Spotprent van Obama laat gemoedere hoog loop

Na twee dae van protes het die New York Post Donderdag om verskoning gevra vir 'n spotprent wat president Barack Obama vergelyk met 'n geweldadige sjimpansee  wat deur polisie geskiet word. Die koerant het ook gesê hulle teenstaanders het die beeld uitgebuit om wraak te neem.

Die verskoning het nie al die teenstaanders van die spotprent gepaai nie, wat gesê het dat hulle Vrydag dalk verder kan betoog.

Die koerant het Donderdagaand 'n hoofartikel geplaas op hulle webwerf, waarin hulle sê die spotprent was bedoel om die spot te dryf met die federale stimuluswetgewing, maar "vir die wat aanstoot geneem het oor die beeld, vra ons om verskoning."

Die stuk is geplaas ure na 200 mense wat geskreeu het "Boikot die Post! Maak dit toe!" na die koerant te kantore geloop het, en gesê het die spotprent onderskryf die rassistiese stereotipes wat swartes as ape uitbeeld.

Eerwaarde Al Sharpton, wat gehelp het om die oproer oor die spotprent te lei, het die koerant se "voorwaardelike verklaring" van spyt gekritiseer.

чистка пескоструйным аппаратомДанильченко

Tale sterf al hoe vinniger

Die wêreld het Manx verloor op die eiland Man, Ubykh in Turkye en verlede jaar is Alaska se laaste persoon wat Eyak gepraat het, ook oorlede. Marie Smith Jones het die inheemse taal saam met haar na die graf geneem.

Van die 6 900 tale wat in die wêreld gepraat word, is sowat 2 500 bedreig, het die VN se kulturele agentskap UNESCO Donderdag gesê met die vrystelling van die jongste atlas van wêreldtale.

Dit verteenwoordig 'n veelvoudige toename sedert die atlas se verskyning in 2001 met 900 tale aangedui wat bedreig word met uitwissing.

Daar is 199 tale in die wêreld wat gepraat word deur minder as 'n dosyn mense, insluitend Kahraim, wat deur 6 mense in Oekraine gepraat word en Wichita, wat deur 10 mense gepraat word in die staat Oklahoma.

Die laaste vier mense wat Lengilu praat bevind hulle in Indonesië.

Vooruitsigte is effens beter vir 178 ander tale, wat gepraat word deur tussen 10 en 150 mense.

Meer as 200 tale het uitgesterf oor die laaste drie geslagte soos Ubykh, wat in 1992 verdwyn het toe Tefvic Esenc oorlede is, Aasax in Tanzanië wat verdwyn het in 1976 en Manx in 1974.

Indië is bo aan die lys van lande met die grootste hoeveelheid bedreigde tale, 196 in totaal, gevolg deur Amerika, wat die kans staan om 192 te verloor en Indonesië waar 147 tale bedreig is.

Australiese taalkundige, Christopher Moseley, wat die atlas se span van 25 kundiges gelei het, het opgemerk dat die lande met 'n ryk talediversiteit soos Indië en Amerika ook die grootste bedreiging ervaar van tale wat kan uitsterf.

Selfs Afrika, suid van die Sahara, se smeltpot waar sowat 2000 tale bestaan, sal na verwagting 10% van die tale verloor oor die volgende eeu, volgens UNESCO.

Op UNESCO se graderingskaal word 538 tale as kritiek beskou, 502 is ernstig bedreig, 632 is definitief bedreig en 607 is nie meer veilig nie.

Op 'n vroliker noot, het Papua-Nieu-Guinee, die land met 800 tale, die mees diverse land in die wêreld wat dit betref, net 88 dialekte wat bedreig is.

Sekere tale toon selfs tekens dat dit weer begin herleef, soos Cornish, 'n Keltiese taal wat in Cornwall in die suide van Engeland gepraat word en Sishee in Nieu-Kaledonië.

Regerings in Peru, Nieu-Seeland, Amerika en Meksiko was suksesvol in hulle pogings om inheemse tale te red voor dit uitgesterf het.

UNESCO se adjunkdirekteur, Francoise Riviere, het regerings se poging om talediversiteit te ondersteun geloof, maar bygevoeg dat "mense trots moet wees om hulle taal te praat" om te verseker dat dit sal gedy.
www slots gamesФільчаков прокурор

Switserse bankgeheime iets van die verlede

In die stille wêreld van Switserse banke het die ondenkbare gebeur: geheime word nou uitgelap.

UBS, die grootste bank in Switserland, het Woensdag ingestem om die name van ryk Amerikaners bekend te maak wat deur owerhede verdink word dat hulle die buitelandse bankrekeninge gebruik om belasting te ontduik.

Die bank het erken dat hulle skuldig is daaraan dat hulle die Internasionale Inkomstediens wou bedrieg en het $780 miljoen betaal in die skikking van 'n wye Amerikaanse regeringsondersoek na hulle aktiwiteite.

Dit is nie duidelik hoeveel van hulle kliënte se name UBS sal bekendmaak nie. Amerikaanse aanklaers het sowat 19 000 rekeninge by die bank ondersoek, maar UBS sal dalk uiteindelik net die identiteit van 'n paar honderd kliënte bekendmaak.

Vir sommige beteken die bekendmaking van enige name die einde van die geheime Switserse bankrekening, waarvan die tradisies so ver as die Middeleeue teruggaan.

"Die Switsers het gesê dit is die einde van Switserse bankwese soos hulle dit ken," het Jack Blum, 'n buitelandse belastingspesialis gesê. "Niemand sal die sekuriteit van 'n Switserse bankrekening meer vertrou nie."

Aanklaers vermoed dat vanaf laat 2002 tot 2007, UBS Amerikaanse kliente gehelp het om op onwettige wyse $20 miljard te verskans, wat hulle in staat gestel het om $300 miljoen per jaar aan belasting te ontduik.

UBS het sommige Amerikaanse kliënte aangemoedig om rekords te vernietig en horlosies, juwele en kunswerke wat hulle gekoop het met geld van buitelandse rekeninge in depositokaste in Switserland te versteek. Die bank het hulle ook aangemoedig om Switserse kredietkaarte te gebruik sodat die IRS nie aankope kon naspeur nie.

осушитель сжатого воздухаФильчаков прокурор

Franse gebiede kom in opstand

Image'n Maandlange algemene staking op die Frans-Karibiese eiland Guadeloupe het geëskaleer in wydverspreide oproer, wat vrees laat toeneem dat politieke geweld kan versprei na ander Franse gebiede.

Protesteerders het deur die nag winkels gestroop en voertuie aan die brand gesteek soos wat die staking oor die stygende lewenskoste eskaleer, en een plaaslike senior beampte het gesê die eiland is "op die punt van revolusie."

Bome en rokende motorwrakke het die strate besaai in Guadeloupe se grootste stad, Pointe-a-Pitre, en in ander gebiede, insluitend Sainte-Rose in die noorde, na 'n nag van botsings tussen polisie en protesteerders, maar sover is geen beserings aangemeld nie.

Die Franse regering, wat verlede week 100 onlustepolisiemanne ontplooi het in Guadeloupe, is bekommerd dat die geweld kan versprei na ander Franse kolonies.

In Frankryk het tussen 1 en 2,5 miljoen mense op 29 Januarie deelgeneem aan die grootste algemene staking in 3 jaar. Franse unies eis dat Sarkozy mense se poste en ook die verbruikers beter beskerm gedurende die globale ekonomiese krisis, en daar word reeds 'n nuwe staking beplan vir Maartmaand.

Lewenskoste is hoog op die Franse eilande, wat baie staatmaak op invoere wat hulle in euro betaal. Pryse vir stapelvoedsels is baie hoër as in Frankryk, terwyl salarisse oor die algemeen laag is en werkloosheid ook baie hoog.

Die staking verhoog ook die rasse- en klassespanninge op die eiland, waar 'n grootliks wit elite, waarvan baie afstammelinge is van koloniale setlaars, net 15% van die bevolking uitmaak maar die meeste besighede beheer.

Vrese neem toe by die regering dat soortgelyke onrus kan versprei na ander Franse gebiede, het die koerante Le Monde en La Tribune gesê.

Die lughawe in Point-a-Pitre is gesluit, volgens American Airways, wat vlugte na die eiland gekanselleer het.

10 pokerданильченко юрий брониславович прокурор

Aanval op presidentswoning in Malabo

ImageGewapende mans in motorbote het Dinsdag die presidensiële paleis in die olieproduserende Ekwatoriaal-Guinee se eilandhoofstad aangeval voordat die aanval afgeweer is deur regeringsmagte, het die regering gesê.

Die regering het gesê dat die aanvallers van die Nigerdelta afkomstig was.

Inwoners van Malabo, die eilandmiddelpunt van die snelgroeiende olie-industrie in Ekwatoriaal-Guinee, Afrika, suid van die Sahara, se 3de grootste ru-olie produsent, het gesê hulle het wakker geword van geweervuur, en dat die regering 'n aanvalshelikopter gebruik het om die aanval af te weer.

Ekwatoriaal-Guinee, 'n voormalige Spaanse kolonie, het dekades van onstabiliteit gehad, en in 2004 is dosyne buitelandse huursoldate, meestal Suid-Afrikaners, gevang wat gepoog het om die president se mag omver te werp.

Regeringsvliegtuie, insluitend ten minste een aanvalshelikopter, was in die lug oor die stad gedurende die aanval, het 'n Westerse inwoner gesê wat anoniem wou bly.

Vorige aanvalle deur gewapende groepe wat in die olieryke Golf van Guinee rondom Nigerië se Nigerdelta, insluitend 'n aanval uit die see op die banke van Bata in Desember 2007, het vlae van teistering ontlok op buitelanders in Ekwatoriaal-Guinee.

Ekwatoriaal-Guinee, met 'n bevolking van skaars 600 000 mense, het groot getalle immigrante van nabye lande getrek in die laaste dekade, omdat die olie-industrie so 'n bloeityd beleef het.

светильники влагостойкие для ваннойФильчаков Александр Васильевич

Obama beoog 17 000 ekstra soldate vir Afghanistan

President Barack Obama het Dinsdag gesê hy sal 'n addisionele 17 000 soldate na Afghanistan stuur hierdie lente en somer.

Die bevel sal amper 50% by die 36 000 Amerikaanse soldate voeg wat reeds daar is.

Obama het in 'n geskrewe verklaring gesê die "verhoging is nodig om stabiliteit te bring aan 'n verswakkende situasie in Afghanistan, wat nie die strategiese aandag, rigting en hulpbronne gekry het wat dit dringend nodig het nie."

Obama se besluit gee aan Amerikaanse bevelvoerder in Afghanistan die meeste, maar nie al die soldate wat hulle voor gevra het nie. Die besluit het ook 'n politieke risiko vir die president, wat meer soldate na Afghanistan stuur voordat hy begin het om sy belofte te vervul om soldate vinnig uit Irak te onttrek.

Baie kenners is bekommerd dat Afghanistan 'n groter, meer formidabele uitdaging stel vir Amerika as wat Irak doen, veral met naburige Pakistan wat 'n veilige hawe verskaf aan insurgente van die Taliban en Al Kaïda.

Die administrasie se herbeskouing van Afghanistan beleid is veronderstel om voltooi te wees voor April, wanneer Obama na Europa gaan vir 'n NAVO beraad, waar verwag word dat hy Amerikaanse bondgenote sal vra vir meer soldate en hulp in Afghanistan.

In 'n onderhoud met die Kanadese uitsaai Korporasie, het Obama Dinsdag gesê hy is "absoluut oortuig dat mens nie die probleme van Afghanistan, die Taliban en die verspreiding van ekstremisme kan oplos slegs deur militêre metodes nie."

платье для девочки 1 годtopcargo

Kernduikbote bots

ImageTwee kernduikbote, een Frans en een Brits, het vroeër die maand in die mid-Atlantiese oseaan gebots, het berigte in die Franse en Britse media gesê. Bronne in die twee ministeries van verdediging word aangehaal.

Beide duikbote is redelik ernstig beskadig, maar het na hulle tuishawens teruggekeer na die botsing op 3 Februarie, word berig.

Die Franse vaartuig, Le Triomfant, het ernstige skade opgedoen aan die sonarkoepel, wat toerusting bevat wat belangrik is vir navigasie en die volg van ander vaartuie. Die Britse duikboot, HMS Vanguard, is teruggesleep na die tuishawe Faslane in Skotland, met "baie sigbare duike en skrape," het die BBC berig.

Die twee duikbote is in sentrale elemente hul onderskeie lande se kernarsenaal, met elkeen wat 'n battery interkontinentale ballistiese missiele gedra het toegerus met veelvoudige plofkoppe.

Die feit dat die Le Triomfant drie dae geneem het om terug te sukkel na haar tuishawe na die botsing, 'n stukkie inligting wat bekend gemaak is deur Franse amptenare, het beteken dat die twee vaartuie baie ver in die see uit was.

Franse amptenare wat aangehaal is in die Daily Telegraph het die insident afgemaak. as gering Die Britse verdedigingsministerie het geweier om kommentaar te lewer oor die botsing, behalwe dat hulle verklaring bevestig het dat daar 'n botsing was ter see.

Verdedigingskenners het gesê een moontlike verduideliking vir die botsing was dat die twee duikbote betrokke was in 'n oefening waarin hulle mekaar moet opspoor en op nabye afstand moet volg. Dié tipe oefening is deel van oorlogsoefeninge in die Atlantiese oseaan al vir dekades lank tussen Westerse en Russiese duikbote, veral in die noordelike Atlantiese oseaan tussen Skotland en Ysland. 

jewelry bridalФільчаков прокурор

VSA wil kwik vasvat

ImageDie Obama-administrasie het jare se Amerikaanse beleid omgekeer deur te vra vir 'n ooreenkoms om kwikbesoedeling, wat volgens hulle die wêreld se grootste chemiese probleem is, te verminder.

Sowat 6,000 ton kwik word in die omgewing vrygestel elke jaar, waarvan omtrent 'n derde deur kragstasies en steenkoolvure veroorsaak word. Baie kwik land in die oseane, waar dit in die voedselketting beland en gekonsentreerd is in roofvis soos tuna.

Kinders en fetusse is veral kwesbaar vir die giftige metaal, wat geboortedefekte kan veroorsaak, asook breinskade en vel wat afskilfer.

Die verklaring verteenwoordig 'n "180-grade ommeswaai" van beleid van die Bush administrasie, het Michael Bender, koordineerder van die Zero Murcury Working Group, 'n globale koalisie van 75 omgewingsorganisasies wat werk om kwikblootstelling te verminder, gesê.

Kwik is ook wydverspreid in chemiese vervaardiging en kleinskaalmynbedrywighede. Die gif kan duisende myle deur die lug en water beweeg.

Kaliforniese owerhede is gewikkel in 'n 5-jaar stryd om tunamaatskappye te dwing om waarskuwingsetikette op hulle produkte te sit wat waarsku teen potensieel gevaarlike kwikvlakke.

Daar is selfs minder bewustheid in ontwikkelende lande, waar kleinskaalmyners kwik gebruik om goud te ontgin en vissermanne besmette vis eet of dit verkoop aan modieuse soesjie-restaurante.

Terwyl daar plaasvervangers is vir byna alle industriële prosesse wat kwik vereis, is meer as 50% van kwik afkomstig van steenkoolaangedrewekragstasies, wat die pogings om dit te reguleer moeiliker maak in lande wat staatmaak op steenkool vir krag.

купить детскую косметикуалександр лобановский класс

Wilders dink die Britte is gek en lafhartig

Image

Geert Wilders

Die omstrede Nederlandse filmmaker, Geert Wilders, het Brittanje se weiering om hom toe te laat tot die land as "gek en lafhartig" bestempel.

Wilders, 'n Nederlandse politikus, wat die veel gekritiseerde film oor Islam, "Fitna", verlede jaar gemaak het, het na Londen gevlieg om die film te vertoon, ten spyte daarvan dat hy 'n dag tevore gesê is dat hy nie toegang tot Brittanje sal kry nie.

"Ek het steeds geglo en gehoop dat hulle van plan sal verander," het hy aan CNN per telefoon uit die aanhoudingsentrum by Heathrow-lughawe gesê.

Hy het gesê hy is deur doeanebeamptes ontmoet die oomblik toe hy uit die vliegtuig geklim het.

"Hulle het my na die aanhoudingsentrum geneem," het Wilders gesê, en daar is ek vir "45 sekondes" ondervra voor hulle my paspoort afgeneem het en uitgegaan het.

Wilders is deur die Britse Hoërhuis genooi om sy film "Fitna" Donderdagaand te kom vertoon.

Die Britse ambassadeur in Nederland het Woensdag aan hom gesê dat hy nie toegelaat sal word om die land binne te gaan nie, omdat die menings in die film openbare veiligheid sal bedreig.

Brittanje se departement van binnelandse sake het gesê die verbod op Wilders is toelaatbaar onder Europese-Uniewette, wat state toelaat om toegang te verbied op grond van openbare beleid, openbare veiligheid of openbare gesondheid.

"Die regering is gekant teen ekstremisme in alle vorme," het 'n woordvoerder van die departement van binnelandse sake gesê. Die beampte kon nie geïdentifiseer word nie vanweë beleid in dié geval. "Dit sal die mense wat boodskappe van ekstremisme, haat en geweld wil kom versprei in ons gemeenskappe verhoed om ons land binne te kom."

детски игтопкарго

VK se Brown meen Zimbabwe, Iran moet verbeter

ImageBrittanje sal nie beter verhoudinge met Zimbabwe of Iran kan bou totdat beide lande nie wys dat hulle internasionale kommer oor hulle interne sake gaan aanspreek nie, het eerste minister Gordon Brown Donderdag aan wetgewers gesê.

Brown het aan die Brtse Laerhuis gesê dat hy ernstige bedenkinge het oor Robert Mugabe se rol in Zimbabwe, ten spyte van Morgan Tsvangirai se aanstelling as eerste minister.

In sy toespraak aan 'n komitee van 30 senior regeringslui, het Brown ook gesê dat die Iranse president Mahmoud Agmadinejad behoort te reageer op president Barack Obama se aanbod van nuwe dialoog deur sy soeke na kernwapens te laat vaar.

Mugabe het Tsvangirai Woensdag as eerste minister ingesweer, na hy na amper drie dekades sy houvas op mag in Zimbabwe verloor het.

Brown het gesê hy het Dinsdag met Tsvangirai gepraat omtrent die land se cholera-epidemie, maar het hom gewaarsku dat Brittanje steeds een van Zimbabwe se ergste kritici sal bly tot toestande daar heelwat verbeter.

справку 086уалександр лобановский супермаркет класс