Mosambiek wil oor drie jaar genoeg rys produseer vir eie gebruik

Mosambiek beplan om rysproduksie te verhoog om oor drie jaar in sy eie rysaanvraag te kan voorsien, het die minister van landbou, Soares Nhaca op Maandag afgekondig, en bygevoeg dat die land nou poog om landbou 'n hupstoot te gee.


Nhaca het gepraat by die opening van 'n vierdae jaarlike konferensie van die Konsulterende Groep op Internasionale Landbou Navorsing (KGILN) wat kenners bymekaarbring om maniere te bespreek om honger in Afrika teen te werk.

Hoewel Mosambiek groot gebiede onbewerkte landbougrond het, hou hulle steeds aan om jaarliks tussen 300 000 en 450 000 ton rys in te voer om die plaaslike bevolking te voed.

Nhaca het aan die vergadering gesê dat die regering 'n plan aanvaar het om die invoere van rys en koring te verminder.

Hy het gesê die regering sal meer geld investeer in die ontwikkeling van infrastruktuur om boere te help, met uitgebreide opleidingsprogramme, die huur van meer kenners en die verhoging van meganisasie op plase.

Die regering het gesê die totale graanproduksie van die huidige oes behoort 2,6 miljoen ton te wees, teenoor 2,3 miljoen ton van die vorige seisoen.

Volgens KGILN, moet Afrika meer belê in landbou om honger op die kontinent teen te werk.

Mosambiekse president, Armando Guebuza, het skenkers en beleggers aangemoedig om landbouprojekte regoor Afrika te ondersteun om voedseltekorte te voorkom.  

игрушкаФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae