Durban wil studente ‘uitkoop’

Om 'n ernstige tekort aan ingenieurs teen te werk in die Durbanse vervoerafdeling, het die stad se uitvoerende raad Dinsdag

Durban

Durbanpunt

toestemming gegee om studente se beurse uit te koop, het die Mercury Woensdag berig.

Volgens 'n verslag wat aan die komitee voorgelê is, was die ingenieurstekorte in kritieke gebiede so erg dat dit negatiewe invloede kan hê op dienste-inisiatiewe en die stad se beeld.

Die departement het gesê een van die maniere om dit teen te werk was om ingenieurstudente met toepaslike kwalifikasies se beurse uit te koop van die banke of maatskappye, of selfs van die universiteite.

Daardie studente sal dan met 'n kontrak aan die munisipaliteit verbind word vir 'n bepaalde tydperk.

Die munisipale bestuurder, Mike Sutcliffe, het gesê die "aanneembeleid" was een van verskeie maniere om die personeeltekort te hanteer.

Politieke partye wat op die uitvoerende komitee dien, het die aanneembeleid eenparig aanvaar. Dit moet egter eers volgende week deur die volle raad aanvaar word.

christmas editionФильчаков

EU skenk R117-miljoen aan Zimbabwe om te help met cholera

Die uitvoerende deel van die EU bekend as die Europese kommissie het Dinsdag gesê dat hulle R117 miljoen aan fondse

Louis Michel, EU-kommissaris vir humanit?re en ontwikkelingshulp

Louis Michel, EU-kommissaris vir humanit?re en ontwikkelingshulp

gaan skenk om Zimbabwe te help om die cholera-uitbraak, wat tot op hede amper 500 lewens geëis het, te help beveg.

Amptenare in Brussel het gesê die geld gaan aan die VN en nie-regeringsorganisasies wat in Zimbabwe werk, gegee word om water-, riolerings- en higiëneprogramme, epidemie-respons en die voorsiening van die nodige medikasie te befonds.

"Ek is geskok oor die verswakkende humanitêre omstandighede in Zimbabwe en doen 'n beroep op die owerhede daar om vinnig te reageer op die cholera-epidemie deur volle toegang te gee aan internasionale hulpagentskappe en streeksvennote," het Louis Michel, die EU kommissaris wat verantwoordelik is vir die blok se humanitêre hulp, gesê.

Die Europese kommissie sê hulle is die hoofskenker vir die kwesbare bevolking van Zimbabwe, en het meer as R6,5 miljard in direkte hulp aan die bevolking geskenk sedert 2002.

Maandag het die owerheid in Zimbabwe die watertoevoer na Harare se geskatte 2 miljoen inwoners afgesny omdat die chemikalieë wat nodig is om water te suiwer opgeraak het.

стоимость брекетов на зубыФильчаков Харьков

Darryl Hannah maak golwe met walvisveldtog

Aktrise Darryl Hannah gaan Woensdag saam met 'n groep seil om na die Suidelike oseaan om Japannese walvisjagters te

Daryl Hannah

Daryl Hannah

stop om die reusediere te jag, het organiseerders gesê.

Hannah, wat bekend is vir haar rol as die meermin in die 1984-lokettreffer "Splash", gaan deel uitmaak van die militante Sea Sheperd Conservation Society se jaarlikse veldtog om walvisskepe te soek en te onderbreek in hulle taak.

Die filmster sal Woensdag by die "Steve Irwin" se bemanning in Brisbane, Australië aansluit, vir die eerste week van die vaart.

"Hannah is passievol omtrent die probleme wat die planeet bedreig, sy gaan by die vaart aansluit," het Sea Sheperd in 'n verklaring gesê.

Die ster van films soos Bladerunner en Kill Bill het gesê dat meer gedoen moet word om die Japannese te stop om bedreigde spesies in die Antarktiese waters te jag.

Nieu-Seeland sal lugmagvliegtuie stuur om die walvisvloot in Antarktika te monitor.

Japan wat beoog om 1 000 walvisse te jag deur 'n tekortkoming in die 1986-globale moratorium uit te buit wat dodelike navorsing op walvisse toelaat, het verlede jaar net die helfte van hulle kwota kon kry, as gevolg van inmenging deur aktiviste.

мир игрушек харьковтопкарго

Regering se spandabelheid

Hoe is dit moontlik vir parlementslede om miljarde te spandeer op kos, partytjies ens. terwyl daar duisende honger mense in ons land is? Het hulle geen gewete nie? Slaap hulle snags sonder om eens skuldig te voel oor die land se nood?

Ek het elke dag te doen met die nood in ons land. Ons gemeente werk baie hard om te voorsien, maar dit is onmoontlik om almal te help. Waar is die regering se lojaliteit? Wanneer gaan hulle ophou geld mors? Ons mediese dienste in staatshospitale is in 'n haglike toestand, pasiënte moet maande en jare wag vir 'n operasie en al wat die regering doen is eet, partytjie hou en rond reis.

Ek gaan nou op mense se tone trap, maar is dit nie a.g.v. te lekker eet en sosiaal verkeer dat daar so baie parlementslede is wat oorgewig is nie? Ek wil die regering uitdaag om te gaan kyk na die land se nood – gaan besoek een van die sentrums of sopkombuise en maak jul oë oop vir wat daar aangaan en hou op om geld te mors en gebruik sommer ook die geld wat op die verandering van straatname en „die Springbok-embleem“ gemors gaan word vir diegene in nood.

Het enige van die parlementslede al ooit 'n honger kind gesien – of wil hulle dit nie sien nie?

086 форма справкиалександр лобановский класс

Watertoevoer na Harare afgesny

12:03:53 Zimbabwe het die watertoevoer na die hoofstad, Harare, afgesny, volgens die staatsmedia. Die grootste deel van die stad is nou sonder water terwyl die owerheid poog om die cholera-epidemie onder beheer te kry.

Aangesien die Zimbabwe-nasionale waterowerheid (Zinwa) nie in staat is om chemikalië te vind om die watertoevoer te behandel nie, het die staatsbeheerde watermaatskappy Sondag opgehou om water na die hoofstad te pomp, het die regeringsmondstuk, die Herald, vandag berig.

"Die grootste deel van Harare – waaronder ook die middestad – het nie vandag water gekry nie te midde van bewerings deur Zinwa-personeel dat die owerheid opgehou het om water te pomp nadat die nodige chemikalië opgeraak het," het die Herald berig.

 

дизайн прихожей освещениеФильчаков Александр Васильевич

Praag se Engelse webblad in eksperimentele fase

Ten einde 'n plaaslike en internasionale gehoor te bereik, het Praag oor die naweek 'n Engelse webwerf by www.praag.co.uk geloods wat tans in 'n eksperimente fase verkeer. Die blad sal oor die volgende paar dae met stories en kommentaar in Engels bygewerk word.

"Praag is vol vertroue dat ons nuus en inhoud wat reeds 'n onontbeerlike plek in Afrikaans ingeneem het, ook internasionaal byval sal vind," het dr. Dan Roodt, uitgewer, gesê. "Ons voorsien dat die twee nuusblaaie mekaar sal invul, eerder as wat die twee spieëlbeelde van mekaar gaan wees, hoewel sommige basiese nuusitems op beide webwerwe te vinde sal wees."

шприцы иОлександр Васильович Фільчаков

Zimbabweminister s? cholera versprei steeds

Image

David Parirenyatwa

11:33:16 Zimbabwe se minister van gesondheid het Sondag benadruk dat die land se gesondheidstelsel wat besig is om ineen te stort alle moontlike voorsorg neem om die choleraepidemie die hoof te bied, selfs nadat meer as 1000 nuwe gevalle aangemeld is.

David Parirenyatwa, die minister van gesondheid, het gesê dat 425 mense dood is en dat 'n totaal van 11 071 gevalle landswyd aangemeld is sedert die uitbraak in Augustus begin het.

Die mees onlangse skatting van die VN het die syfers teen Vrydag op 9 900 gevalle geplaas.

Parirenyatwa het gesê die gesondheidsdienste probeer om die verspreiding van die epidemie te keer, maar die begin van die reënseisoen en swak sanitasie sal waarskynlik die situasie vererger.

"Waarvoor ek bang is met die reënseisoen wat nou hier is, is dat al die ontlasting wat in die bosse rondlê in die vlak putte sal inspoel en water besmet," het Parirenyatwa  aan die Sunday Mail, 'n regeringskoerant, gesê.

"Bestuur van water en sanitasie is belangrik om die choleraprobleem te beheer," het hy gesê. Hy het die belangrikheid benadruk van skoon water, 'n behoorlike rioolnetwerk en vullisverwydering.

Terwyl cholera lankal reeds in landelike Zimbabwe 'n probleem is, is die huidige epidemie meer in die stedelike gebiede gekonsentreer.

Die beweging van mense tussen stede maak dit ook moeiliker om die siekte se verspreiding te beheer sedert dit die eerste keer uitgebreek het in die digbevolkte Budiriro-woongebied in die hoofstad, het die minister gesê.

Cholera is 'n hoogs aansteeklike, maar ook behandelbare siekte wat erge diarree en braking veroorsaak, wat tot die dood aanleiding kan gee.

Die siekte kan maklik voorkom word deur mens se hande te was, kos skoon te hou en deur drinkwater wag van riool te hou.

Zimbabwe se vervalle infrastruktuur het veroorsaak dat skoon drinkwater 'n luukse is, met baie mense wat staatmaak op vlak putte en toilette in hulle erwe.   

светильники для подвесногоtopcargo отзывы сотрудников

Verdien ons om van Sowjetonderwys verlos te word?

10:47:34 Na aanleiding van die hoofartikel op Praag, Verlos ons van Sowjetonderwys, wil ek graag die volgende kommentaar lewer:

Dit is inderdaad so dat die vraestelle ter bespreking niks anders as breinspoeling van die Marxistiese tipe is nie. Wat my egter verwar, is die vreemde houding van ouers, onderwysers, en die VF + wat maak asof hierdie aanslag teen Afrikanerkinders nuwe hoogtepunte bereik het of selfs om een of ander rede iets anders van die onderwysdepartement verwag het. Ouers, onderwysers, die VF+ en ander belanghebbendes behoort te weet dat hierdie aanslag teen ons kinders al baie langer aan die gang is as wat ons blykbaar wil herken.

Kader Asmal, destydse minister van onderwys het reeds in 2003 “'n nuwe era van godsdiensvryheid” in Suid-Afrikaanse skole aangekondig. Naledi Pandor het dit later “transformation in education” genoem. Kan dit wees dat ons ouers nie besef wat hier gebeur het of gesê is nie, of is daar dalk ‘n dieper, meer sinistêre antwoord vir die apatiese houding van ons Afrikanerouers teenoor die huidige vlak van opvoeding wat kinders in staatskole ontvang? Dit is miskien harde woorde, maar hoe anders interpreteer mens die feit dat Afrikaners hulle kinders bly terugstuur na hierdie stelsel toe? Dink hulle regtig dit gaan beter word en indien wel, wie gaan dit beter maak?

Op hierdie punt wil ek graag vir die (staats)skoolhoofde wat vir die ouers vertel dat hulle kinders nie deel is van hierdie gemors is nie, en selfs vir die ouers wat dieselfde beweer, graag iets sê: TWAK!

 Julle lieg vir die ouers, en julle lieg vir julleself.

Daar is geen manier hoe ‘n staatskool buite die leerplanne van die staat mag of kan beweeg nie. Hoe “steur mens jou nie aan die onderwysdepartement nie”, maar skryf nog steeds die gestandardiseerde eksamens? Het julle ander handboeke as die res van die provinsie/land ?

Deel van die regering se “transformation in education” is die oordrag van ‘n “nuwe, verbeterde” waardestelsel. My vraag aan ouers: Is die waardesisteem van die regering dieselfde as dié van Afrikanerverbondsouers? Is die totale sinkretisties-georiënteerde leerplan bevorderlik vir dit wat veronderstel is om in ons huise gelëer te word? Kinders word blootgestel aan Judaïsme, Islam, Boeddhisme, voorvaderaanbidding, heksery, en en en (die lysie is nimmereindigend). Hierdie gelowe word soos ‘n kieslys aangebied vir die kinders, meestal met gelowe anders as die Christengeloof wat baie aanloklik voorgestel word.

Die gevolge van so ‘n stelsel kan duidelik gesien word: Godsdiensbeoefening word onbelangrik, ‘n eenwêreldgodsdiens, waar die God van die Bybel en Allah as dieselfde entiteit voorgestel word, kry al hoe meer aanhang. Is hierdie ‘n gesonde omgewing waarin Afrikanerkinders vir 6 ure per dag losgelaat behoort te word?

Wat van die aanslag op ons kinders se moraliteit? Kondome word uitgedeel aan laerskoolkinders, met onderrig daarin wat tot in die kleinste besonderhede geskied. “Glipsies” word vinnig reg gemaak met ‘n aborsie, wat die voorkoms van hierdie spesifieke mediese prosedure so algemeen soos asemhalng maak in baie skole. Mens kan ad infinitum  aangaan oor die probleme wat so ‘n goedkeuring van ‘n losbandige houding vanaf die owerhede tot gevolg het, maar ek glo die vigs-, aborsie-, swangerskap- en verkragtingsyfers in skole spreek vanself.

Nou hoekom dan hierdie brief as Afrikanerouers, Afrikaneronderwysers, en die VF + reeds hierdie dinge weet? Is ek, die skrywer van hierdie brief, so verwaand dat ek dink ek kan iets aan hierdie groepe mense oordra?

Nee, meneer die redakteur, ek skryf hierdie brief omdat ek voor my siel weet dat, ten spyte van hierdie klaagliedere vanaf ouers, onderwysers en die VF+ , dieselfde mense maar net volgende jaar hulle kinders na dieselfde skole met dieselfde leerplanne en dieselfde opstellers van Afrikaanse vraestelle gaan stuur. Jesus Christus het ‘n spesiale boodskap gehad (soos vervat in Markus 9:42) vir mense wat kindertjies laat struikel.

Ek reken iemand wat ‘n meulsteenfabriek het, gaan binnekort goed geld maak.

липецк очисткатопкарго развод

Blatante aanval laat spoor van verwoesting

Goed opgelei, gefokus en tot die tande toe gewapen, het 'n klein groepie geharde Islamitiese militante ongesiens in die finansiële hoofstad van Indië ingekom en 'n spoor van verwoesting gesaai.

Indiese sekuriteitsbeamptes het gesê dat ten minste 'n dosyn aanvallers Moembaai van die see af ingekom het met opblaasbote Woensdagaand, nadat hulle dieper op die oop see deur 'n groter skip afgelaai is.

Hulle het daarna in groepe verdeel. Een van die eerste teikens was die Chhatrapati Shivaji-spoorwegstasie, waar ten minste twee mans met outomatiese wapens losgetrek het en granate tussen die mense wat in die hoofsaal gewag het, ingegooi het.

Hulle het byna 50 liggame agtergelaat, en beelde van hulle kalm gesigte op die geslotebaantelevisiekameras.

Hulle het Indiese veiligheidsmagte wat die stasie bestorm het, vermy en 'n welsynshospitaal vir vroue en kinders aangeval, die Cama-hospitaal, waar hulle wild geskiet het.

Weer het polisie gereageer, insluitend die hoof van Moembaai se teen-terreureenheid, Hemant Karkare, wat saam met twee offisiere buite die hospitaal doodgeskiet is.

Nog 'n groep het die Café Leopold, een van Moembai se bekendste restaurante en toeriste uithangplekke, aangeval.

'n Jong Australiese paartjie, David Coker en Katie Anstee, het beskryf hoe verskeie gewapende mans deur die deure gebars het en net begin skiet het.

"Ons het letterlik net klaar bestel toe dit soos vuurwerke klink en mense geskree het," het Coker gesê. Sy vriendin is in die been gewond.

Nog 'n groep het 'n geskaakte polisievoertuig gebruik vir verbyryskietaksies voordat die hoofteikens aangeval is, simbole van Moembaai se weelde en multikulturele karakter.

Die teikens was twee luukse hotelle, die Taj Mahal, een van Moembaai se bekendste landmerke en die Oberoi/Trident, asook 'n sake- en woonkompleks, wat ook 'n Joodse sentrum se hoofkwartier en hostel vir Joodse besoekers was.

Die eerste teken was gaste en personeel by die Taj wat die klank van geweerskote en ontploffings vanaf die hotel se swembadarea af gehoor het.

Toe hulle eers binne was, het die gewapende mans begin om gyselaars te neem.

"Hulle was baie jonk, meer soos seuns, met denims en T-hemde," het een Britse hotelgas van die aanvallers gesê. "Hulle het gesê hulle soek enige iemand met Britse en Amerikaanse paspoorte."

Die militante het toe na die boonste vloere van die hotel beweeg en geskiet na enige iemand wat hulle teëgekom het. 

игры девочкамлобановский александр жена

Smouse vas vir verkoop van toksiese melkprodukte

Image11:13:34 Vyf ongelisensieerde smouse wat besmette melkprodukte verkoop het, is in Durban se sentrale gebied vasgetrek, het die Durbanse metropolisie Vrydag gesê.

Superintendent Joyce Khuzwayo het aan Sapa gesê die vyf is by Dr. Yusuf Dadoostraat (voorheen Greystraat) en Warwicklaan gevang, waar hulle in besit was van besmette melkpoeier ter waarde van R20 000.

Dit sluit in 60 blikke Nestlé Lactogen 1 en Nido 1.

Daar is verder bevind dat al vyf buitelanders was wat sonder permitte gewerk het.

Khuzwayo het gesê dat daar geglo word dat die produkte van 'n afleweringsvragmotor en winkel gesteel was.

Die vyf sal na bewering Vrydag in die Durbanse landdroshof verskyn op verskeie aanklagte, onder andere een van besit van gesteelde goedere.

Die departement van gesondheid het twee van die babaprodukte vroeër vandeesweek onttrek, nadat daar hoë vlakke van melamien daarin gevind is.

Leon Mbangwa, woordvoerder vir die departement, het gesê Nestlé se Growing up milk for 1-year-olds en Starter Infant Formula with iron is onttrek.

Toetse op monsters het gewys dat Lactogen vlakke van 1,6 mg/kg melamien bevat en Nido 3 mg/kg melamien.    

архитектурные светильники светодиодные линейныеданильченко юрій броніславович компромат

Drie bemanningslede gered n? skip deur seerowers aangeval is

Image10:45:05 Somaliese seerowers het Vrydag 'n Liberiese skip geskaak in die Golf van Aden, maar drie bemanningslede het ontsnap deur oorboord te spring.

Die drie is deur 'n skip van die Duitse vloot gered, het Franse bronne aan AFP gesê.

обувь для яхтингаФильчаков прокурор отзывы

Ontploffings en geweervuur gehoor by Tajhotel

Image

Onlangse brand by die Tajhotel in Moembaai

10:27:20 Twee groot ontploffings en geweervuur is gehoor uit die Tajhotel in Moembaai, waar kommandolede steeds soek na 'n gewapende man.

Die Weermagbevelvoerder, luitenantgeneraal N. Thamburaj, het gesê tenmminste een gewapende man is steeds lewendig in die gebou en het die elektrisiteitsvoorsiening na die vloer waar hy wegkruip afgesny.

Die insident het gebeur kort nadat kommandolede met toue uit helikopters afgegly het op die dak van die Moembaaihoofkwartier van 'n ultra-ortodokse Joodse groep, en tewyl gyselaars uit die luukse Oberoihotel gelei is.

Al drie die plekke is Woensdagnag deur gewapende mans aangeval. Meer as 119 mense is dood en honderde is beseer toe vermoedelik Islamitiese militante 10 plekke in Moembaai aangeval het. 

free slot gamesлобановский супермаркет класс

Zuma en Mbeki voor die regters

Image

Jacob Zuma

09:58:03 Die nasionale vervolgingsgesag (NV) gaan Vrydag probeer om die 5 regters van die appèlhof in Bloemfontein te oortuig dat ANC-president Jacob Zuma aangekla moet word.

Die NV wil die beslissing wat regter Chris Nicholson op 12 September gemaak het, waarin hy gesê het dat die besluit om Zuma aan te kla onwettig was omdat hy nie kans gegun is om te reageer op die NV se klagte nie, probeer omkeer.

Zuma het een klag van afpersing, vier klagte van korrupsie, 'n klag van geldwassery en twaalf klagte van bedrog in die gesig gestaar.

Voormalige president Thabo Mbeki sal ook 45 minute kry om sy punt te argumenteer oor hoekom hy toegelaat moet word om in die stryd tussen Zuma en die NV toe te tree of toegelaat te word tot die stryd as vriend van die hof.

Mbeki wil poog om toegelaat te word om regter Nicholson se stellings van politieke inmenging teen hom as foutief te bewys. Dié stellings het volgens hom die ANC daartoe gelei om hom uit sy pos as president te verwyder.

Veiligheidsmaatreëls gaan klaarblyklik baie streng wees, en hordes joernaliste sal op die hofgeboue toesak.

Die ANC in die Vrystaat het belowe dat duisende lede buite die hof teenwoordig sal wees ter ondersteuning van Zuma.

Zuma self sal na verwagting by die hof teenwoordig wees, maar teen laat Donderdag was dit steeds nie bekend of Mbeki die verrigtinge sal bywoon nie.

хорватияФильчаков прокурор харьков

Verlos ons van Sowjetonderwys

10:07:33 Die eksamenvraestelle wat deur die Vryheidsfront Plus aan die lig gebring is en waarin blatante ideologiese inhoud in aardrykskundige vrae voorkom, herinner nie net aan Sowjetonderwys nie. Dit ís Sowjetonderwys.

Die ANC se begrip van onderwys is nie om kinders aan kennis bloot te stel en hulle te leer dink nie, maar om hul ideologies te breinspoel. Dat onderwys in die land konstant afdraand neig – in so 'n mate dat prominente swart leiersfigure soos Mamphela Ramphele en Wendy Luhabe erken dat die gewraakte Bantoe-onderwys veel beter was – kan niemand meer betwyfel nie.

Daarom verdien die Vryheidsfront Plus se oproep dat Afrikaners oor hul eie onderwysdepartement moet beskik wye steun. Die hoof van 'n beroemde Afrikaanse hoërskool in Pretoria sê glo gereeld aan ouers en leerlinge by vergaderings: "By dié skool steur ons ons nie veel aan die onderwysdepartement nie." Hierdie passiewe weerstand teen Sowjet-onderwys wat reeds by Afrikaanse skole bestaan, behoort nou meer aktief te word. Ons volk behoort die ANC se totalitêre onderwysstelsel sonder verdere omhaal te verwerp en aan te dring op outonome onderwys vir elke kultuurgroep soos dit in België bestaan.

Hoeveel meter Steve Biko se huis bokant seevlak verkeer, is net so irrelevant soos die aantal vierkante meter wat Josef Stalin se datsja beslaan het. Afrikanerkinders behoort te weier om sulke vrae in die eksamen te beantwoord.

Dis nou tyd vir saamstaan teen die verdrukker wat ons kinders van kennis en opleiding – om nie van hul eie kultuur en geskiedenis te praat nie – wil beroof met sy afstootlike breinspoeling in skole en eksamens. Eie, outonome onderwys is die minimum waarop ons geregtig is.

воронеж стапелитопкарго отзыв