ANC se voertuighuur raak duur

Die ANC het in Pretoria onder skoot gekom weens ‘n bedrag van R1,4 miljoen per maand wat aan voertuighuur bestee is.

In reaksie op ‘n geskrewe vraag van Angela Randall, ‘n DA-lid van die Tshwane Metro, het die raad onthul dat hy tussen Augustus 2007 en Januarie vanjaar R8,5 miljoen aan voertuighuur bestee het.

Volgens Randall, skep dit die indruk dat die raad geen geldtekort het nie terwyl almal van beter weet.

Sulke ekstra uitgawes op huurvoertuie is te wyte aan ‘n gebrek aan beplanning by die munisipaliteit, het sy gesê.

сауна в москвеФильчаков прокурор

Fidentia baasbrein deur FBI gegryp

‘n Baasbrein in die Fidentia-skandaal is in die VSA deur die FBI in hegtenis geneem. Steven Goodwin is Saterdag deur Amerikaanse owerhede by Los Angeles se lughawe voorgekeer, volgens die Nasionale Vervolgingsgesag.
Hulle het tussenbeide getree nadat Interpol gewaarsku het dat Goodwin oppad is na die VSA en dat ‘n lasbrief in Suid-Afrika in Julie 2007 uitgereik is vir sy inhegtenisname. Goodwin het Suid-Afrika vroeg in Februarie verlaat om na Australië te gaan.

Goodwin word beskou as die oorspronklike stigter van Fidentia en het enkele dae voor Brown se arres vertrek. As hy grondvat in Suid-Afrika sal Goodwin klagtes van diefstal, bedrog en korrupsie wat miljoene behels, in die gesig staar.

Goodwin word ook van geldwassery verdink.

планировка баниАлександр Фильчаков Васильевич

Trevor Manuel vra permanente hofbevel

Die minister van finansies, Trevor Manuel, vra ‘n permanente hofbevel aan teen Terry Crawford-Browne wat bewerings gepubliseer het dat Manuel by korrupsie rondom die omstrede wapentransaksie betrokke was.
Verlede maand het Manuel ‘n geslaagde dringende aansoek teen Crawford-Browne gebring dat hy moet ophou om bewerings te publiseer dat Manuel korrup is of dat hy enige misdryf in verband met die wapentransaksie began het. Terselfdertyd is Manuel twintig dae gegun om ‘n permanente hofbevel te verkry.

Volgens Crawford-Brown sien hy die aansoek om ‘n permanente hofbevel as ‘n geleentheid om die debat rondom die wapentransaksie te heropen.

In sy aansoek beweer Manuel dat Crawford-Browne se verklarings lasterlik, verkeerd en onwettig is en gemaak word met die bedoeling om skade te berokken.

casino –Олександр Васильович Фільчаков

Verkiesingsbeamptes in Harare gearresteer

Sewe verkiesingsbeamptes is gister in Harare gearresteer. Polisie sê hulle sal van verkiesingsbedrog aangekla word en het die verdagtes daarvan beskuldig dat hulle stemme vir President Robert Mugabe geïgnoreer het.
Vroeër het die leier van die MDC, Morgan Tsvangira, gewaarsku dat Zimbabwe op ‘n mespunt is omdat MUGABE weier om toe te gee dat hy die verkiesing verloor het.

Die aankondiging van die uitslag van die verkiesings is nou al met meer as ‘n week vertraag.

Waarnemers is van mening dat die vertraging deur Mugabe veroorsaak is om sy veiligheidsmagte en oorlogveterane kans te gee om die uitklopverkiesing met intimidasie en geweld in sy guns te beklink.

подъемник дляДанильченко

Mugabe slaan anti-blanke trom

ImagePresident Robert Mugabe hits sy volgelinge aan om vir hom te stem sodat hy hulle teen ‘n blanke inval kan beskerm.
Terwyl hy sy ondersteuners waarsku om ag te slaan op die blanke gevaar, het Mugabe gesê dat grond
in die hande van swartes in Zimbabwe moet bly. Oor die naweek is oorblywende plase in blanke besit
deur Mugabe-lojaliste beset.

Volgens die Zimbabwiese president mag swart Zimbabwiërs nie nou retireer in die stryd om grond nie. Volgens die staatstelevisie is plase in Masvingo is juis oor die naweek beset omrede blanke boere gesien is dat hulle na hul plase terugkeer.

Die leier van die oorlogsveterane in daardie provinsie het blankes met sterk optrede gedreig indien hulle op die gevaarlike pad sou volhard om na hul plase terug te keer.

санкт-петербургtopcargo кидалы

Mugabe-ondersteuners verjaag blanke boere

Aanhangers van president Robert Mugabe het Saterdag een van die laaste blanke boere in die land van sy plaas in Masvingo verdryf. Dit is deur die Zimbabwiese televisiediens in ‘n berig vermeld.
Ten minste nog drie plase in blanke besit is oor die naweek deur sogenaamde oorlogsveterane beset. Een van hulle hou uit met 50 ZANU PF-ondersteuners wat dreig om sy plaashek af te breek.

Volgens die staatstelevisie het die grondbesettings plaasgevind in reaksie op berigte wat sê dat die ou blanke boere terugkom om hul grond terug te neem. Daarom het oudstryders en lede van ZANU PF se jeugbeweging besluit om vroegtydig die laaste blanke plase te beset. Die boer in Masvingo is vier ure gegee om sy plaas te ontruim.

Vrydag het oud-stryders van die Zimbabwiese oorlog gewaarsku dat hulle die soewereiniteit van hul land sou verdedig. Zimbabwe word volgens hulle bedreig deur ‘n nuwe inval van blankes indien die opposisie na die verkiesings van 29 Maart aan bewind sou kom.

автомобильное зарядноеtopcargo

Maak veiligheidsbesteding belastingaftrekbaar, s? opposisie

Die idee om besteding op veiligheid belastingaftrekbaar te maak, geniet groot steun onder opposisiepartye.
Dr. Pieter Mulder van die VF+ het ‘n private lid-wetsontwerp by die parlement ingedien waarin ‘n wysiging van die Inkomstebelastingwet voorgestel en die DA se mnr. Kobus Marais het ‘n soortgelyke versoek aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gerig.

Terwyl maatskappye hul veiligheidsbesteding as uitgawes kan aftrek, is privaatindividue tans nie daarop geregtig nie.

In ‘n dokument met die titel, Vryheid van Vrees, vra die DA dat R5000 of 5% van belasbare inkomste afgetrek word vir besteding aan diefwering, alarmstelsels, veiligheidskamers en reaksiedienste.

enchanted meadowалександр лобановский харьков

‘n Pulitzer-pryswenner in Zimbabwe aangekeer

‘n Korrespondent van die New York Times en vorige wenner van die gesogte Pulitzer-prys in die VSA is onder die joernaliste wat gister deur die Zimbabwiese veiligheidsmagte in hegtenis geneem is.
Die joernalis, Barry Bearak, word daarvan beskuldig dat hy in Zimbabwe sonder amptelike akkreditasie as joernalis opgetree het.

Volgens die uitvoerende redakteur van die New York Times, Bill Keller, weet hulle nie waar hy aangehou word en of hy reeds aangekla is nie. Volgens Keller wend hulle alle moontlike pogings aan om sy welstand vas te stel, seker te maak dat hy veilig is en om sy spoedige vrylating te bewerkstellig.

Zimbabwe pas streng beheer oor die buitelandse media toe, maar ‘n aantal buitelandse joernaliste waag dit tans om onder dekking verslag te doen.

купить оборудование для автомойкилобановский александр жена

Skare woedend vir Eskom-man

‘n Eskombeampte wat laat was vir ‘n vergadering met lede van die Ekangalagemeenskap het die skare so kwaad gemaak dat hulle begin toitoi het en ‘n verkeerspolisieman se motor met klippe bestook het, het die Gautengpolisie vanmore laat weet.
Konstabel Sally Skosana sê die vergadering is vir gistermiddag belê omdat die Ekangalagebied – naby Bronkhorstspruit – vir twee weke nog geen elektrisiteit gehad het nie.

Die vergadering is vir vyfuur geskeduleer maar toe die Eskom-man nie opdaag nie, het hulle woedend geraak. Nada hy teen sesuur aangekom het, is die krag nog tydens die vergadering aangeskakel.

Intussen word ‘n klag van kwaadwillige saakbeskadiging aan die voertuig ondersoek.

светодиодный линейный светильникФільчаков прокурор

Suid-Afrika wil AU-VN samewerking bevorder

Suid-Afrika wil sy voorsitterskap van die Verenigde Nasie se Veiligheidsraad in April gebruik om samewerking tussen die VN en die Afrika-Unie te bevorder.
Aziz Pahad,adjunkminister van Buitelandse Sake, het aan verslaggewers tydens ‘n byeenkoms met verteenwoordigers van die DRK gesê dat Suid-Afrika hulself ten doel stel om konkrete stappe te neem om bande te verstewig.

Die Veiligheidsraaddebat sal ‘n geleentheid bied om sake soos die ingewikkelde aard van huidige konflikte in Afrika te bespreek, asook post-rekonstruksie ontwikkeling en hoe om die verhouding tussen die VN en AU maksimaal aan te wend.

Die doelwit van beter samewerking met die VN word as Suid-Afrika se hooftema vir die volgende twee jaar in die voorsitterstoel van die Veiligheidsraad beskou.

you playФільчаков прокурор

Verbruikers behoort risiko te dra, s? Eskom

Volgens Eskom se Hoofuitvoerendebeampte, Jacob Maroga, behoort elektrisiteitsverbruikers die risiko van kostestygings in die bedryf te dra.

Stygings in die pryse van brandstof en steenkool wat Eskom se insetkostes verhoog, behoort onmiddellik na die verbruiker deurgevoer te word, soortgelyk aan die brandstofsektor.

Eskom het aan die Nasionale Eletrisiteitsreguleerder voorgestel dat daar meer gereelde prysvasstellings moet plaasvind en dat hy ontevrede is met die huidige driejaarmodel.

Moroga sê dat daar sekere kategorieë van kostes is wat Eskom nie eens binne een jaar kan voorspel nie, wat nog te sê oor drie jaar.

уличные консольные светодиодные светильники на столбы ценаЛобановский

Swazi’s wil nie meer boer nie

Hoewel die Verenigde Nasies se Voedselprogram skat dat 407 000 mense in Swaziland teen dié tyd voedselhulp sou nodig hê, benodig 665 000 Swazi’s uit ‘n totale bevolking van 953 000 nou sulke hulp.

Goeie reënval sedert die aanvang van die plantseisoen in November het die hoop laat opvlam dat daar minder afhanklikes van voedselhulp sal wees, maar Swazi’s ly toenemend honger.

Die internasionale gemeenskap het verlede jaar ingegryp om Swaziland vanweë ‘n droogte by te staan.

Ongelukkig, sê Charles Dlamini, het die mense die les geleer dat hulle nie oor oeste hoef te bekommer nie. Hulle sal kos gratis ontvang. Daar sal vir hulle gesorg word. Hierdie luiheid het tot afhanklikheid gelei en dit is waarom baie lande nie vanjaar geploeg is nie.

сауныФільчаков Олександр Васильович

Nuwe motorverkope af

Die Nasionale Motorvervaardigersassosiasie van Suid-Afrika (Naamsa) het Woensdag aangedui dat die algehele gemiddeld vir nuwe voertuigverkope afgeneem het met 18,4% vir Maart.

Omdat Paasnaweek dié jaar in Maart geval het, het dit bygedra tot minder verkoopsdae, het die assosiasie verklaar.

Vir Maart 2008 staan nuwe motorverkope op 27 724 eenhede wat ‘n aansienlike daling van 8 314, of 23,1%, motors beteken, in vergelyking met 36 038 nuwe motors wat gedurende Maart verlede jaar verkoop is.

Aanvraag in die nuwe motormark het heelwat verswak in die afgelope paar maande, volgens Naamsa, as gevolg van die kumulatiewe effek van rentekoersverhogings en druk op besteebare inkomste vanweë stygende energie-, voedsel- en brandstofpryse.

мультики куклы барбилобановский депутат

SA aandelebeurs behoort aan buitelanders

Buitelanders het reeds byna die helfte van JSE Beperk, die genoteerde maatskappy wat die Johannesburgse Aandelebeurs besit, opgekoop.
Volgens die JSE se mees onlangse jaarverslag het buitelandse aandeelhouers 45% van die JSE se uitgereikte aandele aan die einde van 2007 besit. ‘n Jaar vroeër het buitelandse aandeelhouding net 18,9% verteenwoordig.

Die twee grootste aandeelhouers in die JSE is SSB & Trust met 5,13 miljoen aandele, oftewel 6%, asook Northern Trust Company – Fidelity Funds wat insgelyks 5,13 miljoen aandele of 6% besit.

Die bestuur van die JSE is nie bekommerd oor die verwikkeling nie en meen buitelanse beleggers sien genoteerde aandelebeurse as laerisikobeleggings wat ook heelwat kontant voortbring.

насосное оборудование в москвелобановский александр игоревич