Leon Lemmer: Oor ‘vryheidsvegters’ en eksistensialisme (Deel 2)

Claude Lanzmann

Claude Lanzmann (gebore in 1925) is die laaste oorlewende getuie van die binnewerking van die Franse eksistensialisme na die Tweede Wêreldoorlog. Hy was deel van die vriende- en werkkring van Sartre en Simone de Beauvoir (1908-1986), Sartre se lewenslange vennoot/metgesel. Lanzmann het ook vir Maurice Merleau-Ponty (1908-1961) en Albert Camus geken. Camus het op die buiterante van die eksistensialisme beweeg. Hy wou graag in Parys ‘n verligte intellektueel wees maar het dit bitter moeilik in die oorverligte geselskap van Sartre en Beauvoir gevind. Camus is in Algerië gebore en het daar opgegroei en was bekommerd oor die veiligheid van sy ma, wat in Algiers bly woon het. Sy novelle, Die pes/The plague (1947), kan as ‘n allegorie gelees word van die verpesting wat die FLN in Algerië en die ANC in Suid-Afrika was en is. “We all were up against the wall that plague had built around us, and in its lethal shadow we must work out our salvation” (The collected fiction of Albert Camus, London: Hamish Hamilton, 1962, p 200).

Lees ook: Oor ‘vryheidsvegters’ en eksistensialisme (Deel 1)

Claude Lanzmann, Simone de Beauvoir en Jeal-Paul Sartre in Egipte

Lanzmann het ook vir Gilles Deleuze (1925-1995), ‘n nie-eksistensialis, goed geken omdat hy, soos Sartre, met Lanzmann se suster, die aktrise Évelyne Rey (1930-1966), deurmekaar was. Lanzmann (outobiografie hier onder, Kindle 5216) en sy suster (2541) het Algerynse FLN-terroriste in hulle wonings gehuisves, insluitende Ahmed Taleb Ibrahimi (gebore in 1932), wat ‘n minister in die eerste Algerynse regering ná onafhanklikheid was (2586, 5216).

Lanzmann en Beauvoir het sewe jaar lank (1952-1959) soos man en vrou saamgewoon. “I am the only man with whom Simone de Beauvoir lived a quasi-marital existence” (3602). Terselfdertyd het Lanzmann deurlopend ‘n goeie verhouding met Sartre gehad. Lanzmann het later drie keer getrou, maar dit het hom nie van hierdie eksistensialistiese binnekring vervreem nie. Lanzmann het ‘n leidende aandeel in die begrafnisreëlings van sowel Sartre as Beauvoir gehad. Na Sartre se dood het hy die hoofredakteur geword van die tydskrif, Les Temps Modernes, wat in 1945 deur Sartre tot stand gebring is.

Lanzmann het in 2009 ‘n boek in Frans gepubliseer, wat in Engels vertaal is, The Patagonian hare: An autobiography (London: Atlantic Books, 2012, 545p; Amazon Kindle $13,67). Die boektitel verwys na ‘n haas wat Lanzmann as bejaarde mens in Patagonië teëgekom het en hom opnuut laat besef het dat hy hier en nou springlewendig is (2725); “Patagonia and I were true together” (7914). Hiermee bevestig Lanzmann sy eksistensialisme; dus die werklikheid van sy bestaan, sy syn, wat vir hom die voorwaarde vir die ervaring van die bestaan van alle dinge en gebeure is. “It has never occurred to me, in all the years I have amassed, to dissociate myself from the present, to say, for example, ‘In my time …’ My time is the time I am living right now and even if I like the world less and less – with good reason – it is mine, absolutely” (7898). “You must understand that I love life madly, love it all the more now that I am close to leaving it” (319). Die volgende sin laat my aan Afrikaners in die nuwe, opgedonderde Suid-Afrika dink: “We may be alive, but we no longer recognize the places of our lives; we are no longer contemporaries in our own present” (2389).

In die voorwerk van die boek word genoem: “This publication was granted a translation subsidy from the Centre National du Livre, French Ministry of Culture” (25). Die Franse regering is klaarblyklik bereid om geld te bewillig ten einde hulle kultuur in ander tale te bevorder. Daarom kan Afrikaanse vertalings van Franse boeke seker ook op sodanige subsidiëring aanspraak maak. Dan Roodt het bv vroeër vanjaar ‘n vertaling van een van Jean-Philippe Toussaint se boeke onder die titel, Die badkamer, gepubliseer waaroor ‘n resensent, Joan Hambidge, liries is (Netwerk24, 1 Mei).

Naas joernalis was Lanzmann ook rolprentregisseur. Sy bekendste rolprent is Shoah (1985), met ‘n tydsduur van 9½ uur, wat oor die Holocaust handel en waaraan hy twaalf jaar gewerk het. Ongelukkig word sy outobiografie met herinneringe hieraan oorlaai. Soos Sartre en Beauvoir het hy kommunistiese neigings. Hulle het (terugskouend in die geval van Lanzmann) die Republikeine tydens die Spaanse Burgeroorlog (1936-1939) teen Francisco Franco (1892-1975) ondersteun en daarna die FLN (Front de Libération Nationale) in Algerië. In 1964 het Sartre die Nobelprys vir Letterkunde geweier omdat hy nie met so ‘n Westerse instelling geassosieer wou wees nie. “He did not want to compromise his independence and … he deplored the [Nobel] committee’s tendency to offer the prize only to Western writers or to anti-Communist émigrés, rather than to revolutionary writers from the developing world” (Sarah Bakewell, bron hier onder, p 277). Na alles wat Sartre gedoen het om bv Algerië se bloedige dekolonisering te bevorder, het hy waaragtig gesê: “I might have accepted the Nobel Peace Prize for what I did to help the Algerian people” (4006); dieselfde prys wat FW de Klerk en Nelson Mandela in 1993 ontvang het; eintlik as beloning en bekroning vir alles wat hulle gedoen het om die ANC aan die bewind te kry.

Lanzmann se Joodsheid slaan oorweldigend oral in die boek deur. Wat van ander mense verwag word, geld nie noodwendig vir Jode nie. “Assimilation is another form of annihilation, a triumph of forgetting” (1428). Jode kan hulle kultuur en godsdiens behou, maar van die blanke Algeryne verwag Lanzmann dat hulle hulle kultuur versaak en met die Moslems assimileer. Soos in Suid-Afrika tydens ons stryd teen die terroriste was daar in Frankryk ‘n veldtog teen konskripsie vir diensplig in die kolonies, bv Algerië, met Lanzmann as een van die leidende figure. Hy het Algerië se onafhanklikheid entoesiasties gevier (5216), maar is spoedig uit sy naïwiteit geskok toe die nuwe regering besluit het om 100 000 troepe na die Midde-Ooste te stuur “to liberate Palestine. For me, it was over: I had thought it was possible to believe both in an independent Algeria and the state of Israel. I was wrong” (5221).

Lanzmann was ontevrede met die volgende reaksie van Sartre op die “massacre of the Israeli athletes in Munich” in 1972: “In this war, the only weapon the Palestinians have is terrorism. It is a terrible weapon, but the oppressed have no other … The principle of terrorism is that one must kill” (5954). Sowel Lanzmann as Sartre het die Moslems in Algerië as vryheidsvegters beskou. Noudat Israeli’s in München afgemaai word, word die geweldenaars terroriste genoem. Lanzmann skryf: “Sartre’s comments are hardly surprising: this was how the Algerian War had been triggered, by an attack on civilians, and though we deplored it, we did not express our indignation at Algerian terrorism, but considered it a response to secular colonial oppression, to institutionalized torture” (5954). Sartre “did support Palestinian terrorism, the taking hostage of the Israeli athletes and their assassination in Munich being but a forerunner to a long series of bloody actions” (5981).

Vir Lanzmann en sy politieke meelopers was Fanon wat die “vredesikoon” Nelson Mandela vir linkses in Suid-Afrika was en is. “The encounter that really shook me, unsettled me, captivated me and that was to have a profound effect on my own life was my meeting with Frantz Fanon” (5024). Nadat hy Sartre se opstel, Réflexions sur la question juive (1946, in Engels: “Anti-Semite and Jew”) gelees het, “Fanon became acutely conscious of being black” (5029). Die afleiding wat gemaak kan word, is dat die swartes, soos die Jode, na bewering slagoffers van diskriminasie en benadeling deur die blankes is. Lanzmann skryf: “Fanon is infinitely more violent and demanding: just as Jews are not the creation of the anti-Semite … so blacks will finally be free of the white masks glued to their skin only through struggle, by becoming the sole authors of their own freedom” (5034). Die titel van Fanon se eerste boek is Black skin, white masks (1952).

Hoe het Fanon sy kennis van psigiatrie misbruik om sy politiek te pas? “By linking mental illness to colonial alienation” (5040). Fanon is in 1956 uit Algerië verban. Lanzmann het Tunisië en Algerië besoek en met lede van die FLN-topstruktuur kennis gemaak. In Tunis het Lanzmann vir Fanon besoek. Oor al hierdie FLN-“vryheidsvegters” is Lanzmann in die wolke. “It was hardly surprising that we idealized these people, that we regarded them as our purity” (5179). Fanon “questioned me about Sartre, about Sartre’s health, and I could sense the affection, the admiration he felt for the man” (5050). Sartre se boek, Critique of dialectical reason (1960), het Fanon grondig beïnvloed. “He talked with … persuasive power … about African unity and brotherhood” (5061). “Fanon saw a generalized armed struggle as the only hope for the emancipation of the African continent groaning beneath the weight of the various colonial powers, and cited Algeria as a model, as the spearhead in a struggle that would have to be ruthless: ‘And in our struggle for liberty,’ he concluded, ‘we should plan actions that will strike at the heart of the imperialists – we will have to act with force and, truth be told, with violence'” (5066). Na die publikasie van Fanon se boek, The wretched of the earth (1961), waaruit ek in deel 1 aangehaal het, “the ANC … were lucidly to choose the path of violence” (5066).

Frantz Fanon

Fanon wou hê Sartre moet die manuskrip van hierdie boek lees en die voorwoord skryf (5098). Sartre “felt he too had to meet Fanon, something unusual for him” (5071). “It was easy for me to persuade Sartre to see Fanon, and it was I who organized their meeting in Rome in 1961 … Beauvoir and I went to meet Fanon at Rome airport; we had booked a room for him at our hotel and the three of us had dinner with Sartre on the first night. At this point something unthinkable, something unheard of happened: Sartre, who spent every morning, every afternoon writing, whatever the circumstances or the weather … who never compromised about his work schedule – he would never deviate from his schedule, nothing justified his not working – now Sartre stopped work for three days to listen to Fanon. Simone de Beauvoir did likewise” (5185). Dit is soos bv Max du Preez aan die blankes voorskryf: Moenie vir swartes die waarheid vertel nie; swyg en luister na wat hulle te sê het.

“Fanon’s words burned like flames. And he was also a gentle man whose delicacy and warmth were contagious … He was persuasive, convincing, it was impossible to raise objections, in the face of his words every objection seemed trivial. It is impossible to object to a prophet’s trance” (5190). Kortom, Fanon was vir hierdie drie Franse soos Nelson Mandela was/is vir baie misleide blankes. “I never saw Sartre as charmed, as captivated by a man” (5200). Oor Sartre se voorwoord by Fanon se boek (kyk deel 1) skryf Lanzmann: “Sartre was much critized for that preface … the call to violence and its glorification ring false, he clearly intended to please Fanon, using formulas such as ‘the patience of the knife’, or others that sound excessive or irresponsible when one reads them today, in the light of all the ‘nights of the long knives’ that still bathe independent Algeria in innocent blood” (5964). Ook in Suid-Afrika het ‘n swart regering nie ‘n einde aan bloedvergieting gebring nie.

Fanon “announced like a visionary that Africa, the Africa of his dreams, would not experience the Middle Ages as Europe had – one could not but be carried along by his words, could only subscribe to his glorious utopian ideal” (5072). “We now know that the real Africa is not the Africa of Fanon’s dreams, that it has not managed to bypass our Middle Ages. The real Africa is Rwanda, the genocide of the Tutsis, it is the Congo, Liberia, Sierra Leone, Darfur and others [Marikana, Coligny]. Horror seems to slowly pervade the whole continent, not sparing Algeria … Once the French had left, the Algerians found themselves hobbled on the inside. Hobbled and lame” (5195).

Sarah Bakewell

‘n Motor kom klaargemaak uit ‘n fabriek. ‘n Mens word egter nie klaargemaak gebore nie. Eksistensialiste leer dat ‘n mens word wat jy is ingevolge die manier waarop jy lewe. Jy is vry om te kies watter soort mens jy wil wees. Van eksistensialiste kan tereg verwag word om ooreenkomstig hulle filosofie te lewe. Maar dit is daarenteen eintlik voor die hand liggend dat mense met verskillende eienskappe, bv talente, gebore word en dat omstandighede ook ‘n groot rol kan speel in wat ‘n mens word, al kan jy ‘n mate van invloed op jou eienskappe (bv intelligensie) en omstandighede (bv die beroep wat jy kies) uitoefen.

Sarah Bakewell (gebore in 1963) het bekendheid verwerf met haar boek, How to live (2011, 400p; Amazon Kindle $12,14), wat oor die Franse skrywer, Michel Montaigne (1533-1592), handel. Onlangs is ‘n boek van haar gepubliseer wat op ‘n verfrissende manier oor die lewe en idees van die prominentste eksistensialiste handel, At the existentialist café:Freedom, being and apricot cocktails (London: Vintage, 2017, 440p, R211; Amazon Kindle $14,46). “I think philosophy becomes more interesting when it is cast into the form of a life” (p 32); “the rich confusion of that person’s real life” (314). Bakewell het voorheen in boekwinkels en biblioteke gewerk en het baie moeite gedoen om eksistensialisme en veral ses eksistensialiste te verstaan.

Naas die Franse wysgere wat ek reeds genoem het, Sartre, Beauvoir, Camus en Mereau-Ponty, skryf sy ook oor die twee bekendste Duitse eksistensialiste, Martin Heidegger (1889-1976) en Karl Jaspers (1883-1969). Dan is daar ook die Deen, Søren Kierkegaard (1813-1855), wat ‘n voorloper van die eksistensialisme was, en die Duitser, Edmund Husserl (1859-1938), wat met sy fenomenologie ‘n wysgerige grondslag of wegspringplank aan die eksistensialiste gebied het. Husserl het gesê dat ons moet dink en handel volgens hoe dinge en gebeure hulle in ons sintuiglike ervaring voordoen: “to see what stands before our eyes” (39). Gras lyk vir ons groen en die lug blou. Hierdie soort direkte ervaring is voldoende om ‘n sinvolle lewe te kan lei. Ons hoef ons nie te verknies oor of die grasspriete werklik (of in hulleself) groen en die lug werklik blou is nie.

Fenomenologie word eksistensialisme wanneer dit die vorm aanneem van “describing lived experience as it presents itself” (34). Geen wonder dat eksistensialiste, soos Sartre en Beauvoir en die semi-eksistensialis Camus, naas wysgerige werke ook fiksie geskryf het nie. Eksistensialiste verwag dat ons ons vrye wil moet gebruik om self sin aan ons lewens te gee. “This life is what we have, and we must make of it what we can” (323). Syn/bestaan en sin/betekenis is van deurslaggewende belang in eksistensialisme. Dit blyk uit die twee vakkundig invloedrykste werke oor die eksistensialisme, Heidegger se Sein und Zeit/Being and time (1927) en Sartre se L’être et le néant/Being and nothingness (1943). ‘n Mens bestaan in tyd wat voortdurend besig is om uit te loop. As jou tyd uitgeloop het, is daar niks, hou jou gewaarwordinge op, is jy vir altyd uitgewis. Die dood “takes away the ability to experience anything at all, ever” (300).

Tydens besoeke aan Amerika is Sartre, Beauvoir en Camus met die Amerikaanse rassevraagstuk, soos ongelykheid, rassediskriminasie en rassisme, gekonfronteer. Dit was voor die groot instroming van swartes in Frankryk. “Many blackAmericans who found themselves in Paris after the war [1939-1945] appreciated the experience of being treated with basic human respect. They were more than respected; they were often idolised, as French youngsters so loved black American music and culture” (171).

Aan die begin van hoofstuk 12, waarin na Sartre se ontmoeting met Fanon verwys word, is daar hierdie sin: “If something is not true in the eyes of the least favoured, says Sartre, then it is not true” (271). Dit is dalk een van die oorspronge van die verderflike standpunt dat wat swartes as die waarheid beskou, die waarheid is. Byvoorbeeld, as swartes dink daar is niks goeds in slawerny, kolonialisme, imperialisme, rassesegregasie en apartheid nie, dat al hierdie verskynsels net sleg is, dan is daardie standpunt glo objektiewe waarheid. Dus, subjektiewe waarheid word tot die status van objektiewe waarheid verhef ten einde diegene wat na bewering benadeel is, as’t ware te vergoed. Myns insiens behoort geen rasionele mens met selfrespek hieroor met Sartre saam te stem nie.

Bakewell het by my as leser die indruk van intelligentheid gewek totdat ek op haar kommentaar op Sartre se pasgenoemde stelling afgekom het: “As an idea, this is astoundingly simple and refreshing. At a stroke, it wipes out the weasely cant indulged in by the advantaged – all those convenient claims that the poor ‘deserve’ their fate, or that the rich are entitled to the disproportionate wealth that accumulates upon them, or that inequality and suffering should be accepted as inevitable parts of life” (271). Alle armes verdien nie noodwendig om arm te wees nie, maar sommige luies en niksdoeners verdien dit wel. Alle rykes verdien nie noodwendig hulle rykdom nie, want daar is baie ryk skelms (bv die Guptas?). Maar dit hoef rykes nie verplig te laat voel om hulle rykdom vrywillig met armes te deel nie. Met allerhande belastings verplig die staat rykes in elk geval om hulle rykdom met armes te deel. In sekere opsigte is ongelykheid en lyding noodwendig deel van die werklikheid en albei word by sowel rykes as armes aangetref.

“From now on … Sartre submits himself joyfully to the alienated, downtrodden, thwarted and excluded. He tries to adopt the gaze of the outsider, turned against the privileged caste” (271). Suksesvolle en ryk mense is nie noodwendig suksesvol en ryk omdat hulle (onbillik) bevoordeel is nie. Hulle kan die aanskyn van bevoordeeldes hê danksy bv hulle talente, toewyding, deursettingsvermoë en doodgewone harde werk. Sukses en rykdom impliseer nie noodwendig die benadeling van ander mense nie. Verder was Sartre graag en lank blind vir die lot van diegene wat deur kommunistiese stelsels benadeel is (272).

Bakewell herhaal wat Lanzmann oor Sartre se ontmoeting met Fanon geskryf het (273-274), maar voeg by dat toe Sartre om 2-uur vm ophou gesels en wou gaan slaap, “Fanon was offended: ‘I don’t like people who hoard their resources'” (274); dus, hy as swarte voel geregtig op wat Sartre as blanke het, selfs Sartre se gedagtes of idees. Die oorverligte Sartre en Beauvoir hou egter niks teen Fanon nie. “Beauvoir recalled Fanon saying in Rome, ‘We have claims on you’ – just the sort of thing they loved to hear” (274); ‘n klassieke geval van ubuntu: blankes gee, swartes ontvang.

“That burning intensity, and the willingness to make demands and to assign guilt if necessary, was what had attracted Beauvoir to Lanzmann. Now it thrilled Sartre too. Perhaps it took them back to their war years: a time when everything mattered. Sartre certainly embraced Fanon’s militant arguments, which in this book [The wretched of the earth] included the notion that anti-imperial revolution must inevitably be violent, not just because violence was effective (though that was one reason) but because it helped the colonised to shake off the paralysis of oppression and forge a new shared identity. Without glorifying violence [?], Fanon considered it essential to political change; he had little sympathy for Gandhi’s idea of non-violent resistance as a source of power” (274).

“In his contribution [preface], Sartre endorsed Fanon’s view so enthusiastically that he outdid the original, shifting the emphasis so as to praise violence for its own sake. Sartre seemed to see the violence of the oppressed as a Nietzschean act of self-creation. Like Fanon, he also contrasted it with the hidden brutality of colonialism. And, as in ‘Black Orpheus’ [an essay by Sartre, 1948], he invited his readers (presumed white) to imagine the gaze of the oppressed turned against them stripping away their bourgeois hypocrisy and revealing them as monsters of greed and self-interest” (274).

“Sartre’s foreword to The wretched of the earth provides a snapshot of what was at once most odious and most admirable about him in these miltant years. His fetishising of violence is shocking, yet there is still something to be admired in his willingness to engage with the predicament of the marginalised and the oppressed in such a radical way. Indeed, Sartre had by now become so used to taking radical stances that he hardly knew any longer how to be moderate” (274-275). “In the case of anti-colonial violence, or violence against whites, Sartre’s own people were implicitly on the receiving end, but this only made him applaud it more. There was satisfaction to be had in reversing viewpoints and picturing himself standing in the gale of someone else’s righteous rage. Beauvoir similarly celebrated news of uprisings against France’s colonising forces around the world, feeling elated about anti-colonial attacks in Indochina in the 1950s” (275).

Die ouderdom bring soms wysheid. Selfs Sartre was aan die einde van sy lewe blykbaar nie meer volstoom onredbaar links nie. Toe hy blind was en nie meer kon skryf nie is ‘n reeks onderhoude met hom in die laaste weke van sy lewe gevoer. Sartre was “unusually apologetic – about his earlier pro-Soviet and Maoist views, about his 1946 book on anti-Semitism … and about his earlier fascination with violence … He admits to being a daydreamer in matters of politics” (309-310).

Leon Lemmer: Oor ‘vryheidsvegters’ en eksistensialisme (Deel 1)

In hierdie rubriek skryf ek in deel 1 oor Frantz Fanon se radikale anti-kolonialisme, eintlik anti-blanke rassisme, en Jean-Paul Sartre se ondersteuning van geweld teen blanke koloniste. In deel 2 is daar Claude Lanzmann se verduideliking van die konteks waarin Sartre se uitlatings plaasgevind het en die perspektief wat Sarah Blakewell hieroor in haar onlangse boek oor eksistentialisme verskaf. Hou in gedagte dat Algerië en Suid-Afrika dié twee lande in Afrika was waar bv die stede, dorpe en plase die aanskyn van Europese beskawing gehad het, danksy die aanwesigheid van ‘n substansiële blanke bevolking.

Frantz Fanon

Frantz Fanon (1925-1961) is in Martinique, ‘n Franse Windward-eiland in die Karibiese See, gebore. Hy is in Frankryk as mediese dokter opgelei en het later in psigiatrie gespesialiseer. Die bevolking van Martinique is oorwegend swart; slegs sowat 5% is blank. Die eiland geniet ‘n groot mate van politieke selfbeskikking. Die relatiewe voorspoed van die inwoners is te danke aan die finansiële ondersteuning wat Frankryk steeds verleen. ‘n Mens kon verwag dat Fanon en die swart bevolking van Martinique hulle parasitiese bevoordeling, danksy blanke welwillendheid, sou waardeer. Die teenoorgestelde is die geval. Ontevredenheid en agitasie is aan die orde van die dag.

Fanon het sy radikale marxistiese politiek nie in Martinique uitgeleef nie, maar eerder onrus in veral Algerië tydens die stryd om onafhanklikheid (1954-1962) aangeblaas. Sy idees het Steve Biko (1946-1977) beïnvloed, asook sogenaamde swart eksistensialiste soos die Amerikaners Richard Wright (1908-1960), wat hom in 1946 in Frankryk gevestig het, en Lewis Gordon (gebore in 1962), wat die besoekende Nelson Mandela-professor aan Rhodes University in Grahamstad is. ‘n Blanke Brit, Nigel Gibson, skryf deesdae graag in Amerika oor diesulkes. Vir hulle almal gaan dit om die interseksionaliteit van swartheid en eksistensialisme. Opvallend is dat nie een van hulle hulle idees onafhanklik van blanke rolmodelle, soos Karl Marx (1818-1883) se kommunisme en Jean-Paul Sartre (1905-1980) se eksistensialisme, kon ontwikkel nie.

Die bekendste boek van Fanon is The wretched of the earth (London: Penguin Books, 2001, 255p) wat in 1961 in Frans en in 1965 in ‘n Engelse vertaling gepubliseer is. Soos die latere vredesikoon, Nelson Mandela (1918-2013), is Fanon behep met die voortreflikheid van geweld; dat dit glo die enigste doeltreffende manier is waarmee koloniale of blanke politieke beheer omvergewerp kan word. Fanon se idees het as inspirasie gedien vir omtrent almal wat in die vorige eeu Suid-Afrikaanse vryheidsvegters/terroriste was. Vir Fanon is ‘n inheemse/”native” swart en ‘n slaaf terwyl ‘n setlaar blank is. ‘n Blanke word ‘n setlaar/uitheemse/vreemdeling genoem al het blankes hulle sedert 1830 oor geslagte op groot skaal in Algerië gevestig.

Let op hoe ondubbelsinnig en radikaal Fanon geweld in die aanhalings hier onder ophemel. In sy jongste boek, As by fire: The end of the South African university (Cape Town: Tafelberg, 2017), noem Jonathan Jansen dat hy inspirasie uit Fanon se woorde geput het (p 79). Ook dat hy as rektor van die Universiteit Vrystaat (UV) hierdie boek van Fanon, asook ‘n anti-koloniale boek van Albert Menni en ‘n soortgelyke een van Aimé Césaire, aan ‘n (swart) studenteleier geleen het (154). Jansen verwys na ‘n artikel van Ritchard Pithouse waarin Pithouse die verregaande bewering maak dat Fanon verkeerd gelees word as beweer word dat Fanon geweld voorgestaan het (79): “It is his [Fanon’s] commitment to reason … and not violence that lies at the heart of his thought” (Mail & Guardian 7.04.2016).

Fanon val met die deur in die huis. Sy hele eerste hoofstuk is tot lof van geweld. “Decolonization is always a violent phenomenon … the proof of success lies in a whole social structure being changed from the bottom up … Decolonization … is … a programme of complete disorder” (p 27). “A murderous and decisive struggle … can only triumph if we use all means to turn the scale, including, of course, that of violence” (28). “The native … at the moment he realizes his humanity … he begins to sharpen the weapons with which he will secure its victory … when the native hears a speech about Western culture he pulls out his knife” (33). “The native’s muscular tension finds outlet regularly in bloodthirsty explosions” (42). “The peasants … are revolutionary, for they have nothing to lose and everything to gain … only violence pays” (47). “Colonialism only loosens its hold when the knife is at its throat … colonialism … is violence in its natural state, and it will only yield when confronted with greater violence” (48).

“This impatient violence of the masses is the most efficient means of defending their own interests” (49). “Between oppressors and oppressed everything can be solved by force” (56). “It is the intuition of the colonized masses that their liberation must, and can only, be achieved by force” (57). “The existence of an armed struggle shows that the people are decided to trust to violent methods only” (66). “For the native, this violence represents the absolute line of action. The militant is also a man who works … To work means to work for the death of the settler” (67). “The native’s work is to imagine all possible methods for destroying the settler … For the native, life can only spring up again out of the rotting corpse of the settler … each individual forms a violent link in the great chain, a part of the great organism of violence … the building-up of the nation, is helped on by the existence of this cement which has been mixed with blood and anger” (73-74).

“Violence is a cleansing force. It frees the native from his inferiority complex and from his despair and inaction; it makes him fearless and restores his self-respect … Illuminated by violence, the consciousness of the people rebels against any pacification” (74). “The mass of the country people have never ceased to think of the problem of their liberation except in terms of violence, in terms of taking back the land from the foreigners” (101). “The settler owes the fact of his very existence, that is to say his property, to the colonial system” (28). “For a colonized people the most essential value, because the most concrete, is first and foremost the land” (34). “The native … is most acutely aware of all the things he does not possess. The masses by a sort of (if we may say so) childlike process of reasoning convince themselves that they have been robbed of all these things” (58).

“All resources should be pooled” (38). “Nationalization quite simply means the transfer into native hands of those unfair advantages which are a legacy of the colonial period” (122). Na bewering plunder die setlaar die land: “the history of colonization [is] the history of pillage” (40). “What they [the natives] demand is not the settler’s position or status, but the settler’s place. The immense majority of natives want the settler’s farm. For them, there is no question of entering into competition with the settler. They want to take his place” (47). “The farmers isolated on their land, are the first to become alarmed” (56) – soos in Suid-Afrika.

“European opulance is literally scandalous, for it has been founded on slavery, it has been nourished with the blood of slaves and it comes directly from the soil and from the subsoil of that under-developed world. The well-being and the progress of Europe have been built up with the sweat and the dead bodies of Negroes, Arabs, Indians and the yellow races” (76). “What counts today … is the need for a redistribution of wealth” (78). “Deportations, massacres, forced labour and slavery have been the main methods used by capitalism to increase its wealth … and to establish its power” (80). “The wealth of the imperial countries is our wealth too … Europe is literally the creation of the Third World. The wealth which smothers her is that which was stolen from the under-developed peoples” (81). “The settler was singularly forgetful of the fact that he was growing rich through the death-throes of the slave” (156). ‘n Mens vra jou af: As die Derde Wêreld, die onderontwikkelde lande, werklik Europa geskep het, waarom slaag die meeste sulke lande, bv in Afrika sedert onafhanklikheid ‘n halfeeu en meer gelede, nie daarin om dieselfde welvaart as Europa te ervaar nie?

Die blanke bewind in Suid-Afrika is na 1910 deur “progressiewe” aktiviste as die voortsetting van kolonialisme beskou. Soos oor apartheid beweer is, verkondig Fanon dat kolonialisme swartes verontmenslik; van hulle diere maak. “Decolonization is the veritable creation of new men” (28). “The oppressor … dehumanizes the native … turns him into an animal” (32). “Decolonization unifies … people by the radical decision to remove from it its heterogeneity, and by unifying it on a national, sometimes a racial basis” (35) – soos in Suid-Afrika. “Individualism is the first to disappear;” iedere swarte word ‘n “brother, sister” (36). “In Africa, the movement of men and culture is a movement towards the Negro-African culture or the Arab-Moslem culture. It is not specifically towards a national culture” (175). Dit is waarom die ANC-regering geneig is om voorkeur aan Afrika bo Suid-Afrika se belange te gee. “No one can truly wish for the spread of African culture if he does not give practical support to the creation of the conditions necessary to the existence of that culture; in other words, to the liberation of the whole continent” (189).

“The good [for natives] is quite simply that which is evil for ‘them’ … the settler never ceases to be the enemy, the opponent, the foe that must be overthrown” (39). “Centuries will be needed to humanize this world which has been forced down to animal level by imperial powers” (79). Soos daar deesdae in Suid-Afrika die neiging is om apartheid, dus die blankes, die skuld te gee vir alles wat verkeerd is, doen Fanon dit met verwysing na kolonialisme: “The Algerian’s criminality … [is] the direct product of the colonial situation” (250).

Fanon raak soms dinge kwyt wat die waarheid kan wees. Oor die “setlaar”/blanke skryf hy: “The streets of his town are clean and even, with no holes or stones. The settler’s town … is always full of good things” (30). “The native … is the corrosive element, destroying all that comes near him” (32). “The masses may destroy everything” (48). “The settler, from the moment that the colonial context disappears, has no longer any interest in remaining or in coexisting” (35). “In under-developed countries a small dose of dictatorship is needed” (94). “A dictatorship of civil servants … quickly showed themselves incapable of thinking in terms of the nation as a whole. These civil servants very soon began to sabotage the national economy and throw its structure out of joint” (145); bekend as bv rommelstatus.

“After a few years, the break-up of the party [for instance the ANC] becomes obvious” (137). “The party is becoming a means of private advancement. There exists inside the new regime, however, an inequality in the acquisition of wealth and in monopolization. Some have a double source of income and demonstrate that they are specialized in opportunism. Privileges multiply and corruption triumphs, while morality declines … scandals are numerous, ministers grow rich, their wives doll themselves up, the members of parliament feather their nests and there is not a soul down to the simple policeman or the customs officer who does not join in the great procession of corruption” (138).

“In under-derveloped countries … no true bourgeoisie exists; there is only a sort of little greedy caste … This get-rich-quick middle class shows itself incapable of great ideas or of inventiveness” (141). “The whole of the ruling class swarms into the towns built by colonialism” (143). “The youth of Africa ought not to be sent to sports stadiums but into the fields and into the schools … The African politician should not be preoccupied with turning out sportsmen, but with turning out fully conscious men, who play games as well … We ought to uplift the people; we must develop their brains, fill them with ideas, change them and make them into human beings” (158-159).

“The native’s laziness is the conscious sabotage of the colonial machine … the nigger is a great worker … Under the colonial regime … they should not lift their little finger nor in the slightest degree help the oppressor to sink his claws deeper into his prey … the slightest gesture has to be torn out of him. This is a very concrete manifestation of non-cooperation, or at least of minimum cooperation. These observations … could equally be applied to the respect the native has for the oppressor’s laws, to the regular payment of rates and taxes and to the relations which the native has with the colonial system” (237-238). Dit is blykbaar A Porot wat in 1918 en 1939 tot ‘n ander gevolgtrekking gekom het: “The hesitation of the colonist in giving responsibility to the native is not racism nor paternalism, but quite simply a scientific appreciation of the biologically limited possibilities of the native” (244).

“Independence is … an indispensable condition for the existence of men and women who are truly liberated” (250). Dit geld egter net vir die swartes in die nuwe Suid-Afrika; nie vir die blankes nie. “If we want to turn Africa into a new Europe, and America into a new Europe, then let us leave the destiny of our countries to Europeans. They will know how to do it better than the most gifted among us” (254). Dit is die absolute waarheid, maar dit is nie wat Fanon wil hê nie. Hy soek ‘n nie-Europese Afrika-oplossing vir Afrika; ‘n “Africa for the Africans” (62). “We today can do everything, so long as we do not imitate Europe, so long as we are not obsessed by the desire to catch up with Europe” (251-252). “Let us decide not to imitate Europe; let us combine our muscles and our brains in a new direction … the sickness and the inhumanity of Europe have grown to appalling dimensions” (252).

Afrikanisering veroorsaak die ontheemding van blankes in die nuwe Suid-Afrika. Soos Charles de Gaulle (1890-1970) die blanke Algeryne in 1962 vir die wolwe gegooi het, het FW de Klerk in 1994 dieselfde met die blankes in Suid-Afrika gedoen; met dié groot verskil dat veral die Afrikaners geen koloniale moederland het waarheen hulle kon vlug nie.

Jean-Paul Sartre

Jean-Paul Sartre, wie se idees seker in groter mate as enige ander eksistensialis by die publiek bekend is, het die voorwoord by Fanon se boek geskryf. ‘n Mens kon verwag dat hy as blanke Fransman ‘n mate van sensiwiteit vir die belange van mede-blankes en Frankryk sou openbaar; bv dat hy Fanon se buitensporige voorliefde vir geweld ten minste met ‘n beskaafde Westerse aanslag sou bevraagteken. Daar is egter geen sprake hiervan nie. As marxis en selfs Stalinis skaar Sartre hom vierkantig agter die opstandige Moslems (Arabiere en Berbers) in Algerië. Anders as Albert Camus (1913-1960), ‘n gebore Algeryn, gee Sartre nie ‘n flenter om vir die blankes wat sedert 1830 Algerië voortreflik ontwikkel en hulle daar ingeburger het en alles onder ‘n Moslemregering kon verloor nie. Ten spyte daarvan dat Sartre met oorgawe by die Algerynse terroriste gekruip het, het Fanon se weduwee, Josie, sy voorwoord uit die tweede Franse uitgawe gelaat, “because he had … signed a petition supporting Israel” (Lanzmann, bron hier onder, Kindle 5237). In die Engelse vertaling is Sartre se voorwoord egter behou.

Die wysheid om swartes te probeer verwesters kan bevraagteken word, maar kyk hoe formuleer Sartre dit: “The European élite undertook to manufacture a native élite ... they branded them, as with a red-hot iron, with the principles of Western culture … After a short stay in the mother country they were sent home, white-washed. These walking lies had nothing left to say to their brothers” (7). “Everything will be done to wipe out their traditions, to substitute our language for theirs and to destroy their culture without giving them ours” (13). In die kolonies is Sartre ten gunste van “no less than a complete demolishing of all existing structures” (10). “In order to triumph, the national revolution must be socialist … we must achieve revolutionary socialism all together everywhere” (10). Sartre is gekant teen “Western culture, and what is equally to be feared, the withdrawal into the twilight of past African culture” (11), blykbaar omdat Afrikakultuur tradisioneel te gedwee en onderdanig was. “For the only true culture is that of the Revolution; that is to say, it is constantly in the making” (11), wat neerkom op ‘n pleidooi vir Trotskiïstiese permanente revolusie. “The native has only one choice, between servitude or supremacy” (11).

Na watter instinkte by die inboorling verwys die Europeër? “The instincts that urge slaves on to massacre their master? Can he not here recognize his own cruelty turned against himself? In the savagery of these oppressed peasants, does he not find his own settler’s savagery, which they have absorbed through every pore and for which there is no cure?” (14). “You said they understand nothing but violence? Of course; first, the only violence is the settler’s; but soon they will make it their own; that is to say, the same violence is thrown back upon us … they have become men: men because of the settler, who wants to make beasts of burden of them … Hatred, blind hatred which is as yet an abstraction, is their only wealth” (15).

Soos Fanon beskou Sartre die inboorlinge se luiheid as ‘n soort sabotasie. “Others make men of themselves by murdering Europeans” (15). “It is not their violence, it is ours” (16). Geweld is inboorlinge se “last refuge of their humanity … their impulse to murder is the expression of the natives’ collective unconsciousness” (16). Dit is darem ‘n gerieflike posisie om in te wees; dat die inboorlinge so gewelddadig kan wees soos hulle wil, want dit is bloot ‘n spieëlbeeld van die koloniste se gewelddadigheid. Die blankes is daarvolgens die oorsaak van nie-wittes se gewelddadigheid. Gekoloniseerdes gee glo uitdrukking aan hulle menslikheid wanneer hulle gewelddadig is. ‘n Mens kan kwalik ‘n meer absurde standpunt bedink. Maar dieselfde soort redenasie word in Suid-Afrika aangetref: dat apartheid so sleg was dat geen optrede daarteen immoreel kon wees nie.

“There is one duty to be done, one end to achieve: to thrust out colonialism by every means in their power” (18). Fanon “shows clearly that this irrepressible violence is neither sound and fury, nor the resurrection of savage instincts, not even the effect of resentment: it is man re-creating himself … no gentleness can efface the marks of violence; only violence itself can destroy them” (18). “The rebel’s weapon [violence] is the proof of his humanity. For in the first days of the revolt you must kill: to shoot down a European is to kill two birds with one stone, to destroy an oppressor and the man he oppresses at the same time: there remain a dead man, and a free man; the survivor, for the first time, feels a nationalsoil under his foot” (19). “Once the last settler is killed, shipped home or assimilated, the minority breed disappears, to be replaced by socialism” (20). Die blankes wat nie uitgemoor is nie het feitlik almal uit Algerië padgegee en sosialisme, asook ‘n Moslem-teokrasie, is ingevoer, met katastrofiese gevolge. Maar Sartre skryf: “The child of violence, at every moment he draws from it his humanity. We were men at his expense, he makes himself man at ours: a different man; of higher quality” (20).

Soos blankes in die nuwe Suid-Afrika oor bv apartheid moet aanhoor, skryf Sartre: “All of us without exception have profited by colonial exploitation” (22). Die blankes verteenwoordig glo “a racist humanism since the European has only been able to become a man through creating slaves and monsters” (22). Oor die “new men, freed men,” dus die inboorlinge, sê Sartre: “Each of them has every right, and the right to everything” (22-23). Die vraag is: Sou Sartre dit gesê het as sy eie lewe en eiendom op die spel was? “The only chance of our being saved from shipwreck is the very Christian sentiment of guilt” (23).

Dalk is die volgende ‘n toekomsblik van blankes in Frankryk/Europa en Suid-Afrika: “It’s our turn to tread the path, step by step, which leads down to native level. But to become natives, altogether, our soil must be occupied by a formerly colonized people and we must starve of hunger” (25). Dit lyk tans asof dit presies is wat kan gebeur, al beweer/wens Sartre “this won’t happen” (25). Nadat blankes Fanon se boek gelees het “you will be convinced that it would be better for you to be a native at the uttermost depths of his misery than to be a former settler” (25).

Suidpunt: Red Afrikaans, verlos ons van die neerslagtige fiksie!

Van die giftigste resensies sal jy nie tussen die datagrepe van Netwerk24, “Literator”, “LitNet”, “Tydskrif vir Letterkunde” of selfs jou dorpskoerant vind nie. Ook nie die Suid-Afrikaanse Engelse pers nie. Hoe kan iets giftig wees as dit nie van die rede gebruik maak nie? Dit noem ons gekyf. As jy genoeg durf het, of ‘n voyeuristiese sadis is, besoek gerus die Belgiese biblioteekdiens (www.bibliotheek.be) aanlyn, kies ‘n boek en geniet die doodeerlike, nugter resensie. Die webwerf gaan ongelukkig maar saggies met Afrikaanse tekste om, maar klim soms behoorlik met die knuppel onder van die Nederlandse tekste in. Met berekende martelmetodes word rasionaliteit benut om die boeke heeltemal te ontsiel tot ‘n woordekraam van lettertjies en syfertjies – of onsamehangende inkspatsels op papier. Na omtrent een uur van martelvertoning, besef jy gou watter sagte weekdiere die Suid-Afrikaanse akademici is, wat heeltyd middelmatige werke aanprys, vergeleke met die hondsdol helhonde uit die Lae Lande wat alle mooi skeppings voor die voet tot repe verskeur. So het ek geleidelik my boekesmaak aangeleer, aan die voete van die Vlaminge.

Wat ek van www.bibliotheek.be hou is onder meer sy uitwys van byvoorbeeld Deon Meyer se “Feniks”: “Het is geheel in de hedendaagse Engelse traditie geschreven.” Nou toe nou – sou ons akademici dit opgemerk het? Wat mens dan opnuut laat wonder wat “Afrikaanse tradisie” sou beteken…

Maar is sulke uiterstes aan weerskante van die ewenaar werklik opbouend? Van hoeveel Hollanders en Vlaminge weet jy wat die Nobelprys ingepalm het? En van hoeveel werke weet jy wat uit Afrikaans vertaal is?

Soos ek op die internet rondtoer tussen Amazon.com, Goodreads en kommentaar op Facebook, wissel die resensies vanaf ‘n lakonieke “Regtig kak” (verbatim aangehaal by Goodreads oor “Aliens en engele” deur Leon de Villiers ] ), tot ‘n ewe niksseggende “hierdie verhaal was mooi”, tot ‘n breedvoerige, gekunstelde opstel waarin die leser elke fout en voordeel met groot diskresie oordra.

Hoe jy ook al hierdie resensies deurkyk, die kleinste gemene deler van fiksiewerke is “tydmors”. Laat ons nou sommer baie nugter en eerlik met mekaar wees. Want onthou, fiksie bly leuens. Om iemand se tyd te mors moet jy die leuens of ten minste halwe waarhede die moeite werd maak. Meestal gebruik mense fiksie om ‘n onderliggende boodskap oor te dra. Maar met fiksie en esoteriese boeke kan jy ‘n wye Kaapse draai maak om die loodswaar bedrukte persoon in ‘n vlinderligte gees om te tower. Jy kan ‘n woestynlandskap in ‘n paradys verander, ‘n sandbank in ‘n blommeland. Iets positiefs. Iets opbouends. Amper soos ‘n foto van ‘n tropiese tuin, wat jou laat in ‘n rustiger luim.

Wanneer jy ‘n resensie lewer, is jy geregtig om jou lewenservaring en leeservaring uit die verlede te gebruik om ‘n leesboek te benader. Dit is jou opinie. Soos jy meer soortgelyke boeke of genre lees, begin ‘n patroon in jou kop geleidelik gestalte aanneem; dalk hou jy daarvan (soos Sondagmiddagmelktert wat presies om 17:00 met koffie en dieselfde geselskap bedien word), dalk begin die herhalende intrige jou geweldig verveel en irriteer.

Jy kan fokus op wat geskryf word, maar jy kan ook fokus op wat nie eksplisiet in die teks gesê word nie, maar tog herhaaldelik hom afspeel.

Ek is nou vireers klaar met Weerwolfverhale. Ek is uitgekuier. Hoekom? Want ek het die kode ontsyfer. Dis ‘n gejaag na wind. Dit maak nou nie saak of jy “The Abused Werewolf Rescue Group” van Catherine Jinks, “The Wolf Gift” en “The Wolves of Midwinter” deur Anne Rice, die “Changeling”-reeks deur Steve Feasey, “Der Werwolf van Köln” deur Myriane Angelowski, “Die Werwölfe” deur Christoph Hardebusch, ens. lees nie, één ding staan soos ‘n paal bo water. Wanneer die mens eers dier word, of soos diere optree en dink, deur drange gedryf word, kan jy soveel stambome by MyHeritage.com tot by die dae van Adam (vir die kreasionis) of die eerste alge (vir die evolusionis) optrek om die bloedlinie te bepaal, ja, soveel bloedige veldslae tussen weerwolf en vampier/mens aanteken… of soveel mites wat daar omtrent hierdie gedrog ook mag bestaan… die feit bly soos ‘n trop beeste op ‘n Oos-Kaapse pad staan: hul doen en late het absoluut niks opbouend vir die geskiedenis of toekoms beteken nie.

Ek praat ook van mensekarakters wat soos diere en weerwolwe “in die oomblik leef”, nooit dink aan ewige nalatenskap nie, impulsiewe besluite maak, deurbringers is van tyd, geld en bloed, woestaards, nooit van die rede gehoor het nie. En eintlik leef hierdie vervloekte mensdiere maar jaar in en jaar uit soos diere in die wildernis: sonder ‘n doel en sonder ‘n toekoms. Na drie geslagte is hulle vir die geskiedenis vergete. Verskriklik. Hierdie “taal” vind ek ook in “Wolf’s Rain”, die Japannese animasiereeks: ‘n klomp weerwolwe besluit om die mensdom vaarwel te roep, op soek na die paradys. Uit die staanspoor weet jy dit is ‘n mislukte ekspedisie, want niemand weet waar dit is nie. Vir tientalle episodes moet jy maar deursit waar berge, dale, gevegte, vriendskap en vyandskap tydens die swerftog uitgebeeld word. Elkeen van hulle sterf helaas ‘n gewelddadige gruweldood, maar bereik nietemin tog die verlore paradys op die een of ander onverklaarbare metafisiese wyse. Hoe hartroerend ook al – hul impak op aarde was nul. Alles tevergeefs. Die reeks is myns insiens ‘n ramp.

Miskien is die diereryk juis daar om ons ‘n ewige teenbeeld van die mens te skets. Om ons konstant te herinner wat ons nie moet wees nie (sê dit vir die ekobeheptes…). In “Panther in Argyll” deur Lisa Tuttle ontmoet ons ‘n weerluiperdin in die mitiese Skotlandse platteland. Hoewel die hoofkarakter “vry” voel elke keer wanneer sy in die Skotse Hooglande haar menswees agterlaat en van die gebonde menswette weghardloop, weg van die skool, weg van haar voogde, weg van haar ouers wat op die punt staan om te skei, kom sy gou agter hierdie ontvlugting help nie. Jy word net aan ‘n ander stelsel uitgelewer – die Natuurwet. Onder die genadelose Natuurwet is jy voëlvry vir elke boer en jagter om geskiet of besitting te word; jou drange beheer jou onwillekeurig. Jy word uitgelewer aan die oneindige dwingelandystelsel (soos ook in “Die Jagd der Wölfin” deur Annette Bredendick verwoord) van geboorte, gebiedsafbakening, inwendige en uitwendige parasiete, tandbederf en vrot asem, vreet, veg en terugbaklei, emosielose paring, welpies grootmaak en afsterwe – alles volgens klokvaste natuurlike reëlmaat – sonder ‘n enkele werklik beduidende verandering wat jy in jou leeftyd nagelaat het. ‘n Skoolrapport waarop staan: “Hy was hier”. Punt. Behalwe miskien die bessiesaadjies wat jy deur bemesting saai elke keer wanneer jy jou knieë knak. Of die dieregetalle wat jy suksesvol kontroleer het sodra jy dikgevreet van die karkas wegstap. Of self later karkas word. Die ergste is: as dier is jy hoegenaamd nie eens hiervan bewus nie! Miskien vermy ek juis daarom onbewustelik die wildparke en dieretuine: hierdie eksistensialisme wat betref bokke, luiperds en hoenders maak my net neerslagtig. Dit is soos om ‘n gestig te besoek.

Oor ander boeke kan jy ook soortgelyke ontwikkelingleemtes uitvoerig bespreek, soos by die bekroonde “Wonderboom” deur Lien Botha. Die boek, sover ek weet, is geskryf ter voltooiing van haar meestersgraad in skeppende stelwerk (“kreatiewe skryfkuns” proe soos ‘n Anglisisme vir “creative writing”).

Was ek nou hoogs teleurgesteld in hierdie boek! Nee, ek het hierdie boek gelees nog lank voor die adjektiefoorlaaide en uiters vae Commendatio vir die  2016 KykNet-Jan Rabie-Rapportprys , omdat die Wes-Kaapse biblioteekdiens die boek as “wetenskapsfiksie” gekategoriseer het. Allermins! Daar is geen sprake van hoe die wetenskap die intrige beïnvloed nie. Ek besef mens moet elke boek op eie meriete beoordeel, en dit probeer ek ook. Maar wat moet ek maak met ‘n musikantkarakter, Magriet Vos, wat binne ‘n distopiese albinoregering haarself soos ‘n invalide gedra? Sy kla steen en been oor hongerte (en vreet spreeus), sy kla oor haar kêrel, sy mor oor verspeelde kanse, sy kla oor die toestand van die land, sy kla oor die Grensoorlog en die invloed daarvan op haar kinderjare, sy kla oor haar eensaamheid (hel, daar moet seker ‘n rede hiervoor wees?!), sy kla oor Apartheid wat tot hierdie toestande noodwendig aanleiding gegee het, sy kla oor rassisme, sy boemel op ‘n reistog voort na wie weet waar, sy verroer nie ‘n vinger wanneer die reisgeselskap aangeval word nie, en presies soos in “Horrelpoot” en “Wolf-Wolf” (deur Eben Venter) en al die ander distopiese romans eindig die karakter heeltemal met niks – kaalvoet op geboortegrond. As karakter het sy geen ontwikkeling getoon nie; die selfgesentreerde babatjie het nie ‘n snars moeite gedoen om die lewe vir haar medemens in hierdie moeilike omstandighede makliker te maak nie.

Kyk, ek is nie ‘n voorstander van gesinsgeweld nie, maar jy sal my seker nie kwalik neem as ek so taks hierdie prêm met baba en al die afgrond afstoot nie? Dat die gesanik net kan ophou…

Maar wag ‘n bietjie. Kan hierdie boek miskien as ‘n ironiese taai klap in die liberales se gesigte geïnterpreteer word (interpretasies is vry, onthou!), deur die uitbeelding van hul kinderagtige vloermoere wat geen uitwerking het op die werklikheid nie? Indien wel, aanvaar dan onmiddellik my plegtige verskoning, hartlike applous en dank. In daardie geval is hierdie boek voorwaar “’n merkwaardige toevoeging tot ons opbloeiende romanliteratuur in Afrikaans”… om nou Henning Snyman se woorde van LitNet te steel. My 0-ster op GoodReads word ‘n skitterende 5! En KykNET en Rapport het die boek ‘n prys gegee, sê jy? Ek kort Borstol Cough Remedy, ek het nou skoon ‘n hoesbui van die lag.

Maar wat het in die wêreld skeefgeloop dat daar voortdurend na die ondermaanse geneig en daar troosteloos in die modder rondgeploeter word? Kan dit wees omdat ons nie meer pioniers is wat permanent boontoe kyk en ‘n optimistiese gees moet hê ten spyte van die swaar tye nie, maar inderdaad Westerse verbruikers geword het wat veronderstel is om skuldig of ontevrede te voel oor alles? Cyberpunk doen byvoorbeeld presies dieselfde: “high tech, low life” – in wese inderdaad ook distopies. Slaan maar oor. Ook boeke soos “Die ryk van die rawe” eindig waar Ratkas kort na sy hellevaart (wat in ‘n hedonistiese orgie ontaard) in Londen voor die millenniumwending selfmoord pleeg deur in die Teems te spring. Om juis die teendeel te doen wat hy vir ander preek: hy ontduik sy eie verantwoordelikheid. Volgende, asseblief. Ek het nie sulke literatuur nodig nie.

Wanneer ek deur die biblioteek stap, word ek net bedruk soos ek na die klomp prosaïese Afrikaanse titels kyk. Kontreikuns is seker goed (soos landskapskilderye seker ook); bietjie seks herinner jou seker dat jy nog mens is van vlees, bloed, drange en hidroulika; bietjie Grensoorlogverhale herinner wat in die verlede in stof en sand gebeur het; bietjie speurverhale beeld elke misdaad in Suid-Afrika uit… maar… dis net te aards na my sin. Te plat op die aarde. Te banaal. Te selftevrede. Te ek-probeer-die-grootste-hoeveelheid-lesers-betrek-want-die-uitgewers-soek-geld. Te besmetlik. Te veel kommin kroeggrappies. Te gematig. Te gemiddeld. Hoe eksplisiet of ironies hierdie boeke ook al bedoel is – dit voel asof ek ‘n toekomsgerigte ruimteskip beman met ‘n toereteller in die rooi, dit skud, dit ruk, maar dit wil net nie opstyg nie. ‘n Helikopter waarvan die lemme al in die rondte draai en draai en draai, maar net nie van die grond af wil kom nie. Waarom moet ons met sulke neerslagtige, neerdrukkende en nivellerende boeke opgeskeep sit wat oortollige ballas is? Van waar hierdie probleemboeke wat kitsoplossings vir elke liewe sosio-ekonomiese probleem uitbeeld (asof ons nie Google ken nie)? Of beskuldigings links en regs uitdeel? Is hierdie maar net boeke wat simptome behandel? Waarom nie dan meer radikaal (uit Latyn: radix, die wortel) te werk gaan nie?

Party sal die Sestigers verwyt vir die groot skade wat hulle die Afrikaanse letterkunde aangedoen het deur hul politieke en maatskaplike betrokkenheid en die eksperimentering met die marxisme en die eksistensialisme in die Afrikaanse letterkunde. Julien Benda het dit reeds in sy Franse opstel “La trahison des clercs” (1927) gewaarsku: die Franse literatuur is besig om te ontspoor. Toenemende nadruk is in die tekste geplaas op nasionalisme, xenofobie, rassisme, marxisme en militarisme, teenoor die temas wat eintlik behandel moes word: redelikheid, rasionalisme en internasionalisme of die universele gees wat opwaarts gestu word. Hoe om die gees te stig, met ander woorde. Ander, soos Jan Rabie, verwyt in “Buidel” die 1980’ers in die Afrikaanse letterkunde wat hul van die internasionale wêreld weggeskeur het en obsessief met Suider-Afrikaanse (politiese) belange bemoei en “herwaardeer” het. Rabie wat geglo het in die pionierskap van die Afrikaner in die ruimte-eeu (vandaar die etlike wetenskapsfiksie wat hy vertaal en self geskryf het). Rabie wat geglo het: Culture for export is culture no longer (uit: “Buidel” 1989. bl. 68 ). Die vernietigende golf het uiteindelik op die strand van die 1990’s gebreek, maar nog nie teen die 2010’s besluit om terug te trek nie. Nogal jammer.

Ek hoop uit die diepte van my hart daar verskyn binnekort boeke wat hierdie distopiese en “weerwolfromans” (lees: nihilistiese romans!) sal parodieer. Ek hoop om ‘n stralende sterk karakter in daardie verhaal te vind, met matige testosteroonvlakke en harigheid, maar oorgenoeg dryfkrag, wat nie meer ‘n voorspelbare anti-held is nie, maar die spreekwoord “altiora semper” (streef altyd na hoër) of “per aspera ad astra” (deur die moeisame weg na die sterre; deur die nag na die lig), of “Non est ad astra mollis e terris via” (daar is geen gemaklike weg vanaf die aarde na die sterre toe nie) of “noli volentibus arduum” (niks is te moeilik vir hulle wat wil nie) in aller yl in sy bloedrooi habyt wil najaag. En die intrige na nuwe hoogtes voer. Hierdie ster is egter geen blinde doel of gier nie, maar ‘n middel tot ‘n doel. Met genoeg versoekings op sy pad. Moeilike versoekings. Listige versoekings. Mag dit ‘n wolf wees wat nolens volens mens wil word en sy verstandelike en geestelike vermoëns probeer oorskry, maar telkens deur die mens bedrieg word. En ten spyte daarvan tog in sy doel slaag: die wolf word mens, en streef nou na intellektuele bomenslikheid en beskaafdheid. Of verhale wat bo die materiële en stoflike welvaart uitstyg na die geestelike en intellektuele. Of wat van ‘n mens wat kyk hoeveel trappe hy tot bo kan opklim na die sware en ryp sterbehangende hemel? En die sterre van sukses een vir een afpluk? En ‘n paar in die vrugtemandjie oorhou vir ander om verder te benut? Hei, waarom die reistog alleen aanpak? Daarvoor is daar mos maats om jou te help en in die vreugde te deel, dan nie? Kom ons breek tog weg van die voorspelbare individualistiese isolasie en outsiderskap. Dis so 1950’s. 67 jaar te laat. Pioniers het mekaar nodig.

‘n Boek wat myns insiens dit amper-amper regkry is “Loeloeraai”, deur C.J. Langenhoven, in 1923. Hoewel die boek baie vermanend didakties, humanisties-humoristies (“ons sal slegs Eden bereik as ons hand in eie boesem steek”), antroposentries (mensgesentreerd) en opsigtelik sterk nasionalisties gekleur is (veral die reis na die maanparadys wat leierloos aan die kwyn is: neem leiding en beskerm dit wat joune is), was die ruimtewese op besoek, Loeloeraai, ‘n “voorbeeld” hoe die mensdom met bietjie meer verligting kan optree. Hierdie sjarmante heer (met sy beskaafde Franse diplomatiese humorsin) het o.a. oor telekinese beskik en ‘n fyn waarnemings- en beredeneringsvermoë. Loeloeraai versinnebeeld die entelechie, ‘n Aristoteliaanse begrip om na die “einddoel” of “eindproduk” van die mensdom te verwys as die strewe lank genoeg volgehou word – amper soos ‘n rusper wat skoenlapper word. Die hele mensdom baat by die vooruitgang.

Daar was natuurlik boeke soos Paulo Coelho se veelbeduidende Jungiaanse titel, “Die alchemis”, wat hierdie tema egter gekaap het: die skaapwagter wat sy skat (individuasie) gaan soek. Die probleem met hierdie Jungiaans-besielde boeke is die ewe selfgesentreerde as selfsugtige neigings, met dieselfde herhalende Gnostiese leuen: jy moet eers jouself soek en ken, voordat jy van nut tot ander kan wees. Wel, dan gaan jy lank soek… en geen antwoord kry nie: want Carl Jung se werke is ook nie op die rede of logika gegrond nie, hoor. Sterkte, in elk geval.

Net so het Sheila Cussons se spreker in haar digkuns ‘n mistieke eenwording met God gehad (soos etlike monnike en nonne glo al reggekry het), en in die proses van die heerlike omgang haar vingers verbrand as deel van die transformasieproses. Maar wat daarvan – wat het jy nou eintlik daarmee bereik? Nee wat, dit het absoluut niks vir die mense rondom jou gebaat nie. Ek beskou dit as persoonlike verwikkeling, maar geen ontwikkeling nie.

Ek ken ongelukkig te min Frans om die beskeie  Quebecse letterkunde hier te bespreek, behalwe dat ons ook hier met ‘n groep te make het wat lyk my nog pionier-denkend is in hul wetenskapsfiksie/fantasie en hul eie taal en kultuur op hul taaleiland daardeur probeer beskerm; heelwat anders as hul meer dekadente metropoolgenote in Frankryk. Dit mag dalk later tot interessante artikels hier by Praag aanleiding gee. Ons weet eintlik maar min wat in daardie deel van Kanada aangaan.

Die doodnormale sterflinge en pioniers soos ons plant maar saadjies (klein begin, aanhou win), ander mense maak die boomplantjies nat, ander bemes die bome, ander oes die vrugte van die bome vyf dekades of eeue later. Jy sien duidelike, geleidelike vordering; geen beeldestormlope, vloermoere of kamikaze-aanvalle bloot om ‘n niksseggende stelling te maak nie. Dit klink vir my heel billik en redelik genoeg. En die onbetrokke res staan eendag in verwondering en vervoering oor die digte, hemelhoë woud met talle kristalhelder kalm stroompies wat ongesiens op die onvrugbare woestyngrond van weleer aangegroei het. Maar êrens moet mens seker begin met die plantwerk. Konstruktiewe pogings werk nogal aansteeklik.

Karel Combrinck: Ondermaanse manewales

Life’s but a walking shadow, a poor player
That struts and frets his hour upon the stage
And then is heard no more: it is a tale
Told by an idiot, full of sound and fury,
Signifying nothing

  • Skakespeare, Macbeth

Foto hier bo: Ontwerp van ‘n teaterstel vir Samuel Beckett se toneelstuk: Wagtend op Godot.

Loopgraaf tydens die eerste wêreldoorlog
Loopgraaf tydens die eerste wêreldoorlog

‘n Loopgraaf in die EWO. Miljoene mense het letterlik vir jare lank so gelewe. Miljoene het ook nooit weer teruggekom nie. Beelde soos hierdie, tesame met die vernietiging van die kultuurstad, Dresden, die atoombombardemente van Hirosjima en Nagasaki en die napalmaanvalle op die bevolking van Viëtnam is diep gegrafeer in die psige van die moderne mens. Ons kan sekerlik byvoeg die verskroeide-aardeprogram van die Britte gedurende die ABO en die volkeremoord in die konsentrasiekampe. Beskawings wat tot sulke gruweldade instaat is, kan net nie as beskaafd beskou word nie en daarom word die term “beskaafd” op sigself ook betekenisloos .

Wat kan meer absurd wees as mense van dieselfde ras, van dieselfde geloof en van dieselfde kultuur wat mekaar by die miljoene uitroei in rot- en rioolbesmette loopgrawe met kanonne, bomme, bajonette en gifgas sonder dat hulle hoegenaamd weet waarom hulle daar is of omdat hulle dink hulle is daar omdat ‘n halfgek student ‘n Oostenrykse operetteprins in Sarajewo vermoor het? As die mensdom na Nietzsche se verklaring van 1885 nog hoegenaamd in die sin van die lewe kon glo, was dit na hierdie kataklismes bykans nie meer moontlik nie.

In sy rubriek oor die haregedoente van 5 September praat dr Roodt van die “tragikomedie wat as die nuwe Suid-Afrika bekendstaan”. Tragikomies is dit inderdaad, oftewel teater van die absurde.

Dit is nou eenmaal in die aard van die mens dat hy sal vra na die sin van sy bestaan en van die lewe self. Die rakke van biblioteke staan vol bande deur filosowe, digters en ander denkers wat hierdie ewigdurende vraag probeer deurvors.

Die meeste normale mense sal seker die een of ander tyd voel dat hulle lewe geen sin het nie en meer nog, dat die lewe in sy geheel sonder sin is. Hoeveel sin is daar te make uit ‘n wêreld waar mense in die naam van God ‘n bom in ‘n hospitaal gooi of met ‘n vragmotor tussen ‘n massa feesvierendes injaag of waar ‘n twaalfjarige kind homself en ‘n honderdtal ander mense op ‘n bruilof aan flarde skiet? ‘n Gelowige mens sou sekerlik moeite hê om sulke gebeure te verklaar as die Wil van God. Tog is daar “gelowige” Moslems wat dit wel so verklaar, maar dit is Moslems. Die vraag is hoe verklaar óns dit ? Die meeste mense probeer nie om verklarings vir absurditeit te vind nie, maar om bloot so goed as moontlik daarmee saam te leef. (Hulle cope.)

Alledaagse voorbeelde van die absurditeit van ons bestaan is reeds in ‘n vorige stuk (Absurditeit is ons daaglikse brood van 5 Okt 2014) genoem en verskeie van hulle bevat die mengsel van komedie en tragedie wat so kenmerkend is van die teater van die absurde.

Die enkele belangstellendes wat tot hier gelees het, sou miskien kon raai dat die onderwerp van hierdie artikel die teater van die absurde is. Hulle het reg geraai. Dit gaan in hierdie stuk nie om die sinvolheid of andersins van die lewe in die algemeen nie, maar om die teater van die absurde as literêre vorm spesifiek.

Of ‘n mens die lewe sal beskou as sinvol of absurd sal, soos gesê, in ‘n groot mate saamhang met sy algemene lewensbeskouing. Is hy byvoorbeeld gelowig, of inteendeel ‘n ateïs? Vir ‘n gelowige mens om die lewe as sinloos te sien, is ‘n paradoks. Maar baie mense, waarskynlik die oorgrote meerderheid, is geen gelowiges nie, of bewys net lippediens daaraan.

Veral sedert Friedrich Nietzsche se nihilistiese uitsprake van laat in die negentiende eeu worstel skrywers en filosowe onverpoos (en tevergeefs miskien) met die probleem van watter sin gemaak kan word uit ‘n lewe sonder God. En dan, soos in die eerste paragraaf hierbo gestel, selfs gelowige mense vind dit soms moeilik om die wêreld konsekwent uit ‘n gelowige perspektief te verklaar.

Veral in die twintigste eeu was toneelskrywers soos die Ier Samuel Beckett en die Roemeen Eugène Ionesco eksponente van hierdie letterkundige genre as ons dit so kan noem. ‘n Goeie voorbeeld is die teaterstuk Wagtend op Godot van Beckett waarin die hoofkarakters in ‘n kloustrofobiese landskap rondwroeg op soek na iets wat nie bestaan nie. Die titel Wagtend op Godot is al vertolk as sou dit beteken wagtend op God, maar dis onseker.

teatervdabsurde2

Kenmerkend van die teater van die absurde is onder meer die vermenging van komiese en tragiese elemente, satire, oordrywing, karikatuur, die voorstelling van karakters as harlekyne of marionette, die dekonstruksie van logiese of samehangende taalgebruik en van elementêre logika wat soms so ver gaan as ‘n soort nagmerrie. Hoe sou ‘n bestaan sonder sin anders voorgestel kon word as deur onsamehangende dialoog en groteske situasies ? As ons nie wil huil oor die menslike lot nie, kan ons minstens daaroor lag, al is die lag dan ook hoe wrang.

Nou is dit egter nodig om te beklemtoon dat die teater van die absurde nie die gedagte van die sinneloosheid van ons bestaan geskep het nie, maar bloot in woord en handeling gestalte gegee het aan ‘n tydsgees. Dit is tog meesal die geval: die teater skep nie die wêreldorde nie, maar plaas dit bloot in ‘n min of meer konkrete vorm visueel ten toon. Shakespeare stel dit in die teaterstuk Hamlet so: “the purpose of playing whose end, both at the first and now, was and is, to hold as’t were the mirror up to nature”. “Nature” het hier die betekenis van die werklikheid, die natuurlike orde van dinge soos dit is.

Die twintigste-eeuse teater van die absurde is ook nie die eerste literêre verskynsel wat die sinneloosheid van ons bestaan probeer verwoord nie. Koning Lear en sy metgeselle se manewales op die verlate vlakte is ‘n sprekende voorbeeld van die teater van die absurde en so is ook die streke van Miguel Cervantes se Don Quijote, asook van die verspotte karakters van Molière.

Maar die ware bron van die literatuur van die absurde is nie letterkundig van aard nie. Dis die lewe self, die menslike komedie, waarvan die Suid-Afrikaanse samelewing ‘n uitmuntende voorbeeld is.

Ten spyte van die hansworsery is die teater van die absurde wesenlik pessimisties. Leef ons nie almal in pessimistiese tye nie? Almal sal nie saamstem met die nihlistiese onderbou van hierdie kunsvorm nie, maar geen moderne mens kan afsydig staan nie teenoor die doenighede wat op die verhoog voor hom afspeel en wat die verlorenheid van ons moderne wêreld so treffend weerspieël. Vandaar dan ook die vreemde impak van die teater van die absurde op ‘n moderne gehoor .

Die teater van die absurde hou ten nouste verband met die eksistensialisme. ‘n Mens sou kon sê die eksistensialisme verskaf die intellektuele raamwerk vir die teater van die absurde. Laasgenoemde gee visuele gestalte aan die gedagtegang wat eersgenoemde in woorde uitdruk. Daar is wel ook belangrike verskille. Waar die teater van die absurde selfs nie eers probeer om sin aan die wêreld te gee nie, meen die eksistensialis dat hy wel betekenis aan sy bestaan kan gee en die wêreld ‘n beter plek kan maak deur sy eie bemoeienis. Dit is waarom Jean-Paul Sartre gesê het “die eksistensialisme is ‘n humanisme”. Die humanisme trag by uitstek om van die wêreld ‘n “beter” plek te maak.

Vir ‘n duidelike en bondige uiteensetting van die wesenseienskappe van die eksistensialisme lees Leon Lemmer se artikel Selfmisleiding weens valse bewustheid en slegte geloof van 28 Augustus.

Onder die verlorenes en verdwaaldes wat die eksistensiële letterkundige wêreld bevolk, is goeie voorbeelde die karakters Joseph K in Franz Kafka se roman Der Prozesz (Die verhoor) en Meursault in Albert Camus se roman L’Etranger (Die buitestaander wat deur PRAAG uitgegee is.)

Franz Kafka
Franz Kafka

Die naam K lyk baie na ‘n verwysing na die skrywer self. K weet nie waarvan hy aangekla word nie en hy weet ook nie wie hom vervolg nie, miskien ‘n soort gesiglose totalitêre burokrasie. In Die buitestaander, ‘n roman van Albert Camus gaan dit om die amoraliteit van Meursault, ‘n onbetrokke, afsydige, emosioneel neutrale en ongeërgde figuur wat uiteindelik ‘n soort eie waarheid en outentisiteit probeer vind, vry van sosiale voorskrifte en konvensionele moraliteit.

Die roman maak deel uit van ‘n groep van vier werke wat Albert Camus self beskryf het as sy “Siklus van die absurde” en wat ook nog insluit die essay, Die Sisyphusmite en die teaterstukke Caligula en Die misverstand. Die Sisyphusmite gee misien die duidelikste uiteensetting van wat Camus met eksistensialisme bedoel. Sisyphus is ‘n figuur uit die Griekse mitologie wat as straf vir oortredings van sosiale en morele kodes van die tyd, verdoem is om ‘n reuseklip tot in alle ewigheid teen ‘n berg op te rol. Telkens as hy ‘n bietjie vorder, rol die klip net weer terug. Camus beskou Sisyphus as ‘n gelukkige mens wat sy geluk put uit sy volgehoue poging om hierdie doelwit te bereik wat hy uit die staanspoor weet onuitvoerbaar is.

Die teater van die absurde stel ‘n hele versameling kultuurgoedere daar waarvan ‘n ingeligte en denkende mens graag sal wil kennis neem.

Enkele eksistentialiste en skrywers van die absurde:

Martin Heidegger
Karl Jaspers
Søren Kierkegaard
Jean-Paul Sartre
Simone de Beauvoir
Albert Camus
Maurice Merleau-Ponty
Feodor Dostojefski
Samuel Beckett
Eugène Ionesco
Arthur Adamof
Edward Albee
Tom Stoppard
Harold Pinter
Jean Genet