Fidentia baasbrein deur FBI gegryp

‘n Baasbrein in die Fidentia-skandaal is in die VSA deur die FBI in hegtenis geneem. Steven Goodwin is Saterdag deur Amerikaanse owerhede by Los Angeles se lughawe voorgekeer, volgens die Nasionale Vervolgingsgesag.
Hulle het tussenbeide getree nadat Interpol gewaarsku het dat Goodwin oppad is na die VSA en dat ‘n lasbrief in Suid-Afrika in Julie 2007 uitgereik is vir sy inhegtenisname. Goodwin het Suid-Afrika vroeg in Februarie verlaat om na Australië te gaan.

Goodwin word beskou as die oorspronklike stigter van Fidentia en het enkele dae voor Brown se arres vertrek. As hy grondvat in Suid-Afrika sal Goodwin klagtes van diefstal, bedrog en korrupsie wat miljoene behels, in die gesig staar.

Goodwin word ook van geldwassery verdink.

планировка баниАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae