Verkiesingsbeamptes in Harare gearresteer

Sewe verkiesingsbeamptes is gister in Harare gearresteer. Polisie sê hulle sal van verkiesingsbedrog aangekla word en het die verdagtes daarvan beskuldig dat hulle stemme vir President Robert Mugabe geïgnoreer het.
Vroeër het die leier van die MDC, Morgan Tsvangira, gewaarsku dat Zimbabwe op ‘n mespunt is omdat MUGABE weier om toe te gee dat hy die verkiesing verloor het.

Die aankondiging van die uitslag van die verkiesings is nou al met meer as ‘n week vertraag.

Waarnemers is van mening dat die vertraging deur Mugabe veroorsaak is om sy veiligheidsmagte en oorlogveterane kans te gee om die uitklopverkiesing met intimidasie en geweld in sy guns te beklink.

подъемник дляДанильченко