Dan Roodt: Die ‘nie-rassige’ haarontploffing

Die tragikomedie wat as die “nuwe Suid-Afrika” bekenstaan, sorg elke dag vir vermaak. Dit is óf grusaam van aard, in die vorm moord en doodslag, óf dit is klugtige krete van “rassisme” rondom haarreëls vir meisies, byvoorbeeld. Ek verwys hier natuurlik na die debakel by die Pretoria High School for Girls waaroor heelwat ink al gevloei het, onder meer in die Londense Guardian en die Washington Post, twee van die bekendste links-liberale koerante in die Engelssprekende wêreld.

Een van die treffendste oomblikke tydens die Pretoriase drama vir my was toe ‘n horde swart skoolmeisies pouse uit die klaskamers van “Girls High” bars en ongeveer ‘n minuut lank onophoudelik gil: “We are tired, we are tired…!”

Maar waaroor was hulle só moeg? Pretoria Girls is oorspronklik in Paul Kruger se tyd as die Staatsmeisjesschool opgerig, waarna dit deur Milner verengels is. Die skool beskik steeds oor ‘n pragtige gebou, toegewyde leerkragte en ‘n hoë slaagsyfer (byna 100% word ons verseker, hoewel met die 30%-slaagkerf deesdae weet mens nie altyd hoeveel dit beteken nie). Opvallend ook is die groot aantal onderwyseresse met Afrikaanse name en vanne… Al weer die “rassistiese” Afrikaner wat hom aan die ideaal van opvoeding vir “moeë” Engelstaliges wy! Of miskien was dit onderliggend aan die “moegheid”, dat die onderwyseresse nie meer eg Brits was nie?

Die gebou van Pretoria High School for Girls
Die gebou van Pretoria High School for Girls

Of dalk was die leerlinge moeg vir “witheid” in die algemeen? Was hulle “moeg” vir die Westerse kultuur self, die las van klokke wat lui, roosters, eksamens, punte, dít wat die radikale linkse filosoof Michel Foucault die “dissiplinêre regime” van die Europese mens genoem het?

Suid-Afrika se linksliberale hoofstroommedia, veral die geselsradio 702 – blykbaar noem mense dit deesdae “Rasradio 702” – het onmiddellik die gewone treurmare oor “rassisme” aangehef, en die skool en sy hoof daarvan beskuldig. Selfs die Verenigde State se ambassadeur in Suid-Afrika, die Kongolees-gebore Patrick Gaspar, het ‘n stuiwer in die armbeurs gewerp:

Die bemoeisieke, antiwit provinsiale onderwysminister, Panayazi Lesufi, is bekend daarvoor dat hy selfs op kleuterskole toesak waar swart kinders verbeelde kwetsinge verduur, soos om enkele sekondes sonder blanke maatjies by ‘n tafeltjie te moet sit, of as hulle sonder ‘n rassekwota uit die bus klim. Dus, toe hy hoor dat ‘n enkele meisie van gemengde Zoeloe-Indiese afkoms, Zulaikha Patel, gevra is om haar weerbarstige afro te tem wat oorle Jimi Hendrix se haardos soos ‘n kort militêre manstyl laat lyk, het hy flink gereageer. ‘n “Antirassistiese” noodvergadering is by die skool belê waar die hoof, ene mevrou Karen du Toit, en haar onderwyseresse gebraai is. Die kleredragreëls van Pretoria Girls High is summier deur Lesufi opgeskort, hoewel skoolbeheerrade veronderstel is om reëls vir individuele skole vas te stel.

Die swart skrywer en meningspreker, Khaya Dlanga, wat ‘n bestaan daaruit maak om soos ‘n Indiese goëlaar witskuld soos ‘n slang vanuit sy mandjie te laat verrys, het gekla dat

“vele van dié voorheen slegs-blanke skole, grotendeels net blanke onderwysers het. Alle gesagsfigure is blankes. Die swart personeel is skoonmakers en veiligheidswagte. Sekere kinders voltooi hul skoolloopbane sonder om ooit deur ‘n swart onderwyser onderrig te word.”

Pretoria_hair_stormOnder die vele paradokse van die Pretoria Girls-hareklowery – die Johannesburgse Star het dit ‘n “haarstorm” genoem – is die feit dat die juppieouers van dié swart meisies met hul hoogs besoldigde regstellende-aksieposte in die staatsdiens of groot maatskappye ure lank toustaan om hul kinders by sodanige skole met blanke onderwyspersoneel in te skryf. Blykbaar is die verhouding van swart tot wit by die skool ongeveer 35%, dus is die meerderheid leerlinge steeds blankes hoewel waarskynlik nie vir lank nie, aangesien die skool in “ou Pretoria” naby die universiteit en middestad geleë is. Soortgelyk aan vele Amerikaanse stede, het “blanke vlug” gesorg dat die stadskern van Pretoria heeltemal verswart het; demografiese druk op die skool sal waarskynlik sorg dat dit in die afsienbare toekoms tot ‘n uitsluitlik swart skool “getransformeer” word, met die huidige omstredenheid wat olie op die vuur werp.

Pleks daarvan om die openbare skole in swart gebiede te verbeter waar dronk of afwesige onderwysers punte vir seksuele gunsies verskaf en selfs verkragting nie ongewoon is nie, fokus die onderwysdepartement op goed bestuurde skole wat onbewus die PK-dogma oortree. Volgens ouers en betrokkenes by die skool, is sowel die hoof as die onderwyseresse verstom deur die mediabohaai rondom die skool, met selfs internasionale koerante wat berigte daaroor plaas, soos hierbo genoem is.

Moontlik is die skool hieraan skuldig: hy het die mynveld van rasseverskille betree deur naïewelik die polities korrekte doktrine te aanvaar dat “alle kinders dieselfde is”. As ‘n mens die sedertdien opgeskorte haarreëls ondersoek, soos dit op Twitter en elders gepubliseer is, poog dit om swart en wit meisies dieselfde te behandel, met slegs subtiele “ont-raste” verwysings na “corn rows” en “dreadlocks”.

pretoria_girlsSelfs die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, wat self swart is, het aan die SAUK gesê dat daar niks “omstrede” aangaande die reëls by Pretoria Girls High was nie. Soos dit deur die nasionale uitsaaier op sy webblad gestel word, het sy selfs verwys na die “mixed breed’s Afro” wat, indien enige blanke so ‘n uitdrukking sou gebruik het, tot histeriese uitbarstings deur die media, asook die hordes liberale en swart aktiviste op Twitter, sou gelei het:

“If you look at those rules you can see that they are standard rules that you find in most codes of conduct. I looked at them. If you look at those rules they look innocent, it’s perhaps in the implementation where difficulties came, that’s why I am saying am glad those girls raised it that I am mixed breed my afro hair is not a wig. They should have raised it through their parents and parents raise it through parents bodies and for me it’s just shows the weakness of our own internal structures. It’s a matter that I don’t think is too controversial. If kids are going to bring fancy dreadlocks to the school then it’s a problem, a school is a school but also we don’t want to infringe on their rights to say Afro is not acceptable.”

Dis taamlik duidelik dat enige meisie wat agter die Zoeloe-Indiese kleurling Zulaikha Patel sit, nie die onderwyseres of die swartbord gaan raaksien nie.

zulu_indian2

Suid-Afrika word nie ‘n oomblik rus gegun as dit by rasseverhoudinge kom nie. Byna elke week word die land deur een of ander rassevoorval geskud wat ondersoek of vervolging verg, met nuwe wetgewing wat voorberei word om “rassisme” wat taalgebruik of gedrag betref, strafbaar te maak.

Ons poligame Zoeloepresident, Jacob Zuma, het eenkeer ironies die sinsnede “slim swartes” (clever blacks) gebruik om na die land se swart elite te verwys; meeste van hulle is waarskynlik deur die gehate blankes opgevoed. Vele van dié “slim swartes” en hul blanke liberale bondgenote skep rasseomstredenheid of buit dit uit as ‘n manier om hul hegemoniese mag oor die politiek, handel en onderwys te versterk.

En so het dit gebeur dat die 13-jarige “Afro-haarrebelle” by Pretoria Girls High oor ten minste een professionele skakelfirma beskik het wat hul mediaveldtug teen die blanke onderwyspersoneel bestuur het, ‘n maatskappy met die gepaste benaming, “PR Powerhouse”.

Ironies meen die swart aktivis Khaya Dlanga:

“This is why black-owned and controlled private schools are the way forward.”

Het die wiel dus nou heeltemal gedraai? Stel ons “slim swartes” voor dat ‘n vorm van welwillende apartheid of segregasie die enigste uitweg uit die huidige kookpot van rassekwessies is wat ons elke week via skreeuende opskrifte of oorverhitte radiogolwe bereik?

In die naloop van die Pretoriase omstredenheid, het ‘n klomp ander Engelse skole regoor die land “aangesteek”: skole in Kaapstad, Durban en Bloemfontein het dieselfde swart ontevredenheid oor haarreëls vir vroulike leerlinge ervaar.

‘n Swart leerling by die Sans Souci High School for Girls in Nuweland, Kaapstad, het beweer: “Ek moes dit sny en my kopvel brand om dit reguit te kry en sodoende in te pas by die beeld van ‘n ‘behoorlike Sans Souci-meisie’.” Die onderwysdepartement van Kwazulu-Natal het insgelyks ‘n kommando amptenare uitgestuur om Queensburgh Girls’ High te gaan ondersoek, nadat aantygings gemaak is dat swart leerlinge nie toegelaat word om “inheemse speletjies te speel nie” en aangesê is om hul hare te sny omdat dit “slordig lyk”.

Een swart meisie aan die skool in Kwazulu-Natal het haar Engelse onderwyseres ‘n “rassis” genoem omdat sy die swart gebruik van “lobola” gekritiseer het. “Sy wil hê dat ons soos sy moet dink, en verkleineer ons heeltyd,” het sy gesê. Ander het beweer dat hulle deur onderwyseresse ontmoedig word om Zoeloe te praat.

Maar die grootste klug van almal is seker die aanhef tot die SA grondwet van 1996 waarin ‘n “nie-rassige” ideaal gestel word, iets wat by die dag meer wêreldvreemd lyk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    Al die kaal geschoren koppen van het overgrote manlijk deel van de zwarte volken lijkt niet pluis 😉 (iets mee mis)

    Maar als het niemand bezwaard in de zijlijn nog maar weer even een bericht van heden over ‘vrijheid van meningsuiting’ (spraakvrijheid) aan de totaal verlinkste, bolsjewistisch overgenomen, Nederlandse uni’s :
    http://www.telegraaf.nl/binnenland/26538840/__Zelfcensuur_op_academie__.html
    En de (autochtone) jeugd maar de torenhoge studieschulden injagen. Schulden en boetes en accijnzen e.d. worden in algemeenheid niet betaald door of tot op het bot(bv. over generaties heen) geïncasseerd bij allochtonen.

    ssssssssstttt 😉

    • middag Hans,
      ja jy is reg omtrent die kaalkop mans.
      Dit is, glo ek, n hiper bewustheid van die haarkorrels wat nie mooi vertoon nie en die beeld skade don. Ek mag dalk verkeerd wees, maar dit is wat ek vermoed. mooi loop.

      • Hans Onrust

        Nog net even voor de avond, beste Andy.

        Ik vond dat oude en nieuwe model van die boksmanager uit de VS Don King wel grappig :

  • Jared van Niekerk

    Daar is slegs een oplossing: Swart skole, met swart onderwysers, ‘n swart leerplan (die gebruik van leeupenisse vir medisinale doeleindes ipv Biologie) en 100% swart lênnas. Hierdie lênnas kan dan daar opdaag met enige boskaas wat hul hartjies begeer, en sonder skooluniforms. Selfs die bostuklose uitrustings van die Swazikoning se rietdansers sal aanvaarbaar wees. As hulle voel hulle wil pouse ‘n hoender slag, hei, did die lênnas se kultuur!

    Apartheid is liefde.

  • Cilliers van Niekerk

    Jou algemene punt oor kultuurverskille en benaderings daartoe, as ek mag opsom, is geldig genoeg, Dan, indien nie onaanvegbaar nie.

    Maar wat die feite hier betref: As regsgeleerde weet jy dat ‘n vae of dubbelsinnige wet ‘n swak een is. Nou ja, PGH se reëls spesifiseer afro’s glad nie (wat natuurlik jou punt ten gunste van onderskeid in ‘n beperkte sin staaf).

    Dit skep mos ‘n mynveld tussen behepte onderwyseresse en selfbewuste tieners, wat rassekwessies slegs vererger!

  • Rooikop

    Hulle sal privaatskole in swartbesit en bestuur maar durf net om te dink aan ‘n blanke privaatskool in blanke besit dan is die herrie los

    • Middag Rooikop, maar bestaan daar nie reeds sulke blanke skole nie, of verbeel ek my nou dit. Ek is oop vir oortuiging.

      • Rooikop

        Sover ek weet nie. As jy “slegs blank” sou wees sal jy gekruisig word. Dalk is ek verkeerd.

  • Karel Combrinck

    OO Dokter, moet tog nie praat van hare klowe nie, daar is alreeds te veel! ‘n Ware gekkeparadys voorwaar. Ten slotte kan ‘n mens die haar reëls verander, maar nie die hare nie. As die witmensgemaakte middels uitgewerk het, kom dieselfde bossies maar net weer terug.

  • Gas

    Ek herinner my groot toesprake oor deelbare waardes deur FW de Klerk (ook aangeroer in sy Rooi Vrydagtoespraak?) en Pik Botha (een op Piketberg), waamee hulle die Afrikaners die Nuwe Suid-Afrika ingelieg het. Maar hulle het niks van ondeelbare skool- en haarreëls gesê nie.

  • Antonie Geyser

    eintlik is hulle besig om die blanke te ‘imitate’ deur haarstukke, babastootwaentjies (wat hul 10 jaar gelede nie gebruik het nie) en in die duurste karre te ry en johnny walker te drink, maar aan die ander kant haat hulle die witmens, maar hulle wil lewe soos die witmens? (go figure?)

    • Rooikop

      Ek lees juis in die vroeë oggendure ene Eusebius se kommentaar oor Boys High.

      Wat daardie skrywe en ook hierdie hele petalje my mee los is dat die volk sien die bevoordeling wat ‘n behoorlike opleiding aan ‘n behoorlike instansie jou bied. Daar word gepraat van die “informele opleiding” wat ook daar verkry word – (hulle sien dit nou juis as om “witheid” aan te leer). Ja daar is definitief so ‘n informele stelsel wat ook aan die gang is – ‘n “old boys club” wat van die goeie skole en instansies af voortkom en die mense is lewenslange vriende en help mekaar ook lewenslank, baiekeer ook ‘n “baantjies-vir-boeties-skema”. Die volk is jaloers daarop en wil graag deel wees daarvan. Nou land hulle in hierdie instellings maar sodra hulle nou moet aanpas (“conform”) om deel gemaak te word nou skree hulle rassisme en wil eerder hierdie instelling by HULLE maak aanpas.

      Ja self het ek myself al vele kere in hierdie tipe “old boys clubs” vasgeloop. Daar is vele daarvan onder die Afrikaners ook en met rooi hare is jy maar van kleins af redelik uitgeskuif. Maar hoe pak ons die probleem aan? Breek ons die instelling af? Nee jy werk harder en gaan so ‘n instelling verby.

  • Anton Schutte

    al dra n aap n goue ring…Die na-bootsing van die wit mens se gedrag, klere en gewoontes is maar n oppervlakkige poging tot “inpas”. Alhoewel hulle hard probeer om ons te na aap, skemer die natuurlike gedrag veels te maklik deur….wag net tot die ousie begin toi-toi en daai pienk pote op die vloer te stamp, dan breek die naturel se gewone gedrag deur….perfekte kandidaat vir politieke posisie in the cANCer party.

  • Wat het Blank en Swart in gemeen? ……………….. Ons asem die selfde lug in, so ver ek kan dink is dit amper al wat ons in gemeen het. Daar is wel ‘n paar blankes wat skaam is vir hulle velle en dan is daar die wat hulle velle gesteel het soos Piet Kopdoek en ‘n sekere joernalis. Ek het al voorheen gese dat hierdie hare debakel dit net baie duidelik stel dat die Britse instelling van Apartheid meriete het. Voorheen was ek nie mal oor die Britte nie, ek hou nog steeds nie baie van hulle nie maar ek moet erken dat hulle wel meer visie openbaar het as ons Boere voor ouers deur die fondasies van Apartheid te le. Hulle het ook die visie gehad om nie die swart massas te probeer opvoed nie. Maar toe moes Dr Verwoerd en die NP mos die eerste wette maak om die opvoeding van die swart mense te verseker. Daar was van daardie tyd af opstand teen die opvoeding, dit gaan vandag nog aan, dit word nou net as rasisme gesien. Ek kan nie verstaan hoe jy mense handel as rasisme kan sien nie maar dit daar gelaat.
    Wat leer ons uit hiedie bohaai? Reenboog nasie is ‘n droom wat nooit bewaarheid gaan word nie, ons sal weer terug keer na Apartheid soos die elete swartes nou al begin promoveer.

  • Ou Transvaal

    Om die woord Rassis te gebruik met rasbytery , is om die bestaan van rasverskille te erken, oortuig my tot die teendeel .
    Miskien moet ons na die deursnee Soweto skool se haarbeleid kyk om die waarheid agter “haarklowery ” te verstaan .
    Net ‘n opmerking : die natuurlike lokke van die “leenas” is nie vloeiend en blink soos my mense se hare nie …..is daar dan ‘n genetiese verskil? laat ‘n mens dink nie waar.