Mynbouindustrietaakspan saamgestel

Image'n Mynbouindustrietaakspan is saamgestel om na moontlike oplossing ten opsigte van die globale finansiële krisis te kyk, het die direkteurgeneraal van minerale en energie, Sandile Nogxina Maandag gesê.

Kort na 'n vergadering met mense van die industrie en arbeid in Pretoria, het Nogxina gesê dat die vergadering besluit het om 'n taakspan saam te stel met lede van die industrie, arbeid en die departement.

"Die taakspan is opdrag gegee om vas te stel wat alles gedoen sal moet word," het hy gesê.

Nasionale unie van mynwerkers se sekretarisgeneraal, Frans Baleni, wat ook by die vergadering teenwoordig was, het gesê die span sal kyk na hoe erg die krisis is, en ook na potensiële werksverliese as gevolg van die krisis.

Dit volg nadat verskeie mynmaatskappye gesê het dat daar werksverliese voorlê as gevolg van die krisis.

Baleni het gehoop dat 'n moratorium geplaas sal word op die vermindering van poste.

Die vergadering het saamgestem dat verlies van poste met versigtigheid benader sal word, en net as 'n laaste uitweg beskou sal word.

Dirk Hermann, woordvoerder vir Solidariteit, het die krisis as redelik ernstig beskou, en aangedui dat sy unie kennis gegee is van 9163 poste wat in die slag kan bly.

David Nonko, die vise-voorsitter vir die Kamer van mynwese het gesê dat 'n permanente oplossing vir die krisis gevind moet word.

"Die industrie verstaan dat dit in 'n krisis is. Ons moet nou soek na oplossings."

Die industrie "sal verantwoordelik optree" wanneer dit geen oor poste wat verminder word, het Nonko gesê.  

и банилобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae