Amptenare in Brussel het gesê die geld gaan aan die VN en nie-regeringsorganisasies wat in Zimbabwe werk, gegee word om water-, riolerings- en higiëneprogramme, epidemie-respons en die voorsiening van die nodige medikasie te befonds.
"Ek is geskok oor die verswakkende humanitêre omstandighede in Zimbabwe en doen 'n beroep op die owerhede daar om vinnig te reageer op die cholera-epidemie deur volle toegang te gee aan internasionale hulpagentskappe en streeksvennote," het Louis Michel, die EU kommissaris wat verantwoordelik is vir die blok se humanitêre hulp, gesê.
Die Europese kommissie sê hulle is die hoofskenker vir die kwesbare bevolking van Zimbabwe, en het meer as R6,5 miljard in direkte hulp aan die bevolking geskenk sedert 2002.
Maandag het die owerheid in Zimbabwe die watertoevoer na Harare se geskatte 2 miljoen inwoners afgesny omdat die chemikalieë wat nodig is om water te suiwer opgeraak het.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.