Maak veiligheidsbesteding belastingaftrekbaar, s? opposisie

Die idee om besteding op veiligheid belastingaftrekbaar te maak, geniet groot steun onder opposisiepartye.
Dr. Pieter Mulder van die VF+ het ‘n private lid-wetsontwerp by die parlement ingedien waarin ‘n wysiging van die Inkomstebelastingwet voorgestel en die DA se mnr. Kobus Marais het ‘n soortgelyke versoek aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gerig.

Terwyl maatskappye hul veiligheidsbesteding as uitgawes kan aftrek, is privaatindividue tans nie daarop geregtig nie.

In ‘n dokument met die titel, Vryheid van Vrees, vra die DA dat R5000 of 5% van belasbare inkomste afgetrek word vir besteding aan diefwering, alarmstelsels, veiligheidskamers en reaksiedienste.

enchanted meadowалександр лобановский харьков