Regering se spandabelheid

Hoe is dit moontlik vir parlementslede om miljarde te spandeer op kos, partytjies ens. terwyl daar duisende honger mense in ons land is? Het hulle geen gewete nie? Slaap hulle snags sonder om eens skuldig te voel oor die land se nood?

Ek het elke dag te doen met die nood in ons land. Ons gemeente werk baie hard om te voorsien, maar dit is onmoontlik om almal te help. Waar is die regering se lojaliteit? Wanneer gaan hulle ophou geld mors? Ons mediese dienste in staatshospitale is in 'n haglike toestand, pasiënte moet maande en jare wag vir 'n operasie en al wat die regering doen is eet, partytjie hou en rond reis.

Ek gaan nou op mense se tone trap, maar is dit nie a.g.v. te lekker eet en sosiaal verkeer dat daar so baie parlementslede is wat oorgewig is nie? Ek wil die regering uitdaag om te gaan kyk na die land se nood – gaan besoek een van die sentrums of sopkombuise en maak jul oë oop vir wat daar aangaan en hou op om geld te mors en gebruik sommer ook die geld wat op die verandering van straatname en „die Springbok-embleem“ gemors gaan word vir diegene in nood.

Het enige van die parlementslede al ooit 'n honger kind gesien – of wil hulle dit nie sien nie?

086 форма справкиалександр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae