65 Dronk bestuurders gevang in Mthatha

65 mense is gearresteer nadat hulle gevang is terwyl hulle onder die invloed van alkohol bestuur het in die Mthathagebied, het Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.

Superintendent Mzukisi Fatyela het gesê ‘n gesamentlike operasie tussen polisie, provinsiale verkeersbeamptes en die plaaslike munisipaliteit het dronk bestuurders geteiken tussen 7 uur Saterdagaand en 12 uur Sondagmiddag.

Die operasie is gehou op die R61 en die N2-snelweg, en verskeie van die afritte. Dit is bedoel as ‘n aanloop tot die Paasnaweek wanneer baie mense op die paaie gaan wees.

Die wat gearresteer is sal Maandag in die Mthathalanddroshof verskyn op aanklag van bestuur onder die invloed van alkohol.

Drank het al dikwels gelei tot geweldsmisdade, moorde en motorkapings, het Fatyela gesê. “Baie min” sulke gevalle is die naweek aangemeld, ‘n aanduiding dat die operasie gewerk het, het hy gesê.

Polisie in die gebied het Vrydagaande, Saterdae en Sondae as “problematiese dae geïdentifiseer en teenmisdaadoperasies op hierdie dae vermeerder.

100 play gamesДанильченко Юрий Харьков

Verenigde Sakekamer van SA stuur afvaardiging na Zimbabwe

‘n Hoëvlakafvaardiging van Suid-Afrikaanse besigheidsleiers sal na verwagting Maandag vergaderings hou in Zimbabwe en fokus op die land se planne vir ekonomiese herstel, het die Verenigde Sakekamer van Suid-Afrika (BUSA) gesê.

“Die doel van BUSA se besoek is om inligting te kry van die koalisieregering van Zimbabwe oor planne vir die ekonomiese herstel en die potensiële rol van Suid-Afrikaans besighede,” het BUSA Sondag in ‘n verklaring gesê.

“Dit is ‘n belangrike oomblik om kontak te maak met die nuwe regering, en skep ook die geleentheid om die Suid-Afrikaanse privaatsektor se ondersteuning te gee aan die pogings om die ekonomie in Zimbabwe te herbou.”

Die afvaardiging sal gelei word deur voormalige president van BUSA, Patrice Motsepe van African Rainbow Minerals en sluit in verteenwoordigers van die mynwese, handel, infrastruktuur, landbou, vervoer, finansiële dienste en gesondheidsorg.

BUSA het gesê besigheidsleiers van Aspen Pharmacare, Massmart, Netcare, PPC Cement, Old Mutual, Price Waterhouse Coopers en die Industriële Ontwikkelings Korporasie sal ook deel vorm van die afvaardiging.

Die BUSA afvaardiging is na Harare genooi deur die minister van finansies, Tendai Biti, wat die gasheer sa wees vir die eendag besoek wat ook gespreke sal insluit met die eerste minister, ander ministers en regeringsbeamptes van Zimbabwe.

Die groep is ook geskeduleer om president Robert Mugabe te ontmoet. силиконовые прорезыватели для зубов купитьФільчаков прокурор

NV gaan besluit oor Zuma bekend maak

Die Nasionale Vervolgingsgesag sal Maandag na verwagting ‘n aankondiging maak of hulle gaan voortgaan met die korrupsieaanklagte teen Jacob Zuma, wat waarskynlik die land se volgende president gaan wees.
Waarnemende hoof Mokotedi Mpshe was geskeduleer om ‘n perskonferensie te hou in Pretoria na weke van spekulasie. Dit is na bewering gedeeltelik gedryf deur Zuma se vennote. Die vermoede is dat hy die vervolging van die ANC-hoof sal skrap 8 jaar in die saak in en twee weke voor die verkiesing.

Daar is heelwat bespiegel omtrent die geheime bandopnames wat na bewering onthul het dat voormalige president Mbeki met die NV saamgesweer het om sy politieke teenstaander in die hof te kry vir omkoopklagte wat verband gehou het met wapentransaksies.

Die NV het geweier om te sê of die bande bestaan of nie, en dit was nie seker of dit die inhoud van die voorleggings van Zuma om die saak teen hom te laat vaar bekend sal maak nie.

Die NV het maratonberaadslagings gehou om sy voorleggings te oorweeg en was na bewering verdeel oor hoe om die hoogs sensitiewe saak te hanteer.

millstreamФільчаков Олександр Васильович прокурор

Slaan die Zuma-yster terwyl dit warm is

ImageOngelukkig kon ek laasweek se gesprek met mnr. Jacob Zuma nie bywoon nie, hoewel ek aktief daaraan gewerk het dat dit moes plaasvind.

Min mense besef watter politieke deurbraak vir Afrikaners plaasgevind het.  Deur sy uitspraak oor Afrikaners se inheemsheid het JZ namens die ANC amptelik erken dat die Afrikaners wel ‘n inheemse Afrikastam is.  Waar Mbeki alle witmense oor dieselfde kam geskeur en as ryk settlers gebrandmerk het, het die nuwe swart koning Afrikaners as wit Afrikane gesaniteer.  Binne die Afrika-kultuur is dit ‘n reusagtige politieke ommeswaai.

Daardeur het hy verskeie politieke en emosionele deure vir Afrikaners oopgemaak waardeur ons nou die politieke arena vanuit hoë morele grond kan betree.

Eerstens besit elke stam van Afrika ‘n kerngebied waar sy tradisies en gewoontes vetroetel word.  Die Duitsers noem dit ‘n kulturheimat  – ons noem dit bloot ‘n tuisland.  Zuma se stelling plaas die regering nou in ‘n drukgang, want hoe kan Afrikaners dan ‘n inheemse Afrikastam sonder ‘n tuisland wees?  Tensy Malema se Oraniabesoek  bedoel was om Orania as die Afrikaners se tuisland simbolies te erken. 

Sou JZ se uitspraak daarop neerkom dat die ganse Suid-Afrika inderwaarheid die Afrikaners se kulturheimat is, dan sal sekere strukturele veranderings aan regeringsbeleid benodig word om uiting daaraan te gee, want amptelike ANC beleid dui tans op presies die teenoorgestelde.  Dan sal ons straat en dorpsname in ere herstel moet word of minstens as paralelle name erken moet word. Dan sal ons erfenisse en tradisies, skole, kurrikulering  en taal deur ons en ons alleen beheer moet word.

Soos Dan Roodt gesê het, kon Zuma iets regkry wat hy en ek en ander oor die afgelope agt jaar nie kon regkry nie, naamlik om die breë spektrum van Afrikanerdom vir ‘n vergadering bymekaar te maak.  Wat ons Donderdag gesien het, was die Afrikanerraad in aksie in sy gesprek met die toekomstige staatspresident van die land.

Ons volkie se sikofantiese versugting om naby aan mag te verkeer, blyk die enigste wyse te wees vir die daarstelling van die te stigte Afrikanerraad om ons volksbelange te beskerm. 

As dit dan so is, laat ons dan daardie pad loop.

best slots toОлександр Васильович Фільчаков

‘n Stem vir die DA is ‘n stem vir nog ‘n Afrikaner-holocaust

ImageHelen Zille se onredelike aanval op dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus toon net weer: 'n jakkals verander van haar, maar nie van kleur nie. Die DA, wat steeds deur die Engels-liberale Prog-kliek beheer word, is in wese anti-Afrikaans en verwag van Afrikaners dat hulle hul taal, kultuur en identiteit moet aflê om deel te word van die multikulturele, Engelstalige "reënboognasie" wat biskop Tutu en ander marionette van die Britte en Amerikaners aan ons land voorhou.

Die DA se verkiesingslagspreuk, "One nation, one future" verteenwoordig 'n stuk koloniale drogredenasie so groot soos Milner se imperialistiese droom van een Suid-Afrika onder Britse gesag wat Engels praat. Dwarsdeur die negentiende eeu het opeenvolgende Britse lords die Afrikaners vertel dat die volgende geslag vrywillig sou verbrits of verengels en dat dit daarom nie die moeite werd was om Nederlandse of Afrikaanse taalregte aan die bevolking toe te staan nie.

Die neerhalende wyse waarop Zille na die Afrikaners se "aparte etniese kassie" verwys, is nie net aan Pieter Mulder en die Vryheidsfront Plus se adres gerig nie. Sy praat met elke Afrikaner wat nie die sogenaamde "universele kultuur" van die vermetele groepie Engelse "progressiewes" wat sowel die DA as die mynhuise beheer, wil aanvaar nie. Net soos wat die mynhuise ons omgewing opophoudelik besoedel en kanker en ander siektes by ons kinders veroorsaak, besoedel die DA ons politieke landskap met hul agtergehaalde koloniale liberalisme.

Helen Zille is die geestelike dogter van Kitchener en Milner. Sy wil hê dat die Afrikaner as volk en as nasionale groep met 'n eie taal, kultuur en identiteit moet verdwyn.

Daarom: 'n Stem vir die DA is 'n stem ten gunste van nog 'n Afrikaner-holocaust in hierdie land. Weliswaar bepleit Zille, anders as haar koloniale Engelse voorgangers van honderd jaar gelede, nie die fisieke uitwissing van die Afrikaner nie, maar wel sy kulturele en nasionale uitdelging om deel van die multikulturele, Engelse nasie te word.

Terwyl Zille die ANC veroordeel, wil 'n mens vra: wat is die DA anders as 'n "ANC Lite"? Op elke belangrike beleidspunt, sover dit die Afrikaner betref, stem die DA en die ANC ooreen. Trouens, Zille oortref die ANC in haar holruggeryde verwysings na apartheid. Terwyl Jacob Zuma van die ANC so pas toegegee het dat daar vele aspekte van Afrikanerregering in die ou Suid-Afrika was wat die land tot voordeel gestrek het, soos doeltreffende landbou en respek vir wet en orde, wil Zille eintlik die stereotipe siening van die Afrikaner as verdrukker en rassis wat Suid-Afrika "verwoes" het aan haar eie Afrikanerkiesers verkoop.

Kyk na die DA en ou DP se rekord:

  • Tydens die Kemptonparkonderhandelings steun die DP die gedagte van een amptelike taal vir Suid-Afrika, naamlik Engels.
  • Tydens 1999-2000 steun die DA die herafbakening van Pretoria om van Afrikanerkiesers in daardie gebied 'n minderheid in hul eie stad te maak.
  • In dieselfde periode (1999-2000) steun die DA die naamsverandering van Pretoria na die gedrogtelike "Tshwane".
  • Meer onlangs in Kaapstad het mev. Zille se DA-stadsraad Afrikaanse straatname verander om plek te maak vir dié van ANC-helde.
    Die DA steun insgelyks gedwonge integrasie, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, grondhervorming en die sosialistiese welvaartstaat wat die ANC ingestel het en wat ons land op die duur gaan ruïneer.
  • Trouens, die DA is nog meer radikaal as die ANC wanneer grondhervorming ter sprake is. Op 30 Oktober 2008 het mnr. Kraai van Niekerk, die DA se woorvoerder oor landbou, verklaar dat die DA "diep bekommerd" is dat die ANC se teiken van 30% landbougrond in die hande van swart boere teen 2014 nie gehaal gaan word nie en dat die DA "ten volle tot dié doelwit verbind is", die huidige afname in voedselproduksie ten spyt.
  • Les bes, die DA beskou die huidige stelsel met sy ingeboude voordeel aan demografie en benadeling van minderhede as die ideale stelsel met die ideale grondwet.

Daar mag mense wees wat dink dat die DA-bewind Kaapstad tot voordeel gestrek het. Maar hoe waar is dit? Die DA se stryd met die ANC in die Wes-Kaap berus op magsug en nie op beginselverskille nie. Het die plakkerskampe rondom Kaapstad minder geword onder die DA as onder die ANC? Het misdaad afgeneem of toegeneem? Wat het mev. Zille gedoen om die migrasie van Xhosas uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap te stuit? Net mooi niks. Die DA se politieke strategie is op sand gebou en op die duur gaan die party sy Wes-Kaapse magsbasis moet afstaan aan die onvermydelike uitwerking van demografie en gaan dit terugval op die hovaardige gekef wat die party sedert mev. Helen Suzman se dae as alleenverteenwoordiger in die parlement kenmerk.

Helen Zille beskuldig dr. Pieter Mulder daarvan dat sy party 'n "paringsdans" met die ANC sou uitvoer. Maar wie is die een wat ons gereeld op TV sien toitoi met haar geliefde Xhosas? Kennelik het sy haar politieke styl, vuis in die lug, by Winnie Mandela geleer, dieselfde persoon wat sy so naarstiglik tydens haar jare by die Black Sash gesteun het.

Haar rou krete van "Viva! Viva!" by sulke geleenthede som die intellektuele inhoud van DA-beleid mooi op.

Die liberalisme kon nog nooit hond haaraf maak in die Suid-Afrikaanse politiek nie, omdat dié filosofie strydig met die werklikheid is. Suid-Afrika is 'n multietniese of veelvolkige staat en nie bloot 'n nasie wat uit 'n versameling individue bestaan – soos wat die DA voorhou – nie.

Dit is hoog tyd dat die DA weer terugkeer na die goue ghetto's – of moet ek sê "etniese kassies", mev. Zille? – van Houghton of Constantia waaruit die party ontspring het, waar mense hul jenewer en tonikum drink en droom dat Suid-Afrika 'n Engeland-in-die-kleine verteenwoordig. Hoe Afrikaners ooit in die doodloopstraat van die DA se koloniale Engelse politiek beland het, weet nugter.

Op sy minste toon dit watter verwarring die disinformasie veroorsaak het wat elke dag deur die hoofstroommedia uitgepomp word.

сколько стоит пломбирование зубалобановский александр жена

Wetend of onwetend open Zuma nuwe Afrikanerhoofstuk

Hoewel ek persoonlik baie versigtig is om Zuma se 'pro-Afrikanerhouding' te ernstig op te neem moet ons ook probeer munt slaan uit die moontlikheid van 'n gesprek met die ANC. Twee dinge val op: Een is dat Zuma meen dat hierdie gesprek 'n instelling moet word en twee is dat Phosa klem plaas op gesprek met die "hardegat" Afrikaner.

Dit dui op die moontlikheid van 'n aaneenlopende gesprek tussen die Zuma-ANC faksie en die konserwatiewe of sg. regse Afrikaner. Soos Dan Roodt impliseer kan mens aflei dat die Zuma-faksie nie soseer in die linkse Afrikaner-establishment geïnteresseerd is nie, selfs al was hulle ook by die geleentheid.

Wat Zuma se motivering is vir gesprek met die Afrikaner bly vir my duister. Soos ander kommentators reeds aangedui het, het Zuma ons nie as kiesers nodig nie. Mens mag ook nie vergeet dat terwyl hierdie gesprek plaasgevind het, die ANC staat aktief besig was met die ondergrawing van Afrikanerkultuur, -onderwys, -plekname, -taal, -landbou, -werks en -besigheidsgeleenthede, ens. nie. Ons moet dus nie oorhaastig wees om die nuwe "Zoeloe-koning" se beloftes te vertrou nie. Is hy dalk net besig om 'n nuwe soort ANC "doublespeak" te beofen, terwyl die Afrikanistiese agenda dieselfde bly of selfs mag intensifiseer?

Howel dit nie 'n wetenskaplike opname is nie toon verlede week se meningsopname, oor hierdie saak, deur Beeld die volgende syfers:

"Is mnr. Zuma eerlik met Afrikaners? Ek dink so 224: 3%
Nee, hy's 'n manteldraaier 6793: 97%
Totale aantal stemme :7017
Dit is meestal Afrikaners wie se menings hier weerspieël word. Ons leiers moet kennis neem hiervan.

Nogtans moet ons oop wees daarvoor dat hier dalk wel 'n geleentheid vir konstruktiewe gesprek met die regime aan die ontwikkel is. Afrikanerleiers (veral aan die 'regterkant') moet nou oor ten minste drie sake 'n mate van ooreenkoms bereik:

  1. Hulle moet ernstig werk aan 'n konfederale beweging wat oor groter bedingingsmag beskik as wat in die huidige versplinterde situasie geld. Indien ons nie ons huis in orde kan kry nie gaan die nuwe ANC-regime baie gou respek vir ons verloor.
  2. Hulle moet hierdie as geleentheid aangryp om selfbeskikking te formuleer en op die gesprekstafel met die ANC te plaas. Die Volkstaatraad fiasko mag nie herhaal word nie. Kru gestel: Elke ou kan nie die volkstaat in sy eie agterplaas wil hê nie. Ons sal moet leer om op te offer.
  3. Afrikaners moet onthou dat Zuma 'n politikus is en dat hy slegs met die Afrikaner in gesprek is omdat daar iets daarin is wat vir hom voordeel inhou. Ons moet probeer verstaan wat dit is wat hy soek en ons moet begryp en formuleer wat ons aan hom kan bied. Sonder dit sal ons baie gou ons nuutgevonde aantreklikheid verloor. Byvoorbeeld: Sou ons Zuma uit die tronk kon help hou en indien so, watter voordeel hou dit vir ons in? Sou die NVG die saak teen Zuma laat vaar is dit waarskynlik dat die linkse blankes onder leiding van Zille saam met Cope die saak wel in die hof sal kry.

Indien Zuma wel erns het my sy Afrikaner-gesprek moet ons dit ernstig oorweeg dat die ANC besig is om ons van 'n nuwe teks te voorsien. Die Zuma-faksie is besig om wetend of onwetend die deur op die Afrikaner-selfbeskikkingsteks oop te maak. Selfs al het Zuma geen erns om die gesprek tot enigiets te laat lei nie het sy openbare bekragtiging ons aanspraak as volk met onvervreembare regte opnuut bevestig. Die ANC kan hierdie deur nie summier toemaak nie.

Dit is nou aan ons oorgelaat om aan 'n baie belangrike hoofstuk in ons geskiedenis te begin skryf.

игры длям девочекАлександр Фильчаков

‘n Skool mag sy eie taal kies!

Hoërskool Ermelo het die appélsaak teen die Suid Afrikaanse onderwys-owerheid gewen toe vyf appélregters op 27 Maart vanjaar beslis het dat die onderwyshoof van Oos-Transvaal, mnr Monwabisi Reymond Tywakadi, onwettig opgetree het toe hy in 2007 die Skolewet oortree het.

Hy het die beheerliggaam van dié skool omvergewerp en 'n komitee

aangewys wat die status van die skool van Afrikaans enkelmedium na parallelmedium verander het.

Die regters het ook bevind dat hy die beginsels van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid geskend het.

Dit het alles ontstaan toe die onderwyshoof in die begin van 2007 die skoolhoof, mnr. Koos Kruger, kennis gegee het dat daar 113 "Engelse" kindertjies in Ermelo is wat daar wil skoolgaan "omdat daar nie plek by ander skole is nie".

Mnr Kruger kon dit nie toelaat nie omdat die beheerliggam van die skool die onderrigmedium bepaal het en hy daaraan mos voldoen. Dis toe dat mnr. Tywakadi die komitee aangewys het wat die status van die skool eensydig verander het.

Net 13 "Engelse" leerlinge het egter aanvanklik aansoek gedoen.

Agtergrond

Afrikaanse ouers van so ver as Secunda, Hendrina, Middelburg, Bethal en Pongola stuur hulle kinders na dié skool omdat dit die enigste "ordentlike Afrikaanse skool" in die gebied is.

Die skool is deur die jare opgebou deur ouers wat in alle opsigte trou bygedra het tot die ontwikkeling van die skool.

So is daar byvoorbeeld R45 miljoen bestee aan die bou van 'n ouditorium asook musiek- en biokinetikasentrums.

Hof toe

Die ouers van Hoërskool Ermelo was verontreg en het gevoel dat die departement die skool teiken. Hulle was van mening dat om in Afrikaans onderrig te word en om hulle kultuur uit te leef 'n grondwetlike en basiese mensereg is.

Hulle is toe hof toe.

In 'n tussentydse bevel op 2 Februarie 2007 het regter Bill Prinsloo beslis dat Hoërskool Ermelo nie hulle taalbeleid van enkelmedium Afrikaans mog verander het na parallelmedium nie. Hy het opdrag gegee dat die taalbeleid waarop die komitee besluit het onmiddelik opgeskort word hangende die finale beregtiging van 'n substantiewe hofaansoek.

Die geluksaligheid van die ouers van Hoërskool Ermelo was egter van korte duur, want 'n paar weke na die beslissing van regter Prinsloo het die regter president Bernard Ngoepe beslis dat die "Engelse" kindertjies se regte tot onderrig meer tel as die regte van die ouers en beheerliggaam van die skool.

Verlof tot appél

In hulle aansoek om verlof tot appél het die verontwaardigde ouers 'n beroep op die minister van onderwys, me Naledi Pandor, gedoen om hulle te ondersteun omdat sy glo ten gunste van moedertaal onderrig was. Weer eens was hulle teleurgestel toe dié minister die kant van die onderwyshoof van Oos-Tranvaal gekies het teen hulle.

Die uiteinde was dat regter Ngoepe verlof tot appél geweier het, want volgens hom kon hy nie R30 miljoen aan nuwe skole bestee in 'n land waar kinders honger bed toe gaan en skole leë klaskamers het nie. Daar was egter ander baie goedkoper alternatiewe soos die herstel van 'n bestaande ongebruikte Engelse skool in Ermelo.

Die beheerliggaam was toe verplig om direk by die Bloemfonteinse appélhof aansoek om appél te doen en wat toegestaan is.

Die saak het na bykans twee jaar verlede week in dié hof gedien. Die skool mag nou in gevolge dié beslissing hulle eie taalmedium kies.

Dun ys

Daar is egter drie dinge wat ons moet besef: Eerstens dat die hof geensins uitspraak gelewer het oor moedertaalonderrig nie of oor die regte van sogenaamde minderhede waarvoor die Afrikaner by uitstek kwalifiseer nie en tweedens dat die regering van die dag die Skoolwet kan verander sodat die onderwysowerheid die finale sê het wat die onderrigmedium van die skool is. Derdens dat die "Engelse" kindertjies sekere regte verkry het deur die onregmatige optrede van die onderwyshoof van Oos-Transvaal en dat Hoërskool Ermelo hulle moet dra vir die res van hulle skoolloopbaan.

Ons moet verwag dat die Afrikanerhaters en die agente van verengelsing met 'n hernude aanslag na vore sal kom om Afrikaans te probeer vernietig.

Hulle besef waarskynlik dat skole wat tans onder druk is om hulle status na parallelmedium te verander soos bv Hoërskool Hans Strydom van Naboomspruit hierdie hofuitslag kan gebruik om die skool Afrikaansmedium te hou.

Ons moet egter nie op ons louere rus en dink die stryd is gewen nie.

Ons moet die saak nou verder dryf deur aan te dring op 'n Afrikaner onderwysowerheid sodat ons self die onderrigmeddium, standaarde, onderrigmetode, leerinhoud, orde en etos in ons Afrikanerskole kan bepaal. Ons moet aandring dat die oorblywende Afrikaanse skole in ons beheer kom as 'n begin. So ook minstens drie Afrikaanse universiteite. Daar moet ook geld beskikbaar gestel word vir Onderwyskolleges, die instandhouding van ons skole en die salarisse van leerkragte.

Die Afrikaner word in die klaskamer vermoor. Vreemde ideologieë word in ons kinders se kele afgedruk.

Daarom is dit dringend noodsaaklik dat elke Afrikanerorganisasie of -instelling deel moet word van hierdie stryd. Ter wille van ons oorlewing en uiteindelike vryheid moet ons van platform tot platform oor die land met net een boodskap spoel: Gee ons ons eie onderwysowerheid!

Dit sal nie die eerste keer wees wat 'n gemeenskap die onderwys gebruik om uiteindelik hulle vryheid te kry nie. Kom ons kies dié gevegsterrein soos Jaap Marais gesê het waar ons sterk is en waar ons die vyand kan verslaan.

Dit is wat die GHA vra.

André Alkema is voorsitter van die Genootskap vir Handhawing van Afrikaans (GHA)

play slots forлобановский депутат

Helen Zille maak haar skuldig aan leuens en onwaarhede, s? Pieter Mulder

ImageDr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus het gereageer op 'n aanval op hom en sy party deur me. Helen Zille van die DA in die jongste uitgawe van SA Today , die DA se weeklikse nuusbrief. Hier volg Mulder se verklaring:

Die aanval van me. Helen Zille vandag in haar weeklikse nuusbrief (SA Today) op myself en die VF Plus na aanleiding van die uitlatings gister deur mnr. Jacob Zuma oor Afrikaners is gebaseer op leuens en onwaarhede. Die VF Plus het nie die vergadering tussen die ANC en verskeie Afrikaner-organisasies bygewoon nie. Ook het nie die VF Plus of ekself enige verklaring uitgereik in reaksie daarop waarin die standpunte volgens me. Zille verwelkom is nie.

Dit is skokkend dat me. Zille van blatante leuens gebruik maak om haar aanval op myself en die VF Plus te regverdig. Sy skuld die VF Plus, myself en die kiesers van Suid-Afrika ‘n verskoning.

Van die skokkende onwaar-stellings wat Zille maak is onder andere die volgende:

1.      “die VF Plus soek toenadering by die ANC eerder as om die ANC te konfronteer” – dit is leuens. Het die VF Plus toenadering tot die ANC gesoek toe die VF Plus die ANC-regering grondwethof toe geneem het om te baklei vir die stemreg van alle SA Burgers in die buiteland? Of toe die VF Plus Kieshof toe gegaan het om Winnie Mandela uit die Parlement te hou? Die antwoord is nee.

2.      “die VF Plus smeek vir die regte van kiesers by die ANC eerder as om daardie regte op te eis” – dis ook ‘n leuen. Die sentrale tema van die VF Plus in hierdie verkiesing is juis om duidelik te sê dat die VF Plus opstaan vir jou regte.  Kiesers sien dit en glo dit en juis daarom is die steun van die VF Plus besig om te groei.

Dit is jammer dat die DA onder leiding van me. Zille nou weer soos met elke verkiesing begin om ander opposisiepartye eerder as die ANC aan te val. Dit is ‘n kortsigtige taktiek wat getuig van die opperste opportunisme. Me. Zille sou nie vandag die Burgemeester van Kaapstad gewees het of enige koalisie in Kaapstad of elders gelei het indien dit nie vir die ander opposisiepartye was wat sy nou deurlopend aanval en verdag maak nie. Kiesers moet kennis neem van hierdie oneerlikheid en opportunisme.

сауна домапрокурор Фильчаков

Zuma sit vir Zille ore aan

ImageEen ding is vir my baie duidelik: Zuma is 'n meesterlike politikus, veral vergeleke met die Engelse, links-liberale Helen Zille en haar toenemend linkse, multikulti-party, die DA.

Zille, met haar Black Sash-verlede, universiteitsgrade, Botox-inspuitings en kosmetiese sjirurgie, is steeds ‘n baba in polities-taktiese terme, gemeet aan Zuma met sy standerdtweeopvoeding en sy ma wat 'n huishulp was.

Helen Zille het na my mening pens en pootjies in Zuma se strik getrap met hierdie uitbarsting, wat haar bloot kleingeestig, vals en afgunstig laat voorkom, in kontras met Zuma se uitreiking na Afrikaners.  Dit is kennelik presies die reaksie waarna Zuma op soek was, en spreek bloot van die tipiese dog verkeerde begrip van die belang van identiteit in liberales soos Zille se denkraamwerk.

Waar 'n rokie trek, moet daar egter 'n vuurtjie brand; Zille se kleinlikheid spreek myns insiens van 'n skuldige gewete. Die DA is kennelik besig om te ontaard in 'n links-liberale Kaapse party. Hulle groot teikenmarkte is Naspers se sogenaamde Afrikaanses, die inwoners van die Kaapse Vlakte en snobistiese Engelse blankes. Dít kon ons agterkom uit die onlangse etniese reiniging van Afrikaners uit die DA se leierskorps in Gauteng, die DA se steun vir die verandering van Pretoria se naam na Aapstad asook die DA se steun vir regstellende aksie en transformasie.

Zuma het Zille en die DA se strategiese swakheid meesterlik raakgesien. Hy het Donderdag uiters effektief 'n wig tussen die toenemend verengelsde DA en die Afrikaners gedryf. Omdat hy polities meer intelligent as hetsy Afrikaners, hetsy Zille, hetsy die DA is, het hy instinktief geweet hoe om die DA baie effektief by te kom – hy moes bloot aan Afrikaners die voor-die-hand-liggende uitwys; iets wat ons teenoor onsself probeer ontken het, naamlik dat die DA 'n volksvreemde party is wat Afrikaners weliswaar misbruik as gerieflike stemvee, maar wat ons andersyds by die beter klas van partytjies in Houghton en Bishopscourt, tussen die DA se kernondersteuners, aktief minag.

Dink wat jy wil van Zuma en die klagtes teen hom: Zille is sleg ore aangesit deur 'n meer uitgeslape en beter politikus.

большая детская пирамидкаданильченко юрій Харків

Polisie fnuik gewapende roof van R1,75 miljoen

Ses gewapende rowers het amper R1.75 miljoen gebuit in ‘n roof op ‘n besigheid wat gefnuik is toe die winkel se alarm afgegaan het.

Omtrent 11 uur Dinsdagaand het 6 swaar gewapende mans toegang gekry tot die Shoprite supermark in Mabopane. Hulle het die wagte by die sentrum vasgemaak het skoenveters en in ‘n gat gegooi.

Met die wagte uit die pad het hulle die veiligheidshek by die supermark se agterdeur met boutknippers gesny en ingegaan.

Die rowers het ‘n 18 meter leer gebruik om op die dak te klim waar hulle ‘n dakplaat verwyder het om in die winkel in te kom.

Die 5 op die dak het ‘n tou gebruik om in die winkel in te gaan waar hulle geldkaste aanmekaar vasgebind het en tot op die dak gelig het.

Toe hulle die geldkaste later van die dak af gedra het, het die sekuriteitsalarm afgegaan en die sekuriteitsfirma het die Loate polisie gekontak vir hulp.

Drie polisiebeamptes is na die toneel gestuur en met hulle aankoms het die rowers op hulle begin skiet.

Polisiewoordvoerder inspekteur Sello Mangea het gesê die polisie het terug geskiet en die rowers het terwyl hulle aanhou skiet het uitmekaar gespat in verskillende rigtings en verdwyn.

Een man is gearresteer terwyl die ander 5 nog op vrye voer verkeer.

Net een konstabel is gebyt, in wat die enigste besering in die hele insident was.

free online casino playФильчаков прокурор харькова