Meer Afrikakinders sal aan wanvoeding ly in 2020

ImageOmtrent 16 miljoen kinders in Afrika sal teen 2020 wanvoeding in die gesig staar as gevolg van lae ekonomiese groei en kwynende belegging in landbou, het 'n studie wat Maandag vrygestel is in Mosambiek getoon.

Die internasionale voedselbeleidnavorsingsinstituut (IVBNI) se studie wat bekendgemaak is by 'n landboukongres is in Maputo, het getoon dat ontwikkelende lande is Asië gegroei teen 'n gemiddelde tempo van nege persent tussen 2005 en 2007, terwyl Afrika se ekonomieë gegroei het teen ses persent.

Met die aanvang van die voedsel en finansiële krisisse het daardie stewige groeikoers gedaal, het die IVBNI gesê.

Die studie het gesê dat die verlaagde groei, investering en produktiwiteit teen 2020 sal lei tot verhogings  van tussen 13% en 17% in die prys van basiese stapelvoedsels, wat weer sal lei tot wanvoeding van 'n addisionele 16 miljoen kinders.

"Die huidige krisis sal waarskynlik groot en langdurende gevolge op ontluikende ekonomieë hê en op die mense wat die armste is," het Joachim von Braun, direkteur van IVBNI gesê.

"Arm mense spandeer 50% tot 70% van hulle inkomste op voedsel en het min kapasiteit om aan te pas terwyl pryse styg en lone vir ongeskoolde arbeid nie daarby aanpas nie," het hy bygevoeg.

для грузовоголобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae