NamPower-verbruikers stem per SMS

NamPower het verbuikers gevra om per SMS aan te dui of hulle meer wil betaal vir elektrisiteit of minder krag wil ontvang.
Die land, wat die meeste van sy elektrisiteit van Suid-Afrika af aankoop, sukkel as gevolg van kragtekorte.

Die Elektrisiteitsraad het ‘n meningspeiling gedoen waarin Namibiërs gevra is om te stem oor die aangeleentheid.

Sowat 6 683 geldige inskrywings is ontvang en 65,3% het vir hoër tariewe gestem terwyl 34,7% vir minder krag gestem het. Pryse sal nou aangepas word met 18,3% gegrond op die SMS-uitslag.

In Namibië het 750 000 mense toegang tot selfone. Die land het 2 miljoen inwoners.

africatopcargo отзывы сотрудников