue in 2007 ‘n laagtepunt onder die bevolking van Suid-Afrika bereik het.
Oorlog in Suider-Afrika?
Die nuus dat Sjinese, Britse en Australiese troepe rondom ons land opgemerk is, is sekerlik geen verrassing nie. Die graad van onstabiliteit wat daar tans in Zimbabwe heers het lankal reeds ’n toestand geskep wat tot oorlog kan lei.Buitelandse magte in Suider-Afrika
Volgens ‘n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Militêre Intelligensie, word militêre magte van Sjina, Brittanje en Australië tans in buurlande ontplooi. Ook Suid-Afrikaanse magte by Lohatla in die Noord-Kaap is op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas en met skerppuntammunisie toegerus.
Belgiese bank betrek by wapens vir ou Suid-Afrika
Die Belgiese bank KBC word in hofstukke genoem as tussenganger vir wapens wat aan Suid-Afrika voor 1994 verskaf is. In dié tyd het die VN ‘n wapenverbod teenoor Suid-Afrika gehandhaaf, maar wat deur verskeie lande verontagsaam is.
Lees verder: Belgiese bank betrek by wapens vir ou Suid-Afrika
Suid-Afrika se kindersterftesyfer styg
Sedert 1990 het Suid-Afrika se kindersterftesyfer gestyg en die land bevind hom nou in dieselfde kategorie as Somalië, Soedan en Zimbabwe.
Cosatu wil vandag teen ho? kospryse betoog
Die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakverbonde, Cosatu, het aangedui dat hulle vandag meer as 5 000 mense wat teen hoër voedselpryse gekant is, in ‘n optog in Johannesburg verwag.
Switserse bank skryf R300 miljard af
Taxibestuurder voor voertuig ingestoot
‘n Taxibestuurder is gister ernstig beseer in ‘n padwoedevoorval in Menlyn toe twee mans hom voor ‘n aankomende voertuig ingestoot het.
