Zimbabweminister s? cholera versprei steeds

Image

David Parirenyatwa

11:33:16 Zimbabwe se minister van gesondheid het Sondag benadruk dat die land se gesondheidstelsel wat besig is om ineen te stort alle moontlike voorsorg neem om die choleraepidemie die hoof te bied, selfs nadat meer as 1000 nuwe gevalle aangemeld is.

David Parirenyatwa, die minister van gesondheid, het gesê dat 425 mense dood is en dat 'n totaal van 11 071 gevalle landswyd aangemeld is sedert die uitbraak in Augustus begin het.

Die mees onlangse skatting van die VN het die syfers teen Vrydag op 9 900 gevalle geplaas.

Parirenyatwa het gesê die gesondheidsdienste probeer om die verspreiding van die epidemie te keer, maar die begin van die reënseisoen en swak sanitasie sal waarskynlik die situasie vererger.

"Waarvoor ek bang is met die reënseisoen wat nou hier is, is dat al die ontlasting wat in die bosse rondlê in die vlak putte sal inspoel en water besmet," het Parirenyatwa  aan die Sunday Mail, 'n regeringskoerant, gesê.

"Bestuur van water en sanitasie is belangrik om die choleraprobleem te beheer," het hy gesê. Hy het die belangrikheid benadruk van skoon water, 'n behoorlike rioolnetwerk en vullisverwydering.

Terwyl cholera lankal reeds in landelike Zimbabwe 'n probleem is, is die huidige epidemie meer in die stedelike gebiede gekonsentreer.

Die beweging van mense tussen stede maak dit ook moeiliker om die siekte se verspreiding te beheer sedert dit die eerste keer uitgebreek het in die digbevolkte Budiriro-woongebied in die hoofstad, het die minister gesê.

Cholera is 'n hoogs aansteeklike, maar ook behandelbare siekte wat erge diarree en braking veroorsaak, wat tot die dood aanleiding kan gee.

Die siekte kan maklik voorkom word deur mens se hande te was, kos skoon te hou en deur drinkwater wag van riool te hou.

Zimbabwe se vervalle infrastruktuur het veroorsaak dat skoon drinkwater 'n luukse is, met baie mense wat staatmaak op vlak putte en toilette in hulle erwe.   

светильники для подвесногоtopcargo отзывы сотрудников